Leë kinderskoene voor Parlement vir Gasa

Ter ondersteuning van die Palestyne in Gasa, het ‘n groep Maandag omstreeks 13:00 by die parlement se hoofhek in Kaapstad agter ’n ry leë kinderskoene stelling ingeneem.

Die leë skoene is gebruik om die dood van meer as 1 000 Palestyne te simboliseer, onder wie baie kinders, wat tot dusver in die konflik in die Gasastrook omgekom het. Die Palestynse gebied is onder Israelse beleg.

Die betoging is gereël deur die Kaapse groep Aksieforum ter Ondersteuning van Palestinia.

Shaheed Mahomed, organiseerder, sê die groep beplan om vandeesweek daagliks op die paradegronde in Kaapstad te betoog. Hy sê die betogings sal daagliks voortduur “tot die Suid-Afrikaanse regering die Israelse ambassadeur uit die land skors”.

Hy het gesê hulle sal daagliks op die Parade byeenkom, totdat dit soos Tahrirplein [in Egipte] lyk.

Die forum het die regering ook gevra om die Suid-Afrikaanse ambassadeur na Israel onmiddellik terug te roep, alle handels- en militêre bande met Israel op te skort en om lasbriewe vir die inhegtenisneming van alle Suid-Afrikaners wat in die Israelse weermag dien, uit te reik.

“Ons regering moet handelsbande met Israel beëindig,” het hy gesê.

Die forum het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om plaaslike kleinhandelaars wat “voortgaan om voedselprodukte in te voer vanaf Israel” te boikot.

Dit behels om “trollies met Israeliese produkte en produkte van maatskappye wat Israel ondersteun vol te maak, dit by die kasregisters te laat oplui en dan die bestuurder te roep en te vra dat al hierdie goedere van die rakke verwyder word.”

Mahomed het nie spesifiek aangedui of hulle Joodse sakeondernemings soos Pick’n Pay en Woolworths sal boikot nie.

Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, het gesê hul “spanne het reeds broodnodige hulp wat na verskeie hospitale in Gasa gestuur.”

16 thoughts on “Leë kinderskoene voor Parlement vir Gasa”

  1. Kyk, los tog nou maar eers vir Gasa en n konflik wat miljoene van die mense hier in die republiek in elk geval nie eers ooit sal verstaan nie, nie eers Mal ema nie.
    Israel weet presies goed genoeg hoe om die situasie te hanteer, en ek gaan my nie by hulle inmeng nie behalwe om vir hulle in te tree in gebed.
    Los nou maar ook die sentimentele skoene voor die parlement, en betoog liewer oor die oorlog wat al vir 20 jaar hier by ons IN ONS EIE REPUBLIEK woed..
    Kom ons maak ons oë oop en LEES bietjie hoeveel ,net boere, vermoor is. Ek praat nog nie eers van ander statistiek nie.
    Gedurende die OU REGIME was daar ongeveer 7000 moorde per jaar.
    Sedert 1995 was daar drie keer meer moorde per jaar. Ek moet erken ek gaan nie staan en val by hierdie statistiek nie, maar dit is wat aan my deugegee is.
    Nou spring ons op en af oor 1000 mense wat in n oorlog tussen Israel en die Palistyne omkom. Dit is nie mooi nie, maar ons het geen beheer oor dit nie. Dit is n konflik wat al eeue aankom.
    SO WAAR IS DAAR NOU OORLOG.

    1. US supplied weapons like F-16 warplanes and heavy 155mm self-propelled guns to Israel which violates US Arms Export Act. Governments around the world should issue visa bans against Hillary Clinton, Joe Biden, John McCain, Lindsey Graham, and other supporters of this criminal government. Assets of the Clinton Foundation held in foreign banks should be frozen and actions should be taken against U.S. defense companies, with asset freezes and travel bans issued against the corporate accounts and private accounts of officials of U.S. defense contractors involved in support for the Lockheed-Martin, Northrop-Grumman, Harris Corporation, Boeing, and other companies.

      1. assets regarding the bush dynasty and satan hussein and the interests of the clinton clan were kept in a building, later bombed by McVee…… these records were to be used in a court case against the white house criminals….. needless to say, this never happened and another innocent victim was framed and sentenced to death

      2. Wel daar was ook ‘n tyd toe daar ‘n fabriek wydsbeen oor die VSA en Kanadese grens gestaan het en ‘n goedgesinde kanadees ‘n sekere ander land gehelp het deur die 155mm howitzers oor die grens in die middel van die fabriek te skuif om die wapen sanksies te fnuik.

        The Canadian GC-45 was selected as the baseline howitzer from which to commence indigenous development.[3] One of the GC-45 test pieces was mounted on a U.S. 155mm M59 carriage – and a further six GC-45s had changes made to internal ballistics, barrel construction and carriage and cradle fixtures, to become the prototype models eventually leading to the G5.

        Dieselfde land het ook howitzers van ‘n ander land in die midde-ooste gekry tydens die wapenverbod.

        As an interim weapon system to act as a stop-gap during the indigenous production process, a number of Soltam 155mm M-71 gun-howitzers were procured from Israel and entered service as the G4 howitzer.

        Daardie land het die omboude Kanadese GC-45 en Israeli Soltams gebruik om die SWAPO’s FAPLAs en ANC terroriste mee vodde te skiet

  2. Dit lyk asof daar min simpatie is vir dié betogers. Hoe dit ookal sy, as hulle daarin slaag om Pick ‘n pay en Woolworths te boikot, sal hulle meer reggekry het as wat ons kan doen. Hulle moet tog net onthou van Foschini ook.

Maak 'n opvolg-bydrae