Korrupte dokters, aptekers, fisioterapeute, radioloë en patoloë tap R22 miljard ‘n jaar van mediese fondse sodat lede duisende rande meer in premies moet betaal.
Die kommerwekkende toename in bedrog het ‘n nagmerrie geword het vir die byna 100 mediese skemas en het daartoe gelei dat die Board of Healthcare Funders ‘n twee-dag-konferensie in Johannesburg byeen geroep het om die probleem te hanteer.
Op die eerste dag van die konferensie het ondersoekers sommige van die taktieke van mediese beroepslui uitgewys.
In een geval, het die Polmed skema ‘n fisioterapeut uitgevang wat in een dag vir 93 pasiënte geëis het. Sy het ‘n ander skema vir meer as 100 besoeke op dieselfde dag gefaktureer.
‘n Dokter het ‘n skema vir 107 besoeke in ‘n dag gefaktureer wat elk twee uur geduur het, wat sou beteken hy het 214 ure in ‘n dag ingepas.
In sommige gevalle het dokters vermoedelik pasiënte in Durban, Bloemfontein en Pretoria op dieselfde dag behandel.
Die internasionale hoof van die inligtingsanalise maatskappy SAS, Chris McAuley, het gesê die maatskappy het byna twee-en-‘n-half jaar van ‘n mediese fonds data ontleed.
Dit word beraam dat elke lid van ‘n mediese skema in Suid-Afrika betaal tussen R2500 en R2800 per jaar om bedrieglike en onreëlmatige uitgawes te dek.
Die syfer van R22 miljard se bedrog was “nie ‘n duimsuig” nie, maar gebaseer op die ontleding van mediese fonds data, het hy gesê.
Polmed mediese skema se ondersoeker Jaco Makkink het gesê sommige dokters faktureer drie keer vir ‘n prosedure, en kruip agter die ingewikkelde faktuurkodes weg, of sweer saam met pasiënte om afsprake te fabriseer wat nie plaasvind nie.
Daar is selfs gevalle van mans wat ‘n histerektomie ondergaan of vroue ‘n besnydenis en waar skemas uitbetaal.
Hy het gekla dat anti-mededingende wetgewing verhoed dat mediese skemas inligting kan deel wat samespanning sal hokslaan. Dit het dit makliker gemaak om te eis vir ‘n oormatige aantal besoeke aan verskeie mediese skemas tegelyk.
