Loods het voorheen in ‘n huis ingeploeg

Die loods wat met sy vliegtuig in ‘n skoolheining ingeploeg het in Merebank, KwaZoeloe-Natal, het voorheen ‘n ander vliegtuig in die dak van ‘n woonhuis vasgevlieg. Volgens die Suid-Afrikaanse Burgerlike lugvaartowerhede se verslag het kaptein Alistair Freeman en sy vyf passasiers op 21 Augustus 2005 vanaf Manzengwenya-lughawe opgestyg met ‘n huurvlug na Virginia-lughawe. Ten spyte

Lees verder: Loods het voorheen in ‘n huis ingeploeg

Rooi is die kleur van die toekoms

Nuus wat so stuk-stuk na vore kom vanuit die vakverbond, Cosatu, se kongres dui onteenseglik daarop dat die spanning in Alliansiegeledere nie met die regeringsverandering verdwyn het nie. Die arbeidsbeen van die regering het sy gunstelinge in die ANC en nog ‘n hele paar swartskape wat nie saam met Thabo Mbeki verdwyn het nie. Die

Lees verder: Rooi is die kleur van die toekoms

Alonso loop na Ferrari oor

Die voormalige wêreldkampioen Fernando Alonso, wat die afgelope twee seisoene vir Renault gejaag het, het so pas ‘n kontrak met Ferrari geteken. Dit sal amptelik aanstaande Donderdag bekendgemaak word. Die 28-jarige Spanjaard sal van 2010 af vir die rooi span jaag. Alonso sal Felipe Massa se spanmaat wees; dit beteken egter dat die ysman Kimi

Lees verder: Alonso loop na Ferrari oor

Fratsvloede tref Pretoria

Talle paaie in Pretoria is gesluit nadat reënbuie fratsvloede in die stad veroorsaak het. Volgens Console Tleane, woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, is Centurion, Pretoria-Wes en Pretoria-Noord die ergste getref. Hippo- en Endstraat in Centurion is gesluit terwyl Von Hagen- en Trans Oranje-straat in Pretoria-Wes gesluit is. Die DF Malan en De Waal kruising in Capitol Park

Lees verder: Fratsvloede tref Pretoria

Die Olimpiese gees…

Vier swart tieners van Chigaco is Maandag van moord aangekla nadat hulle ‘n 16-jarige medeskolier van die Fenger High School doodgeslaan het. Die polisie soek nog na drie ander verdagtes. Albert Derrion was ‘n toeskouer by ‘n geveg tussen twee groepe skoliere, toe die trop skielik op hom toegesak het en hom begin slaan en

Lees verder: Die Olimpiese gees…

Toestroming na stede skep krisis – Sexwale

Die toenemende toestroming na stedelike gebiede deur landelike swartes plaas geweldige druk op die stedelike infrastruktuur, het die minister van menslike nedersettings, Tokyo Sexwale, gister gesê. Hy het by die lekgotla oor plaaslike regering in Durban oor die rol van plaaslike regering in menslike nedersettings gepraat. Sexwale het verduidelik dat die huidige “depressie” op die

Lees verder: Toestroming na stede skep krisis – Sexwale

BBC vra Brown of hy afhanklik van pille is

Andrew Marr, die BBC se politieke swaargewig het die Britse premier, Gordon Brown, geskok met ‘n vraag of hy afhanklik is van pille “om hom aan die gang te hou”, tydens ‘n lewendige televisieuitsending met hom by die Arbeidersparty se konferensie in Brighton. Brown se raadgewers was ewe geskok en sê hulle het nie gedink

Lees verder: BBC vra Brown of hy afhanklik van pille is

‘Vreedsames’ steek nog geboue aan die brand

Minstens 70 mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld ná betogers ‘n biblioteek en gemeenskapsaal aan die brand gesteek het. Kaptein Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, het Maandagmiddag gesê al die paaie onderweg na Standerton is steeds versper. Hy het gesê dit gaan die Lekwa-munisipaliteit ‘n reuse bedrag geld kos om die skade aan die

Lees verder: ‘Vreedsames’ steek nog geboue aan die brand