Vreeslose Felix val vinnigste

Die Oostenrykse waaghals Felix Baumgartner (43) het met sy jongste poging ‘n hele paar rekords opgestel:

Die hoogste vryval;
Die hoogste bemande lugballonrit;
Die eerste vinnigste vryval;
Sowat 8 miljoen mense het hom op YouTube dopgehou: en
Hy is die eerste mens wat die klankgrens breek deur ‘n vryval.

Dit was al waaraan Baumgartner kon dink tydens sy bykans nege minute lange tuimel aarde toe. Die val is byna afgestel nadat sy gesigskerm op die laaste nippertjie begin opwasem het, maar die waaghals het besluit om deur te druk.

Hy het nie gedink aan wêreldrekords wat gebreek gaan word of die wetenskaplike inligting wat sy vryval van 39 km sal oplewer nie, sê hy. Hy wou net bly leef.

“Toe ek die eerste 10 of 20 sekondes van die sprong begin tol het, was ek teleurgesteld dat ek nie die rekord gaan haal waaraan ek sewe jaar van my lewe gewy het nie,” het hy aan verslaggewers gesê.

Dit was ‘n vreesaanjaende val uit die hel uit, het hy gesê.

“Ek het nie geweet of ek uit die tol gaan kom of nie. Ek het al die pad ondertoe baklei, want ek het geweet daar moet ‘n oomblik wees wanneer ek dit kan hanteer.”

Baumgartner het teen sowat 1 137 km/h geval. Hy het uit ‘n kapsule onderaan ‘n heliumballon gespring.

Die val na benede het sowat 9 minute geduur, waarvan 4 minute en 20 sekondes vryval was.

Dis nie die langste vryval nie. Joe Kittinger, sy hoofraadgewer, het dié rekord in 1960 opgestel. Kittinger (nou 84) het in 1960 teen 998 km/h oor ‘n afstand van 31,3 km bo die aarde vrygeval.

Baumgartner het nie besef hy het die klankgrens gebreek nie. “Ek het dit nie gevoel nie. Ek dink dit gebeur agter jou.”

‘n Stelsel wat aan sy bors vasgeheg was, het inligting oor sy hartklop, asemhaling, veltemperatuur en ander lig­gaams­inligting versamel.

Dié inligting sal navorsers help om valskerms vir spronge van ongewoon hoë hoogtes af te ontwerp.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae