Porno 24/7 vra TopTV

On Digital Media (ODM), eienaar van TopTV, se aansoek om pornografie-kanale voltyds te beeldsend sal Donderdag aangehoor word.

ODM sal tydens ‘n openbare verhoor voor die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) verskyn.

TopTV beplan glo om 24 uur per dag pornografie uit te saai en nie net buite spitskyktye nie, het Channel24 berig.

In ‘n skriftelike aansoek aan Okosa vra TopTV om pornografiel voltyds uit te saai, en nie net tussen 20:00 en 05:00 nie.

TopTV, wat tans aansoek doen om drie pornografiese kanale in Suid-Afrika te vertoon, wil 24 uur ‘n dag pornografie uitsaai, asook op Saterdae en Sondae.

TopTV sê ‘n ouderdomsperk van 18 jaar sal geld en dat slegs volwassenes sal toegang verkry deur ‘n kombinasie van pinkodes.

Maak 'n opvolg-bydrae