Chavez verloor stryd teen kanker

Latyns-Amerikaanse leiers betreur die dood van die president van Venezuela, *Hugo Chavez. Chavez is gister dood na ‘n lang stryd teen kanker. Hy was 58.

Die voormalige valskermsoldaat het Venezuela 14 jaar lank regeer. Hy is in Oktober herverkies vir ‘n volgende termyn van sewe jaar, maar is weens sy siekte nooit ingehuldig nie.

Chavez se liggaam sal in staatsie lê tot met sy begrafnis wat vermoedelik Vrydag sal plaasvind.

Die visepresident Nicolas Maduro sal waarneem as president en ‘n verkiesing moet ingevolge Venezuela se grondwet, binne 30 dae uitgeroep word.

Maak 'n opvolg-bydrae