Dit was hul tweede besoek aan Namibië, ’n wonderlike land wat hulle vertrou het. Maar nou is hulle klaar met Afrika. Hulle gaan ook hul vriende aanraai om weg te bly.
So het die egpaar Josef en Johanna Stapfler Vrydag aan die Republikein gesê voordat hulle drie dae ná hul aankoms in Namibië weer op ’n vliegtuig terug na Frankfurt was. Die Stapflers was die vorige middag by Omaruru se Franke-toring die slagoffers van ’n man wat asof van nêrens verskyn het, hulle afgedreig en hulle toe liederlik aangerand het.
Ná hul aankoms in Windhoek het die egpaar in hul gehuurde motor een aand in ’n lodge net suid van Karibib geslaap. Donderdagaand het hulle soos bespreek in ’n bergherberg wes van Omaruru geslaap nadat hulle die vorige dag aangerand is. Vrydag was dit vir hulle terug Windhoek en huis toe. Hul Namibiese toer van 18 dae wat hulle ook na Damaraland en die Zambezistreek sou bring, het net drie dae geduur.
Die egpaar in hul vroeë veertigerjare was ontnugter en teleurgesteld.
Na behandeling in die staatshospitaal op Omaruru het die Stapflers self vertel wat Donderdagmiddag net voor die etensuur by Omaruru se Franke-toring met hulle gebeur het. Hulle wou die Franke-toring as ’n historiese erfenisbaken besoek. Daar gekom, was die deur gesluit.
Hulle was reeds terug by hul gehuurde voertuig toe hul aanvaller langs hul kar uitgeslaan het.
Die man het beduie dat hy honger was en geld of enigiets anders soek. In daardie stadium was Johanna se sak met hul kosbare reisgoed nog om haar nek. Sonder enige argument het die man haar sak gegryp en het ’n struweling ontstaan. Die volgende oomblik het die man haar met ’n harde voorwerp oor die kop geslaan. In sy een hand was ’n kannetjie. Johanna het gemeen dit kon die een of ander spreimiddel bevat en het vir haar oë gekeer. Toe Josef bygekom het, het hy ’n hou in sy ribbes gekry. Hy was nogtans sterk genoeg om op straat hulp te soek terwyl sy bebloed by hul voertuig gestaan het.
Oor hul skielike huis toe gaan was die egpaar dit eens: “Ons wil nie meer hier wees nie”.
In die sak waarmee hul aanvaller die hasepad gekies het, was allerlei kaarte van die egpaar, sowat tweehonderd euro en ’n klompie Namibiese dollars. Behalwe die sak en die inhoud daarvan is ander goed nie uit die gehuurde motor gesteel nie.

Hier is nou nog toeriste wat deur die toedoen van die land en sy mense in rassite verander is. Hierdie advertensie gaan nou ook na al hulle vriende, na elke een wat die artikel daar in die verte sou lees. So word hierdie enkele daad die oorsaak daarvan dat duisende wegbly en dat Afrika net nog verder kripeer.
Hierdie gebeur daagliks ook hier by ons – nie noodwendig so geweldadig nie. Ek het kliënte van Frankryk hier gehad in 2006. Hulle het in Sandton se Hilton gebly. Daar is hulle maatskappy kredietkaarte sommer vir dubbel transaksies gebruik – die arme mense het toe met baie rooi gesigte by hulle base gesit – dit was gelukkig deur die mense uitgesorteer en die hotel het toe maar die pyn gevat maar die skade wat dit aangerig het aan die land se beeld is onberekenbaar. As dit in so ‘n plek kan gebeur hoeveel temeer in ‘n laer klas instelling? Die kliënte het die volgende keer maar in ‘n ander hotel gaan bly.
Ja dis nie asof dit die eerste besoekers is wat wakkerskrik uit hul Afrikadroom nie. Lyk my die klonkies is nie meer gehoorsaam nie en die besoekers vind nou uit wat hulle self aangevang het
Sussies, hulle moes suid gegaan het tot by Jozzie, net een sou kon terug gaan en die wereld vertel.
Die lib media gaan net swyg.