Universiteit Stellenbosch vereis nou werksaansoeke in Engels

Die afkorting vir die Universiteit Pretoria is steeds UP; ook in sy webadres. Onlangs het iemand in Die Burger geskryf dat hy al hoe meer die afkorting SU (Stellenbosch University) pleks van US (Universiteit Stellenbosch) teëkom. In die US se webadres word die afkorting SUN gebruik, wat ook in die naam van die US se uitgewery opduik: SUN PReSS, wat in wyer verband AFRICAN SUN MeDIA word. Wat ons hier sien, is die doelbewuste uitwissing van die US se eens trotse Afrikaanse verlede.

Gestel iemand wil aansoek om ‘n pos by die US doen. In die LitNet-nuusbrief (24 deser) word ‘n medeprofessoraat in Afrikaans en Nederlands geadverteer. In hierdie voorbeeld gaan dit dus nie om ‘n pos vir iemand wat nie Afrikaans ken nie. “Kliek vir meer inligting.” Jy kry twee bladsye inligting. Dit handel oor ‘n “Job” met ‘n bepaalde nommer in die “Job Basket”. Dan volg ‘n “Description” met die volgende hoofde: Job Title/Posbeskrywing, Location/Area, Organization/Organisasie, Department Description/Departement Beskrywing, Duties/Pligte, Job Requirements/Pos Vereistes, Recommendation/Aanbeveling, How To Apply/Hoe Om Aansoek Te Doen, Enquiries/Navrae. By elke hoof word verdere inligting in sowel Afrikaans as Engels gegee. By die voorlaaste hoof staan in die Afrikaanse teks: “Doen aanlyn aansoek deur op die ‘apply now’ skakel te kliek.” Die e-pos-adres is: “vacancieshuman@sun.ac.za”.

Na die laaste van bogenoemde hoofde raak die US se Afrikaans op: “Currency ZAR, Commencement Date 01 Jan 2015, Closing Date 14 Aug 2014.” Daarna volg ‘n evalueringsvorm waarvan die besonderhede uitsluitlik in Engels is.

Enigeen wat deesdae by die US aansoek om ‘n pos doen, sal dus onder die indruk gebring word dat eerder Engels as Afrikaans die instansie se administratiewe taal is. Myns insiens is dit ook ‘n feit dat Engels voorgraads die hoofonderrigtaal is en dat Engels nagraads feitlik uitsluitlik die klasonderrigtaal geword het. Die voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Michael le Cordeur, is ‘n dosent op die US-kampus. Wannie Carstens, ‘n oud-voorsitter en direksielid van die Afrikaanse Taalraad, dien in die US-raad. Wat doen hulle om hierdie onverkwiklike situasie te verbeter? Le Cordeur het om etniese en politieke redes tot dusver nog net lof vir die Botman-US se verengelsingsbeleid gehad.

By die hoof “Hoe om aansoek te doen” staan daar in die Afrikaanse teks onder meer: “Die Universiteit hanteer alle aansoeke in terme van sy Diensbillikheidsplan wat erkenning verleen aan die behoefte om die demografiese samestelling van die personeelkorps te diversifiseer, veral met die oog op die aanstelling van geskikte kandidate uit die aangewese groepe.” Dit gaan dus vir die US om sosiogeniëring ooreenkomstig die ANC se resep. Diensbillikheid beteken dat indien enigsins moontlik akademies onbillik teen blanke kandidate en veral mans gediskrimineer word. Nie-wittes word dus aangemoedig en wittes, veral mans, ontmoedig om aansoek te doen.

Op hierdie manier word die nie-akademiese ideaal van demografie-weerspieëling aan die US nagejaag. Moet dus niemand glo wat beweer dat dosente aan die US primer ingevolge akademiese bekwaamheid (bv formele kwalifikasie, ondervinding, publikasies) aanstel word nie. Dit volg dat akademiese uitnemendheid aan die transformerende US al hoe meer ‘n hersenskim word.

15 thoughts on “Universiteit Stellenbosch vereis nou werksaansoeke in Engels”

  1. Dit is die klein jakkalsies wat die heining stukkend maak. Stukkie vir stukkie, en as dit ooglopend toegelaat word! …..nouja die uiteinde is vanselfsprekend. Gaan dit toegelaat word of aangespreek word.
    Die manne in die gesagsposisies moet nou sterk staan.
    Dankie Leon vir die uitwys van n baie sensitiewe probleem.

  2. Nou ja daar het jy dit nou – n getransformeerde universiteit na derdewereld standaard waar hierdie mense uiteindelik kan tuisvoel. Ek wonder my net potblou wie gaan nou die universiteit finansieel onderhou – want die melkkoeie is weggejaag. Die standaard sal nou ook dienooreenkomstig
    getransformeer word tot deredewereld standaard, waarin almal darrem n ou sertifikaatjie kan bekom – oor hoe die werk gedoen gaan word uitgronde van die derdewereld standaard is nou maar n andersaak waaroor ons ons nie hoef te bekommer nie – dit behoort vir die derdewereld behoefte heel funksioneel te wees as mens so om jou kyk in die NSA.

    Haai fooitog ek sien net swarigheid vir ou Anton van Niekerk tussen n klomp heidenen en Moslems met sy Christelike inslag.

    1. Riempies, oor jou “melkkoeie” opmerking sal ek bitter graag meer wil uitvind. Universiteit Stellenbosch kry wel gróót finansiële ondersteuning van buite organisasies en instansies, maar my vermoede is dat dit hoofsaaklik pro-Engelse groepe is. Dit sal goed wees as Leon Lemmer of Dan Roodt kan uitvind wie die US se hoof-donateurs is en of daar enige taalvereistes aan gekoppel is.

      1. Vra ek ook. Daar moet miljoene se skenkings aan al die ou Afrikaanse universiteite wees wat vir Afrikaans bestem was. Wat het daarvan geword? Ek weet van so ‘n skenking aan die Akademie wat nou Hotknots as standaardtaal bevorder.

        1. Ligte mistykie. Hotknots is nie Afrikaans nie, dis ‘n Engelse Kreool. Die Akademie bevorder Engelse Kreool waar woorde soos “you” as “jew” uitgespreek word. Ve’staan djy nie? De Coloured peepil spiek Inglish, hewwint jew herd?

      2. Rebel wat ek bedoel het met “melkkoeie” is die blanke studente wat 100% vir hulleself moet betaal teenoor die mense van kleur wat almal met staatsondersteunde finansies studeer.

        Ek wonder of Anton Rupert nie dalk een van die donateurs is nie?

        1. Ek het jou reg verstaan, maar weet ook van die groot finansiële ondersteuning wat van buite die US kom. Is die bevordering van Afrikaans by hierdie sakeplanne ingebou en wie sien toe dat dit uitgevoer word? Dit is waarby ons moet uitkom. Dit sal die hele prentjie finaal voltooi.

  3. Ek onthou altyd hoe hoogmoedig die mense van Stellenbosch teenoor ons Transvalers was. Dat sulke vername mense met die bediendes deurmekaar is. ‘n Vriendin sê my dis nog een van die duurste universiteite en dis nog steeds net die snobs wat soontoe gaan. Mens kan jou amper verlekker in sulke onnoselheid, as dit nie so tragies was vir Afrikaanse kinders in die Kaap nie.

  4. Geen wonder die aansoekvorms lyk so nie. Die soort persoon wat gaan aansoek doen, is die soort persoon wat ‘n kans staaan om suksesvol te wees en die persoon wat suksesvol gaan wees, sal ‘n “Afrikaanse” wees wat beter sal regkom met die Engelse deel van die vorm.

Maak 'n opvolg-bydrae