Noorweë is die lekkerste plek op aarde

Suid-Afrika was maar 129ste op die lys van 182 lande wat lekker is om in te woon en Noorweë is die heel lekkerste.

Noorweë is aangwys as die beste land in die wêreld om te woon deur ’n verslag van die Verenigde Nasies wat maandag Maandag vrygestel is uit data van 2007.

Australië is in die tweede plek, en Ysland derde, gemeet in terme van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding en BBP, oftewel bruto binnelande produk.

Die VN bring jaarliks verslae uit wat hulle menslike ontwikkelingsindeks ondersteun.

Die top tien lande op die lys is Kanada, Ierland, Nederland, Swede, Frankryk, Switserland en Japan.

Lande wat verbeter het is Venezuela, Colombia, Peru en China.

Luxembourg, Malta, Ecuador, Libanon, Belize, Tonga en Jamaika het ‘n bietjie swakker gedoen en drie of meer plekke prysgegee op die indeks .

Niger is heel laaste, met Afganistan en Sierra Leone as naasverloorders.

 

купить игрушкулобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae