‘n Ondersteuner van die Inkatha Vryheidsparty is Maandagmiddag buite die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal voor polisiebeamptes en televisie-kameras doodgeskiet.
‘n Raadslid van die IVP, Mdu Nkosi, sê die skote is afgevuur toe Siya Dlamini ‘n onderhoud buite die hof gevoer het in verband met ‘n ander voorval waarin ‘n ondersteuner van die party ook geskiet is.
‘n Raadslid van die Nasionale Vryheidsparty is in verband met Dlamini se skietdood in hegtenis geneem.
Die moordverdagte sal Woensdag in dieselfde hof waar die skietery plaasgevind het, verskyn.
