‘n Man van Bangladesj is vermoedelik deur twee rowers buite sy winkel in Galeshewe, Kimberley, doodgeskiet, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.
Ao. Essie Esterhuizen het gesê die man was besig om sy winkel te sluit toe twee gewapende mans hom genader het.
‘n Struweling het ontstaan en die man is geskiet. Hy is op die toneel dood.
Die twee verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld, sigarette en lugtyd gevlug.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
