“Die ANC Mangaung kongres van Desember 2012 is besig om sy tol in Pretoria te eis”. So sê die streeksleier en leier in die raad van die VF Plus, raadslid Philip Van Staden. Dit volg nadat die burgemeester se stadsrede, wat gister sou plaasvind, skielik verlede week in die raadsvergadering uitgestel is na 04 April
Grootste eis ooit teen Transnet
Hiermee gee die VF Plus kennis dat die grootste regseis in die geskiedenis van Suid-Afrika tot die bedrag van R90 miljard binnekort ingestel gaan word teen Transnet, die departement van openbare ondernemings en die tesourie in die vorm van ‘n klasaksie namens die duisende verarmde pensioenarisse van die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds en die Transport Pensioenfonds.
Munisipaliteite skuld miljarde
Munisipaliteite word minstens R81 miljard geskuld vir dienste, het die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) Dinsdag gesê. “Dit verander elke jaar en die rente-faktor beïnvloed dit,” het Xolile George, uitvoerende hoof van Salga, aan joernaliste in Midrand gesê. “Dit groei eksponensieel en maatreëls word in plek gestel.” George het gesê daar is dispute oor geld en
ANC distansieer hulle van Henke Pistorius se uitlatings
Die moordbeskuldigde atleet Oscar Pistorius, se pa, Henke, was rassisties toe hy gesê het die regering is nie bereid om wit mense te beskerm nie, het die ANC Dinsdag gesê. “Die stelling is nie net ontbloot van die waarheid nie, dit is ook rassisties,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê. “Dit is hartseer
Lees verder: ANC distansieer hulle van Henke Pistorius se uitlatings
Oscar se pa looi ANC oor misdaad, plaasaanvalle
Oscar Pistorius se pa, Henke, het die ANC uitgesonder as verantwoordelik vir die hoë voorkoms van misdaad teen wittes in Suid-Afrika, berig die Telegraph. Henke het gesê die ANC-regering se onvermoë om gewelddadige misdaad te bekamp daartoe lei dat baie Suid-Afrikaners vuurwapens besit. Die Pistorius-familie wat ooms en neefs insluit, besit glo altesaam 55 vuurwapens.
Lees verder: Oscar se pa looi ANC oor misdaad, plaasaanvalle
Chavez verloor stryd teen kanker
Latyns-Amerikaanse leiers betreur die dood van die president van Venezuela, *Hugo Chavez. Chavez is gister dood na ‘n lang stryd teen kanker. Hy was 58. Die voormalige valskermsoldaat het Venezuela 14 jaar lank regeer. Hy is in Oktober herverkies vir ‘n volgende termyn van sewe jaar, maar is weens sy siekte nooit ingehuldig nie. Chavez
Om anders oor die lewe na te dink
Kom ons veronderstel dat daar ʼn land met die naam Dystopia is wat bestaan uit ʼn heersersklas en miljoene onderdane waaroor die heersers met ʼn ysterhand regeer. Die heersersklas het ʼn sekere ideologie wat hulle gebruik om hul heerskappy oor hul onderdane mee te regverdig. Een van die kenmerke van die ideologie is dat dit
AARTO-boetes per e-pos onmoontlik
Die Vryheidsfront Plus verwerp die voorstel deur die department van vervoer om voortaan AARTO-boetes ook per e-pos af te lewer soos blyk uit die Wysigingswet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersoortredings (AARTO). Alhoewel daar hofuitsprake bestaan wat die aflewering per e-pos van regsdokumentasie sanksioneer, skree die legio van tegniese probleme om uitvoering aan AARTO te
‘Reuse lugramp’ eis vyf in DRK
Slegs vyf liggame naby die wrak van ‘n vliegtuig gekry is wat in ‘n woongebied in Goma in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort het. Daar was nege mense aan boord en nie tussen 30 en 50 soos wat die owerhede vermoed het nie. Drie oorlewendes is uit die wrak gehaal
MRK ondersoek bewerings oor De Beers
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê hy sal ondersoek instel na bewerings deur die gemeenskap van Kommagas in die Noord-Kaap wat betref die De Beersmyn se versuim om die gebied te rehabiliteer. Dit het tydens openbare sittings aan die lig gekom waar besprekings gehou is oor onwettige mynbedrywighede wat tot die dood van 19 onwettige myners by
