Die Outomobiel Assosiasie, die AA, het motoriste gewaarsku om nie laatnag in die buurland rond te ry nie. Dít volg nadat ‘n hele rits rooftogte op die Harare-pad in Zimbabwe aangemeld is. Gary Ronald van die AA het gesê rowers teiken mense in die noorde van die Beitbruggrenspos in Zimbabwe. “Die voorvalle is by die
Guinee kry ligte skrobering van VSA
Die VSA het sy “diep teleurstelling” met Guinee se militêre leier, Dadis Camara, en sy minister van buitelandse sake uitgespreek ná massamoorde deur die Afrikaland se weermag. Amptenare van die Verenigde Nasies, VN, en menseregtegroepe sê meer as 150 mense is op 28 September tydens ’n protesoptog in Conakry, die Guinese hoofstad, deur die weermag
Tshwane en Pretoria sal op borde verskyn
Die naamborde wat die Tshwane-metroraad wil oprig by sy hoofingang sal nie die bestaande aanwysingsborde vervang nie, het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag gehoor. Volgens adv. Vincent Malekala, wat die Tshwane-metroraad verteenwoordig, is die stad deur Fifa verplig om borde op te sit wat die Wêreldbeker in 2010 bemark. Luidens die ooreenkoms sal beide Tshwane
Suid-Afrikaner sterf in Suidpool
Die 25-jarige weerkundige Johann Jamneck is dood in ‘n klimongeluk by die Suid-Afrikaanse Suidpoolstasie, het die departement van omgewingsake Dinsdag gesê. “Spanlede het hul reddingstegnieke binne ‘n skeur geoefen toe die ongeluk (Sondag) plaasgevind het,” het die departement in ‘n verklaring gesê. Die oefeninge het ingesluit dat hulle by toue op- en afklim en katrolstelsels
80 ambulanse kry voete
Die bestuurder en hoof van administrasie van Limpopo se nooddienste word ondersoek vir finansiële wanbestuur, het die provinsie se departement van gesondheid en sosiale ontwikkeling Dinsdag gesê. Volgens woordvoerder Selby Makgotho is Bim Kerupashad, die bestuurder, en Herbert Phaahla, administratiewe hoof, drie maande gelede geskors “op grond van aantygings van wanbestuur van finansies.” “Die departement
Eskom wil meer gratis elektrisiteit uitdeel
Eskom wil volgende jaar die basiese gratis-elektrisiteitstoelaag aan arm huishoudings van 50 kW tot tussen 70 en 100 kW verhoog, het mnr. Jacob Maroga, uitvoerende beampte van Eskom, vandag gesê. “Die huidige gesprekke gaan oor ’n verhoging van tot 70 of 100 kW,” het Maroga gesê. Hy het gesê dat Eskom dié voorstel in sy
Cholera tref Tanzanië
’n Cholera-epidemie het 12 lewens die afgelope week in Tanzanië geëis. Dit is volgens ‘n woordvoerder van dié land se gesondheidsdepartement, Nsachris Mwamaja. Die afgelope sewe dae is 600 cholera-gevalle in die Afrikaland aangemeld. Meeste van die gevalle is in Tanga, wat in die noordoostelike deel van die land lê, met 511 siekes. Mwamaja het
Geld kon nie IOK ‘koop’ nie
Die Internationale Olimpiese Komittee, IOK, se president Jacques Rogge het Maandag gesê die bewys dat geld nie alles kan koop nie, is dat die keuse op Rio vir die 2016 Olimpiese Spele geval het. As geld ‘n kwessie was, het hy gesê, sou Chicago loshande gewen het. “As ons gedink het daaraan om ‘n klomp
Wêreldbank se geld raak op
Die Wêreldbank, wat gewoonlik steun aan arm lande verleen, moes soveel kontant uitdeel ná die globale finansiële krisis dat dit ‘n tekort vir nuwe projekte oor die volgende 12 maande ondervind. “Teen die middel van aanstaande jaar gaan ons ernstige beperkinge ervaar,” het die voorsitter van die Wêreldbank, Robert Zoellick, gesê tydens die loodsing van
Chuene-ondersteuner skree ook ‘rassisme’
Hendrick Mokganyetsi, die hoof van Atletiek Suid-Afrika, ASA, se atletekommissie, het Maandag sy steun vir ASA se beleerde president, Leonard Chuene, uitgespreek. “Chuene is en bly die president van ASA, waarvan ek ’n raadslid is. Natuurlik ondersteun ek hom.” Mokganyetsi het verder in ’n verklaring gesê dat hy gekant is teen ’n wegbreekkommissie binne die
