Slegs vyf liggame naby die wrak van ‘n vliegtuig gekry is wat in ‘n woongebied in Goma in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort het.
Daar was nege mense aan boord en nie tussen 30 en 50 soos wat die owerhede vermoed het nie. Drie oorlewendes is uit die wrak gehaal voordat die polisie gisternag die soektog opgeskort het.
Die vliegtuig, ‘n Fokker 50, was van die myngebied Lodja af in die oostelike Kasai-provinsie op pad. Dit het in die middel van Goma neergestort, maar het niemand op die grond getref nie.
Vliegtuigongelukke kom algemeen in die DRK voor waar talle vliegtuie en lughawens nie moderne toerusting het nie en owerhede geen passasierslyste aanhou nie.
