Kardinaal Jorge Mario Bergoglio van Argentinië is as die nuwe Pous aangewys. Die 76-jarige kardinaal van Buenos Aires is die eerste kardinaal uit die Jesuit-orde en ook iemand in meer as ‘n duisend jaar wat buite Europa aangewys word om die Rooms Katolieke Kerk te lei.
Hy het voor ‘n reuse skare op St Petrusplein in die Vatikaanstad sy buiging gemaak. Hy is die eerste pous in honderde jare om ‘n heel nuwe naam te kies en sal bekend staan as Pous Franciskus die Eerste.
Die nuwe pous het sy voorganger, Pous Benedictus die Sestiende, vir sy diens aan die kerk bedank. Hy het ook die seën uitgespreek oor die wêreld, asook alle mans en vroue, en ‘n beroep op alle gelowiges gedoen om “saam te stap en saam te werk”.
Swart rook het sedert eergister slegs vyf keer uit die skoorsteen van die Sixtynse Kapel geborrel voordat wit rook gisteraand sigbaar geword het. Die skare op die plein en sowat 1,2 miljard Katolieke wêreldwyd, moes egter nog langer as ‘n uur wag om te hoor wie hul nuutverkose geestelike leier is.
Pous Franciskus het tot gisteraand in ‘n gewone woonstel gewoon, vir homself gekook en van openbare vervoer gebruik gemaak.
