Chuene-ondersteuner skree ook ‘rassisme’

Hendrick Mokganyetsi, die hoof van Atletiek Suid-Afrika, ASA, se atletekommissie, het Maandag sy steun vir ASA se beleerde president, Leonard Chuene, uitgespreek.

“Chuene is en bly die president van ASA, waarvan ek ’n raadslid is. Natuurlik ondersteun ek hom.”

Mokganyetsi het verder in ’n verklaring gesê dat hy gekant is teen ’n wegbreekkommissie binne die nasionale atletiekliggaam.

Mokganyetsi vaar in sy verklaring uit teen aantygings dat hy verlede naweek ’n atletevergadering in Pretoria ontwrig het.

Hy sê die aantygings is gemaak omdat hy Chuene ondersteun.

Die atleet is deur ’n voormalige mede-atleet daarvan beskuldig dat hy en ’n groep pandoere Saterdag ’n vergadering in Pretoria ontwrig het.

Volgens Geraldine Pillay was sommige van die groep onder die invloed van alkohol toe hulle ’n vergadering, wat sy gereël as ’n spreekgeleentheid vir atlete om hul bekommernisse oor die sport en die nasionale atletiekliggaam te bespreek, in chaos laat ontaard het.

Mokganyetsi sê in sy verklaring dat die aantygings rassisties is en dat hy nie die vergadering ontwrig het nie.

Volgens die SA-atleet het die byeenkoms in chaos ontaard omdat die organiseerders nie ’n behoorlike agenda kon voorsien nie.

“Ek het geen dronkaards gesien nie, behalwe as ons ‘dronkaards vol alkoholwalms’ was bloot omdat ons swart atlete is,” het hy in sy verklaring gesê.

 

как лечить пародонтоз фотолобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae