Zimbabwe sê hy sal nie gehoor gee aan ‘n opdrag van die Afrikakommissie oor Menseregte wat hom gevra het om burgers in die buiteland toe te laat om in die komende referendum en verkiesing te stem nie. Die AU-liggaam het verlede maand beslis dat die uitsluiting van die stemmery van gewone burgers in die buiteland,
Treine uitgebrand, pendelaars aangehits
Vier treinwaens van Metrorail is by die Mlamula Nkunsi-stasie in Orlando, suidwes van Johannesburg, uitgebrand. Dit is die derde voorval binne ‘n maand. Gister is nog drie rytuie by die Merafe-stasie aan die brand gesteek. Die uitvoerende hoof van Metrorail, Mosengwa Mofi, het verlede maand aangekondig dat die maatskappy verliese van meer as 70 miljoen
Obama waarsku teen Chinese kuberaanvalle
Barack Obama, president van Amerika, het in ‘n onderhoud, wat Woensdag uitgesaai is gesê dat verskeie kuberaanvalle teen Amerikaanse maatskappye, deur die Chinese staat geborg word. In ‘n onderhoud met ABC het Obama ook gewaarsku dat enige “oorlog-retoriek” vermy moet word wanneer kuberaanvalle bespreek word. Die president het ook gevra dat die Kongres kuber-sekuriteit moet
Argentyn is nuwe pous
Kardinaal Jorge Mario Bergoglio van Argentinië is as die nuwe Pous aangewys. Die 76-jarige kardinaal van Buenos Aires is die eerste kardinaal uit die Jesuit-orde en ook iemand in meer as ‘n duisend jaar wat buite Europa aangewys word om die Rooms Katolieke Kerk te lei. Hy het voor ‘n reuse skare op St Petrusplein
Geen ‘groot swart braai’ nie
Die man wat op Facebook aangekondig het dat hy ‘n partytjie sal hou om die herdenking te vier van die Westdenedambusramp sal die slagoffers se grafte gaan skoonmaak. “Daar is ooreengekom dat mnr. Zama Khumalo familielede van die slagoffers sal help om die grafte skoon te maak en kranse te lê by die Wespark-begrafplaas op
DA skarrel om Moslems tevrede te stel
Universiteite regoor die land herdenk “Israeliese Apartheidweek” hierdie week. Organiseerders sê dit is ‘n geleentheid om aandag te vestig op die menseregteskendings wat endemies is aan die konflik in die Midde-Ooste. In Durban, egter, het die Demokratiese Alliansie geskarrel om aan die regte kant van die debat te bly. “Daar sal geen poging wees om
Joodse Raad kla Fransman aan
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het ‘n klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor die Wes-Kaapse ANC-leier, Marius Fransman se “verdelende retoriek” oor die radio gelê. Maar Fransman, wat ‘n adjunk-minister van internasionale betrekkinge en samewerking is, het gesê die raad is selektief in sy woede. Op ‘n gemeenskapsradiostasie twee weke gelede, het Fransman die
Cosatu ‘aktief vernietig’
Cosatu is op ‘n gevaarlike, afdraande pad, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê. “Die vakbonde is onder beleg weens… ‘n gebrek aan ervaring onder organiseerders en beamptes wat nie opgewasse is om hierdie uitdagings te hanteer nie,” het Mantashe in Boksburg, oos van Johannesburg, aan nasionale ampsdraers van dié vakverbond gesê. “Werkers
SA, Angola, DRK gaan ingrypingsmag op die been bring
Die presidente van Suid-Afrika, Angola en die DRK het hulle gewig ingegooi agter ‘n plan om vrede na die DRK se onbestendige Noord-Kivugebied te bring. President Jacob Zuma, Jose Eduardo dos Santos en Joseph Kabila, het hulle steun toegesê aan ‘n plan wat deur elf state onderteken is en die weg gebaan het vir ‘n
Lees verder: SA, Angola, DRK gaan ingrypingsmag op die been bring
Arbeidsonrus brei uit na steenkoolmyne
Werkers het by Anglo American se Kleinkopje-steenkoolmyn begin staak terwyl die arbeidsonrus in die sektor uitbrei. Dit volg na onwettige stakings by vyf myne wat aan die mynreus Exxaro behoort. Beleggers is bekommerd dat dit ‘n herhaling is van betogings wat die ekonomie verlede jaar geskud het. ‘n Woordvoerder van Anglo American, Moeketsi Mofokeng, sê
