‘Vreedsames’ steek nog geboue aan die brand

Minstens 70 mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld ná betogers ‘n biblioteek en gemeenskapsaal aan die brand gesteek het.

Kaptein Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, het Maandagmiddag gesê al die paaie onderweg na Standerton is steeds versper.

Hy het gesê dit gaan die Lekwa-munisipaliteit ‘n reuse bedrag geld kos om die skade aan die geboue in Sakhile te herstel.

Ontstoke inwoners het vroeër die R23, die hoofweg vanaf dié gebied na Johannesburg, met klippe, brandende bande en vullis versper.

Die polisie het vroeër rubberkoeëls op die oproerige inwoners gevuur om hulle in bedwang te bring.

Dié inwoners het glo Sondag ‘n petrolbom in ‘n munisipale beampte se huis ingegooi en die polisie het die toestand toe as “vreedsaam” beskryf.

 

купить воронеж ароматизаторыалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae