Romney trap klei in tweede debat

Die uitdager Mitt Romney het gestruikel toe hy Barack Obama se hantering van verlede maand se dodelike aanval op ‘n Amerikaanse sending in Libië probeer gebruik het as ‘n manier om die president as “sag” voor te stel wat Amerikaanse buitelandse militêre sendings betref.

Vir die Obama-kamp was die 11 September-aanval op die Benghazi-konsulaat aanvanklik moeilik om te verduidelik, omdat Stevens vir ure lank vermis is voordat hy later opgespoor is in ‘n hospitaal.

Vier Amerikaners, met inbegrip van die Amerikaanse ambassadeur Chris Stevens, het in die aanval gesterf. Romney se veldtog het die aanval gebruik om Obama se breër Midde-Oosterse beleid aan te val.

Gedurende die tweede TV-debat Donderdag, het Romney teruggekeer na sy tema dat Obama se beleid “voor ons oë ontrafel”.

Obama het Romney daarvan beskuldig dat hy politieke munt probeer slaan uit ‘n nasionale veiligheidkwessie en het in sy eie verdediging gesê dat hy die Benghazi-aanval as ‘n “daad van terreur” beskryf het ‘n dag nadat dit plaasgevind het.

Romney was duidelik in ‘n hoek.

“Ek dink dit is interessant, die president het pas iets gesê, dat op die dag ná die aanval het hy in die Roostuin gesê dat dit ‘n daad van terreur was,” het Romney herhaal.

“Dit is wat ek gesê het,” het Obama geantwoord.

“Jy het gesê in die Roostuin die dag ná die aanval, was dit ‘n daad van terreur. Dit was nie ‘n spontane betoging nie, is dat wat jy sê?” het Romney gevra.

“Gaan voort goewerneur,” het Obama gesê, en ontspanne in sy hoë stoel teruggesit.

“Ek wil seker maak ons ​​kry dit op rekord – want dit het die president 14 dae geneem voordat hy die aanval ‘n daad van terreur in Benghazi genoem het,” het Romney geprotesteer.

“Kry die transkripsie [van wat ek gesê het],” het Obama kalm voorgestel.

Romney, skielik minder seker van homself, is deur die CNN-joernalis en debatmoderator Candy Crowley reggehelp: “Hy het in werklikheid, meneer.”

“Kan jy dit ‘n bietjie harder sê, Candy?” het Obama vermakerig gevra, duidelik in sy noppies met Romney se fout.

“Hy het, hy het… dit as ‘n daad van terreur beskryf,” het sy gestotter, en Romney het verdwaas gelyk.

Op 12 September, in die Roostuin, het Obama inderdaad gesê met verwysing na die Benghazi-aanval: “Geen dade van terreur ooit sal die voorneme van hierdie groot nasie skud nie.”

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae