Een van Suid-Afrika se bekendste violiste, Annake de Villiers, is Dinsdag dood in haar pa se plaashuis naby Steynsrus aangetref met ‘n vuurwapen langs haar lyk. Rulene Kühn, ‘n polisiewoordvoerder, sê De Villiers (35) is met een skietwond in haar kop in die huis se sitkamer aangetref. Kühn sê alhoewel daar geen nota op die
Kaapse strand word misdaadhool
Waarskuwingsborde gaan by Noordhoek-strand naby Kaapstad opgerig word om besoekers te waarsku oor roof en ander misdaad in die gebied, is Dinsdag berig. Die kennisgewingborde kom nadat minstens agt mense in aparte voorvalle sedert Februarie by die strand beroof is, het die Cape Times berig. Dan Plato, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê toeriste is die
Malema geskors
Die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee het Dinsdagaand Julius Malema se skorsing uit die party bevestig. “Met verwysing na die huidige dissiplinêre verhoor, bevestig die NDK (Nasionale Dissiplinêre Komitee van appèl) die sanksie wat deur die NTK (Nasionale Tugkomitee) opgelê is dat die appellant permanent uit die ANC geskors moet word,” is in ‘n verklaring
Handskoen en harpuis: Boks, die manlike kuns
Ons weet nie veel van die apostel Paulus se persoonlike lewe en voorkeure af nie, maar dít weet ons: Die man het sy boks geniet. Hy gebruik dit om ’n doelgerigte geloofslewe te beskryf. “Ek is nie soos ’n bokser wat net lug raakslaan nie,” beduie hy in een van sy sendingbriewe. Dit is moeilik
‘Oorlog teen terreur’ is verby
In die nasleep van die Arabiese Lente, het die Obama-administrasie besluit dat radikale volgelinge van Islam nie meer ‘n gevaar inhou nie. Veral met betrekking tot Egipte, meen voormalige CIA-operateur Reuel Marc Gerecht “is dit nou ‘n uitgemaakte saak” dat Egiptiese kiesers ‘n radikale Moslem sal instem. Daarom, het die Obama-administrasie besluit die “oorlog teen
Net een Afrikaner met hoogste orde vereer
Verskeie aktiviste, politici, musici, wetenskaplikes en voormalige ANC-presidente is onder die 31 mense wat op 27 April, Vryheidsdag, nasionale toekennings sal ontvang. Kanselier van die nasionale ordes Cassius Lubisi het die lys Maandag aangekondig. “Dit is gewoonlik hierdie tyd van die jaar dat die president van die Republiek van Suid-Afrika die hoogste toekennings aan burgers
Een uit vier Johannesburgers betaal omkoopgeld
Een in elke vier Johannesburgse bestuurders het omkoopgeld aan die verkeerspolisie in 2010 betaal, het Corruption Watch se uitvoerende direkteur, David Lewis, Maandag gesê. “[Die verslag asook ander opnames] toon dat een uit elke vier padgebruikers in Johannesburg al omkoopgeld betaal het,” het hy aan die media in Johannesburg gesê verwysende na ‘n opname van
Sjebeens in Wes-Kaap skep werk
Navorsing wat deur die konsultantegroep Sustainable Livelihood namens die Wes-Kaapse regering gedoen is, toon dat duisende mense hul werk kan verloor indien onwettige sjebeens in townships gesluit word, berig RSG. Soveel as 25 000 drankhandelaars doen in die Wes-Kaap sonder dranklisensies sake, met ongeveer 150 000 mense wat in dié sjebeens werk. Leif Peterson, ‘n
SA omhels kernkrag
Die bestuurshoof van Eskom, Brian Dames sê die oogmerk is dat Suid-Afrikaanse maatskappye uiteindelik die grootste deel van die kontrak moet kry in die plan om ses kernaanlegte te waarde van 400 miljard rand in die land te bou. Maatskappye van Frankryk, die VSA, Japan, Suid-Korea, China en Rusland het reeds aangedui dat hulle in
Grapjas praat mense bang oor ‘onderdrukkende apartheid’ wat gaan terugkeer
‘n Onderdrukkende stelsel wat soortgelyk is aan apartheid kan terugkom indien Suid-Afrikaners nie meer betrokke raak en die regering verantwoordbaar hou nie, het die grapjas Pieter-Dirk Uys Maandag gesê. “Apartheid sal nooit, ooit terugkeer onder dieselfde naam nie,” het Uys gesê in ‘n openbare lesing deurspek met ooglopende teenstrydighede by die Universiteit van die Witwatersrand
Lees verder: Grapjas praat mense bang oor ‘onderdrukkende apartheid’ wat gaan terugkeer
