Geen ‘groot swart braai’ nie

Die man wat op Facebook aangekondig het dat hy ‘n partytjie sal hou om die herdenking te vier van die Westdenedambusramp sal die slagoffers se grafte gaan skoonmaak.

“Daar is ooreengekom dat mnr. Zama Khumalo familielede van die slagoffers sal help om die grafte skoon te maak en kranse te lê by die Wespark-begrafplaas op 13 Maart 2013, 01:00,” het Jurgens Bekker Prokureurs in ‘n verklaring gesê.

Media24 het opdrag gegee dat die firma ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) indien oor Khumalo se kommentaar.

Khumalo, 24, het sy vriende op die sosiale webwerf op 24 Januarie vertel dat hy ‘n uitnodiging na ‘n “groot swart braai” gaan uitstuur om die verdrinking van 42 wit kinders te vier toe hul skoolbus in die Westdenedam ingery het op 27 Maart 1985 in Johannesburg.

Khumalo het die 24 name van die slagoffers saam met ‘n opmerking gepos dat hulle dood “baie waardeer word, my Here!”

Die skikking is bereik met die SAMRK as ‘n bemiddelaar.

SAMRK-woordvoerder Isak Mangena het op 6 Februarie aan The Times gesê dat die boodskap “vol van haat vir ‘n ander ras is, op die oog af”.

Maak 'n opvolg-bydrae