Adv. Jaap Cilliers, wat onder andere dr. Wouter Basson, Jackie Selebi en die Waterkloof-vier verdedig het, is met ‘n onbekende middel buite die Pretoriase hooggeregshof ingespuit, is Donderdag berig.
Cilliers het Woensdagmiddag ná ‘n siviele saak uit die hof gestap, het Beeld berig.
Iemand het hom van agter bestorm en hy het skielik iets soos ‘n inspuiting in sy boud gevoel.
Cilliers is na ‘n dokter geneem wat bevestig het dat hy met ‘n onbekende middel ingespuit is.
Hy is toe vir bloedtoetse na ‘n hospitaal in Pretoria geneem waar hy van lighoofdigheid en naarheid gekla het.
Die motief vir die aanval is nie bekend nie.
