Landman help Solidariteit se Buys reg oor kultuurpolitiek

“Daar is nie plek vir totalitêre organisasies in die kultuurpolitiek nie en dis ook nie in die staatspolitiek wenslik nie,” het dr. Christo Landman in reaksie op die toespraak van mnr. Flip Buys, tydens ‘n vergadering van die Ad Hoc-Komitee op Eiendom op 16 Oktober in die kantore van die Transvaalse Landbou-Unie verklaar. Volgens mnr.

Lees verder: Landman help Solidariteit se Buys reg oor kultuurpolitiek

Romney trap klei in tweede debat

Die uitdager Mitt Romney het gestruikel toe hy Barack Obama se hantering van verlede maand se dodelike aanval op ‘n Amerikaanse sending in Libië probeer gebruik het as ‘n manier om die president as “sag” voor te stel wat Amerikaanse buitelandse militêre sendings betref. Vir die Obama-kamp was die 11 September-aanval op die Benghazi-konsulaat aanvanklik

Lees verder: Romney trap klei in tweede debat

Man sterf na wrede aanval op egpaar

‘n Bejaarde man van Springs is in die hospitaal oorlede nadat hy na bewering deur twee van sy werknemers by sy huis op 3 Oktober aangeval is. Koos Roux (67), eienaar van JR Garden Service, was die slagoffer van die wrede aanval, toe hy drie keer in die bors gesteek is deur twee swart verdagtes,

Lees verder: Man sterf na wrede aanval op egpaar

Die bodemlose put van grondherstel

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het drie miljard rand belê vir die aankoop van meer as 700 plase in Limpopo vir grondhersteldoeleindes. Die meeste van die plase is op die randjie van ineenstorting weens ‘n gebrek aan vaardigheid en binnegevegte. Die senior bestuurder in die Departement in die provinsie, Rirandzu Shilote, sê die

Lees verder: Die bodemlose put van grondherstel

Vreeslose Felix val vinnigste

Die Oostenrykse waaghals Felix Baumgartner (43) het met sy jongste poging ‘n hele paar rekords opgestel: Die hoogste vryval;Die hoogste bemande lugballonrit;Die eerste vinnigste vryval;Sowat 8 miljoen mense het hom op YouTube dopgehou: enHy is die eerste mens wat die klankgrens breek deur ‘n vryval. Dit was al waaraan Baumgartner kon dink tydens sy bykans

Lees verder: Vreeslose Felix val vinnigste

Rotterdamse museumdiefstal: Waardevolle kunswerke weg

Verskeie waardevolle skilderye is uit ‘n museum in die Nederlandse stad van Rotterdam gesteel, het die polisie Dinsdag gesê. Volgens mediaberigte is ‘n skildery van Henri Matisse, wat deel is van ‘n private versameling wat by die Kunsthal Rotterdam uitgestal is, een van die kunswerke wat gesteel is. Mariette Maaskant, die museum se woordvoerder, het

Lees verder: Rotterdamse museumdiefstal: Waardevolle kunswerke weg

IVP-lid voor kameras geskiet

‘n Ondersteuner van die Inkatha Vryheidsparty is Maandagmiddag buite die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal voor polisiebeamptes en televisie-kameras doodgeskiet. ‘n Raadslid van die IVP, Mdu Nkosi, sê die skote is afgevuur toe Siya Dlamini ‘n onderhoud buite die hof gevoer het in verband met ‘n ander voorval waarin ‘n ondersteuner van die party ook geskiet is.

Lees verder: IVP-lid voor kameras geskiet

Malema moet grond teruggee

Julius Malema, eertydse leier van die ANC-jeugliga, moet sy al grond aan die Khoisan-gemeenskap teruggee, het AfriForum Jeug Dinsdag gesê. “Malema se voorouers het self suidwaarts getrek en sonder grond in Suid-Afrika aangekom,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê. “Ons is daarom van mening dat Malema geen aanspraak kan maak op die

Lees verder: Malema moet grond teruggee