Leopold Scholtz was onlangs in Israel en het reeds twee artikels oor sy besoek geskryf. In gister se Beeld argumenteer hy dat daar ooreenkomste tussen die situasie van Afrikaners en dié van Jode in Israel is. Albei volke poog volgens hom “om oorlewing met geregtigheid te versoen”.
Verder staan Scholtz krities teenoor die vorige tuislandstelsel en meen hy: “Die ironie is dat gebiedskeiding, wat in Suid-Afrika misluk het, in die Midde-Ooste kan werk. Anders as die wittes in Suid-Afrika, het die Jode ’n meerderheidsbesetting in die staat Israel.”
Ook oud-president F.W. de Klerk het ongeveer ses jaar gelede sy oorgawe aan die ANC teenoor my probeer regverdig deur te beweer: “Daar is nêrens ’n gebied in Suid-Afrika waar swartes nie in die meerderheid is nie.”
