Barack Obama, president van Amerika, het in ‘n onderhoud, wat Woensdag uitgesaai is gesê dat verskeie kuberaanvalle teen Amerikaanse maatskappye, deur die Chinese staat geborg word.
In ‘n onderhoud met ABC het Obama ook gewaarsku dat enige “oorlog-retoriek” vermy moet word wanneer kuberaanvalle bespreek word.
Die president het ook gevra dat die Kongres kuber-sekuriteit moet versterk.
Obama se opmerkings kom na die Amerikaanse departement van verdediging bekend gemaak het dat hulle beplan om spesiale kuber-taakmagte op te lei wat sal help om kuberaanvalle op die land af te weer.
Obama se opmerkings kom kort nadat sy vise-president en ander prominente persoonlikhede se bankbesonderhede gekraak is en aan die publiek beskikbaar gestel is.
