Ek weet nie hoeveel mense het het PF Bruwer se boek in 1986 “Die Derde Vryheidsoorlog woed …” gelees het nie. Daar is ‘n hele hoofstuk gewei aan die situasie in Algerië, wat onlangs deur ds. Nico Smith opgehaal is. Ek wil graag net ‘n paar feite onder lesers se aandag bring:
- In 1830 was die bevolking van Algerië ongeveer 3 miljoen.
- Nege tiendes was uiters primitief, dié het op die platteland gewoon.
- In 1962 was daar 1,2 miljoen sogenaamde colons uit ‘n totaal van 11 miljoen.
- As gevolg van wesenlike verskille tussen die colons en die res, het daar toenemde botsings en polarisasie plaasgevind. (Soos die geval is hier by ons.)
- Dieselfde pad as by ons is gestap. ‘n Politieke stryd, ‘n oorgangsfase, (waarin hulle, die colons, geglo het dat hulle polities, ekonomies en militêr meerderwaardig was), toe die sogenaamde gewapende stryd, die groot veraad (ook agter geslote deure) en die einde.
[Die FLN was ‘n terreurbeweging net soos die ANC. Hier is van die gruweldade wat hulle gepleeg het. Hier is nog foto’s van die massamoord op blankes in Oran – red.]
Bruwer skryf dat dit vir die colons seker die bitterste einde denkbaar was. Hulle het nie net hulle vryheid verloor nie, maar ook hulle land, wat hulle oor 150 jaar opgebou het.
Hy skryf verder dat die colons se meerderwaardigheid teenoor die Berbers hulle onder ‘n valse sekuriteitsgevoel laat verkeer het:
- Hoe kan jy verloor as jy dan so wonderlik is?
- Hoekom moet jy dan veg vir wat jou eie is?
- Hulle het nooit vir iets geveg nie, altyd teen iets.
- Hulle het die sielkundige stryd totaal onderskat en het al hoe meer afhanklik geword van beroepspolitici, organisasies soos bv. hulle weermag (wat vir hulle moes opstaan), Frankryk, vriende en prinse in die Westerse wêreld, en vele ander. Die het hulle (soos vir ons) keer op keer in die steek gelaat, slegs vir eie belang.
Nico Smith, Jonathan Jansen en ander probeer ons vertel, en maak dit vir ons “aanvaarbaar” om te kapitileer. Verder moet ons glo dat die einde vir die Afrikaner, soos vir die colons, onafwendbaar is. Maar soos Bruwer skryf, “niks is onafwendbaar nie”!
Ons moet sielkundig en ekonomies onsself handhaaf. Politieke opportunisme moet verdwyn, die siek term soos byvoorbeeld: “As jy nie deel van die oplossing is nie, dan is jy deel van die probleem.” Ek glo ‘n Nuwe Suid Afrika kan nie werk nie, ons moet ons eie land kry. Onkunde en kortsigtigheid moet teengewerk word. Ons moet weer ‘n strewe vir vryheid en onafhanklikheid kweek, soos die Voorterkkers en die Boere van die Boererepublieke gehad het. Bo alles moet ons besef: sonder die hulp van Bo stry ons ‘n verlore stryd.
