Zimbabwiërs in buiteland sal nie kan stem

Zimbabwe sê hy sal nie gehoor gee aan ‘n opdrag van die Afrikakommissie oor Menseregte wat hom gevra het om burgers in die buiteland toe te laat om in die komende referendum en verkiesing te stem nie.

Die AU-liggaam het verlede maand beslis dat die uitsluiting van die stemmery van gewone burgers in die buiteland, ‘n skending van hulle reg is om vryelik aan die regering deel te neem.

‘n Woordvoerder van die Departement van Buitelandse Sake, Joey Bihma, sê egter die grondwet is duidelik dat slegs diplomate en diegene in regeringsdiens in die buiteland mag stem.

Die eerste minister, Morgan Tsvangirai, het intussen gesê die eenheidsregering kon nie ooreenkom oor of buitelandse waarnemers van Westerse lande toegang sal kry om Saterdag se referendum te monitor nie.

Maak 'n opvolg-bydrae