
Dis nou ‘n geval van suur appels, nie druiwe nie.
Die Australiese kettingwinkel Woolworths het Dinsdag gesê dat hulle deur die Amerikaanse tegnologiereus, Apple, gekasty word oor die gebruik van ‘n logo wat glo te veel soos die rekenaarmaatskappy s’n lyk.
“Hulle het beswaar aangeteken, maar hulle het nie ‘n saak teen ons gemaak nie,” het Clare Buchanan, woordvoerder vir Woolworths gesê.
Woolworths se swierige groen handelsmerk, wat in Augustus 2008 bekendgestel is, is bedoel om ‘n ‘W’ te wees, het sy gesê.
“Ons sê absoluut dat dit ‘n gestileerde ‘W’ is wat enige tipe vars produk kan voorstel. Sommige mense se dit lyk soos slaai, ander sê dit kan ‘n pampoen wees,” het sy gesê.
Apple, wat ‘n appel is waaruit ‘n hap geneem is vir ‘n logo het, het hul klag by die regering se intellektuele eiendom agentskap, IP Australia, ingedien.
Volgens berigte is Apple bekommerd dat Woolworths aansoek gedoen het vir ‘n oorkoepelende handelsmerk vir die ontwerp.
Dit sal beteken dat Woolworths dit op enige tipe produk sal kan plaas, insluitende elektroniese toerusting, soos rekenaars en musiekspelers.
Apple in Australië het geen kommentaar gelewer nie.
