Rotterdamse museumdiefstal: Waardevolle kunswerke weg

Verskeie waardevolle skilderye is uit ‘n museum in die Nederlandse stad van Rotterdam gesteel, het die polisie Dinsdag gesê.

Volgens mediaberigte is ‘n skildery van Henri Matisse, wat deel is van ‘n private versameling wat by die Kunsthal Rotterdam uitgestal is, een van die kunswerke wat gesteel is.

Mariette Maaskant, die museum se woordvoerder, het bevestig dat van die skilderye wat gesteel is, deel is van ‘n private versameling, maar wou nie verdere inligting gee nie.

Die versameling van 150 kunswerke, insluitend skilderye van Pablo Picasso en Claude Monet, is vir die eerste keer ooit deel van ‘n openbare uitstalling. Die museum herdenk vanjaar sy 20ste bestaansjaar.

Die polisie sê dat die diefstal of laat Maandagaand of vroeg Dinsdagoggend plaasgevind het. Dit is nog nie duidelik hoe die misdadigers toegang tot die gebou gekry het nie.

данильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae