Die soektog na aardbewing-slagoffers in die verwoeste Indonesiese stad Padang is ná ‘n soektog van vyf dae afgelas.
Priyadi Kardono, woordvoerder van Indonesië se rampbestuuragentskap, het Maandag bevestig dat die soektog na oorlewendes afgelas is.
‘n Aardbewing wat 7.6 op die Richterskaal registreer, het vyf dae gelede die Soematra-eiland geruk.
“‘n Poging om oorlewendes te soek, is Sondag afgelas, maar buite Padang gaan die soektog voort,” het Kardono gesê.
Die Verenigde Nasies het gesê minstens 1100 mense is dood in dié ramp, maar skat dat die finale dodetal tot 5000 kan styg.
