Die Vryheidsideaal van die Afrikaner lê nie in ‘n Teokratiese Model nie

Dit lê in inklusiewe diversiteit, en dit is met groot kommer dat ek die besluite van die Volksvergadering lees soos uitgelig deur Antón Barnard. As die denkrigting in sekere Afrikanergroepe in die rigting van ‘n teokrasie lê, en in die opsig ten doel het om eksklusief te wees teenoor ander vryheidsstrewende Afrikaners, is die vryheidsideaal grotendeels verby, en sal ons in der ewigheid nooit Afrikaner eenheid en/of vryheid kan bereik nie. Dieselfde argument is ook van toepassing waar een groep vryheid nastreef sonder om voorsiening te maak vir die diep godsdienstige volksgenote aan die ander kant van die spektrum.

Om die hele idee van Vryheid en “’n onafhanklike lewe binne ons eie kultuur” se toekoms op ‘n staatsvorm van teokrasie te skoei, is om nou al voorsiening te maak dat geen land of regering in die wêreld die Afrikaner se vryheidsstrewe en ‘n moontlike onafhanklike volkstaat gaan ernstig opneem nie, en dus sal daar nooit enige erkenning van daardie staat wees nie. Gevolglik sal ons slawe bly.

Onderstueners van die teokratiese staatsmodel is eintlik niks anders as fundamentalisme nie, en dit bring skrikwekkende beelde na vore van die tipiese Moslemstaat, die Europa van ouds soos regeer deur die Pous uit Rome, of dan verder terug, Egipte, waar die priesterorde agter die skerms regeer het, en selfs pharao’s laat vermoor het indien hulle ‘n bedreiging sou blyk vir die “mag van die geloof”. Die teokrasie veronderstel dat die hoofde van die staat, direk met God (‘n god) kommunikeer, en in alle besluite direk dan Sy “mening” of “besluit” kan ontvang en implementeer, soos die Rooms Katolieke kerk glo die Pous kan doen, of soos die egiptiese priesters geglo het hulle kry direk opdragte van hulle afgode. Elke regdenkende mens of christen weet dat dit nie bestaan nie, en dat die “besluite” maar net deur mense geneem word wat glo hulle is die enigste wat God se woord kan interpreteer.

Ek hoop, soos Anton, dat die mense by die Volksvergadering nie mooi die term “teokrasie” verstaan het nie, want dit is maklik om die begrippe staatsgodsdiens en godsdiensstaat te verwar. Die verskille tussen die twee is vanselfsprekend, maar selfs, as die gedagte ‘n staatsgodsdiens is, wat afdwingbaar is op burgers, of ‘n voorvereiste is vir burgerskap van daardie staat, is dit nog steeds, saam met die hele konsep van ‘n godsdiensstaat (teokrasie) ‘n skrikwekkende gedagte.

Die Afrikaners is wêreldwyd bekend vir hulle interne wederstrewigheid, dwarstrekkery en groepvorming. Hierdie karaktereienskap van die Afrikaner is die onderwerp van die volgende welbekende grappie: Wat gebeur as twee Amerikaners op ‘n verlate eiland uitspoel? Elkeen stig sy eie maatskappy en hulle maak geld uit mekaar. Wat gebeur as twee Engelsmanne uitspoel? Hulle stig ‘n klub, speel teen mekaar krieket en drink elke aand saam. Wat gebeur as twee Afrikane uitspoel? Een verklaar homself president, en die ander word ‘n terroris in die bosse wat die mag probeer oorneem. Wat gebeur as twee Afrikaners uitspoel? Elkeen stig sy eie party, en elkeen stig sy eie kerk. (En hulle praat net met mekaar as hulle stry en aan mekaar uitwys hoe hulle van mekaar verskil.)

Daar is met ander woorde ‘n diepgewortelde kinderagtige streek in die Afrikaner waarvan ons moet ontslae raak, en wat ons deur die geskiedenis van ons volk duur te staan gekom het. Die gesegde: “Verdeel en heers”, hoef nie deur ‘n opponent op ons toegepas te word nie, want ons doen dit self uitmuntend. Deur ons verdeeldheid, laat ons ons oorheers. Enige groep met ‘n bietjie mag kan ons oorheers, en dit is hoekom ons na honderd en vyftig jaar nog steeds nie ons eie vrye Afrikanerrepubliek het nie.

In hierdie opsig word ons in die skande gesteek deur die ANC, en die vryheidsbewussyn en strewe van die swartmense van Afrika. In die ontstaan van die Afrika vryheidsstrewe, het Pixley Ka Seme, ‘n swart advokaat wat op Oxford en Columbia Universiteite gestudeer het, besef dat nie net sy eie Zoeloe volk onder wit oorheersing ly nie, maar so ook al die swart etniese volke in Suid Afrika. Nadat hy van oorsee af teruggekom het, het hy besef dat die enigste metode om vryheid vir swartmense te bewerkstellig is om al die verskillende swart volke saam te snoer in eenheid. Op 8 Januarie 1912, het hy al die stamhoofde en prominente geleerde swartmense in Bloemfontein bymekaar gekry, en hulle oor sy visie van ‘n unie van swart volke, met die doel om hulle kollektiewe vryheid en regte te bewerkstellig. Al die hoofde het saamgestem om ‘n verenigde organisasie te skep en het op daardie stadium die “South African Native National Congress” gestig, wat die voorloper van die ANC was. Daardie verenigde front het hulle geskiedkundige verskille en etniese diversiteit in ordergeskikte rol, tweede geplaas teenoor hulle strewe na vryheid. ‘n Unie wat nou al agt en negentig jaar in stand gehou word.

Dit is tyd dat ons as Afrikaners wasdom bereik en grootword, en besef dat die begrip “Vryheid” baie groter is as enige individu of klein groepie binne die volk. Dit plaas ‘n yslike verantwoordelikheid op ons om alle Afrikaners sinvol te kan akkomodeer, en te bestuur tot voordeel en welvaart van almal wat hulleself met Afrikanerskap of die Afrikanervolk vereenselwig. Die oplossing waarna ons moet streef is inklusiewe diversiteit.

Eerstens moet ons besef dat Vryheid die grootste ideal is en ten koste van alle verskille nagestreef moet word. Tweedens moet ons aanvaar dat ons nie almal dieselfde dink nie. Derdens moet ons besef dat daar mag in eenheid is. Vierdens moet ons ooreenkom dat daar binne die doelwit Vryheidsstaat, plek moet wees vir al ons ideologieë en godsdienssieninge.

Daar is ‘n groot gevaar as almal dieselfde dink, en niemand ooit die status quo of heersende denke binne ‘n groep bevraagteken nie. Dit lei tot stagnante denke en dit verhoed vooruitgang en ontwikkeling. Maar sodanige toestand waar ons in eenheid met mekaar verskil, kan net bewerkstellig word as Vryheid (en vrede) die hoofdoel van almal bly.

Ek wil my verstout om te sê, dat die verkillende groepe wat by die Volkvergadering bymekaar was, fundamenteel verskil oor geloof, die Bybel, en wat Christenskap eintlik behels. Sou hulle daarin kon slaag om hulle teokratiese staat te bewerkstellig, sal dit nie nie lank neem voordat die hare waai soos hulle mekaar probeer oortuig van elkeen se standpunt nie, en voordat die hele breekbare samewerking uitmekaarspat. Tensy hulle die verskille ondergeskik aan die hoofdoel kan stel.

Die geheim lê in verdraagsaamheid – iets wat blykbaar net nie in die Afrikaner psige bestaan nie. As ek so aan die geskiedenis, en huidige stand van sake van die Afrikaner dink, kom die ou gediggie van Jan Cilliers by my op:

Daar trek ‘n koeël met spoed, met spoed,

Hy’s nat met Afrikanerbloed,

En smart die boodskap wat hy voer

Hy kom uit Afrikanerroer,

Want altyd veg ons broer teen broer. (My eie byvoegsel)

Ons probleem is dat ons nie meer ‘n Vryheidsimbool het nie. Vryheid is net ‘n strewe wat los en vas deur elke Afrikanergroep gevisualiseer en gedefinieer word sonder daardie belangrike gedeelde simboliek wat volkere al vir duisende jare saamvoeg. So ‘n simbool lê in ons vlag – die Oranje Blanje Blou. ‘n Vlag het nog altyd enige volk of nasie se gedeelde strewes verteenwoordig. Die ontstaan van ons vlag lê in die prins van Oranje en sy volgelinge se vryheidsstrewe. Die Amerikaners se hele nasietrots en doelwitte is gesetel in die “Star Spangled Banner”. Die Franse se hele republikeinse strewe lê in hulle Tricolor.

Ons het onder die Engelse invloed, ‘n losse verhouding met ons vlag gekweek, en met die verlies van ons kortstondige vryheid, het ons die simboliese waarde van ons vlag verloor. Dit is tyd dat ons daardie vlag uithaal, afstof, en dit die simbool van ons gedeelde Vryheidsstrewe maak. Vergun my om die woorde van die bekende gedig van Eitemal hier aan te haal. Dit kan hopelik weer almal ‘n oomblik laat stilstaan om te besin.

Die Hoogland is ons woning,

die land van son en veld,

waar woeste vryheidswinde waai

oor graf van meenge held.

Die ruimtes het ons siel gevoed,

ons kan g’n slawe wees,

want vryer as die arendsvlug,

die vlugte van ons gees.

 

Dis die tyd, dis die dag,

om te handhaaf en te bou.

Hoog die hart, hoog die vlag,

hoog Oranje-blanje-blou!

Ons gaan saam die donker toekoms in

om as een te sneuwel of oorwin,

met ons oog gerig op jou,

ons Oranje-blanje-blou!

 

En ja, in inklusiewe diversiteit is daar ook plek vir die Vierkleur en Vrystaatse Vryheidsvlag!

casino gamedДанильченко Харьков

Ondersteuning vir Afrikaans by Standard Bank gevra

Beste vriende,

Ek vra jul ondersteuning in my voortslepende stryd teen Standard Bank om hul Afrikaanse kliënte se taalregte te handhaaf. Die bank is al geruime tyd besig om Afrikaans stelselmatig uit te wis. Al die brosjures in Standard Bank se tak op Montagu is net in Engels, waar dit voorheen tweetalig was. Al die plakkate teen die mure en die inligtingstekens is nou ook in Engels. Twee-derdes van die mense in Montagu en omgewing is Afrikaans.

Een stem wat protes aanteken, word maklik van die tafel gevee. As ‘n klomp mense beswaar aanteken, kan Standard Bank dalk begin kennis neem.

Die nuutste belediging is die onderstaande eentalige “self service banking newsletter”. Ek het die nuusbrief aan hulle teruggestuur met die versoek om in my voorkeurtaal diens te ontvang. Sien my brief hieronder.

As elkeen van julle ‘n e-pos aan die adres hieronder (Information@standardbank.co.za) kan stuur en namens jouself of jou organisasie protes aanteken teen hierdie eentalig Engelse nuusbrief, en elkeen van julle net een ander mens kan motiveer om dieselfde te doen, kan Standard Bank dalk besef hy kan geld verloor as hy voortgaan om Engels in sy Afrikaanssprekende kliënte se keel af te dwing.

Stuur asb. ‘n afskrif van jul briewe aan my en vra ook ander om afskrifte aan my te stuur. As geen reaksie van Standard Bank se “konsultante” (almal net Engels) ontvang word nie, kan ek al die briewe na ‘n hoër gesag aanstuur.

Baie dankie vir julle samewerking in die belang van Afrikaans.

feathered frenzyОлександр Фільчаков прокурор

Godsdienstige fundamentalisme sal ons einde beteken

Dit is teleurstellend dat Christo Landman nog nie op Thys Human se navrae gereageer het rakende of Landman en die teokratiese beweging die Kenmekaarkonferensie gekelder het nie. Immers het Human hom (Landman) die kans gegee om te bevestig of Landman, en die teokratiese beweging, van die Kenmekaarkonferensie ontrek het omdat ‘n hulle nie aan gesprekke sal deelneem tensy dit nie vooraf aanvaar word dat ‘n volkstaat ‘n teokrasie sal wees nie.  Wat is die doel van gesprekke dan vra ek? Die teokratici en hul mede-fundamentaliste sal ons ondergang beteken. Laat ek verduidelik.

Vele  Afrikaner-emigrante wat na die Anglo-Boereoorlog  nie onder Britse bewind wou leef nie, het Argentinië toe getrek. Hulle is deur die Argentynse owerhede in Patagonie gevestig. Die Argentyne se idee was dat die Afrikaners hierdie  ylbevolkte deel van Argentinië sou bevolk. Ons kan alleen vermoed dat as dit ‘n suksesvolle kultuuroorplanting was, Afrikaans vandag in Patagonië sou gedy. Wie weet, miskien sou selfs meer Afrikaners dan soontoe trek, ook diegene wat in latere jare van die ANC-regime sou vlug. Patagonië sou dalk selfs ‘n soort Afrikaner-Quebec, binne Argentinië, kon word. Dalk sou dit die volkstaat kon word, maar helaas nie.

Die rede is eenvoudig en bekend aan Afrikaners. Kort ná die vestiging van die Afrikaners in Patagonië het kerklike tweespalt uitgebreek. Die gevolg van hierdie godsdienstige onmin was dat daar nooit eenheid in die Argentynse Afrikanergemeenskap ontwikkel het nie. Die onenigheid het daartoe gelei dat hulle as kultuurgemeenskap verbrokkel het. Ironies vir die puriteinse hardkoppiges van ouds is hul verspaansde afstammelinge vandag uitgelewer aan die druk van verkatolisering. Hierdie is ‘n klassieke voorbeeld van hoe Afrikaners se godsdienstige fundamentalisme en gepaardgaande hardkoppigheid tot hul eie ondergang gelei het.

Die probleem met godsdienstige fundamentalisme is dat dit in ‘n stel absolute idees glo. Daar is geen ruimte vir kompromie of buigsaamheid nie, want afwyking van hierdie absolute “waarhede” sal lei daartoe dat die siel in die ewige foltering beland. Dis dus beter om die prys van onwrikbaarheid te betaal as om van die absolute godsdienstige “waarhede” af  te sien. Nodeloos om te verklaar bestaan hierdie “waarhede” slegs in die gelowige se gedagtegang, want volgens die rasionele vereistes van enige wetenskap, is geloof geen vorm van kennis nie, in elk geval nie in die empiriese sin van die woord nie. Geloof is en bly net dít, nl geloof, onwetenskaplike kennis of idees waarvoor daar geen bewyse bestaan nie,  gepaardgaande met die vaste oortuiging dat dit die waarheid is. As die gelowige dus sê dat “Ek weet God bestaan, want ek sien Sy hand in my lewe” dan moet die aanhoorder dit maar met ‘n knippie sout neem, want eintlik pas die word “weet” glad nie in daardie sin nie. Die gelowige se woorde sou meer akkuraat wees as hy sou sê “Ek glo dat God bestaan, want sekere dinge in my lewe lyk vir my na Sy werk.”

Eintlik is die gelowige en die ateïs ewe irrasioneel en dikwels ook ewe hardkoppig. Immers is dit net so onwetenskaplik en onbuigsaam om te sê “Ek weet daar is geen god nie.” Hoe kan enigiemand so iets sê as jy dit nie kan bewys nie, dis immers nie Kersvader of die Paashaas waarvan ons praat nie, maar ‘n baie meer abstrakte konsep? Wanneer die agnostikus dus sê “Ek weet nie of daar ‘n god is nie, dalk is daar, dalk is daar nie” dan is dit die mees rasionele verklaring. Tog, die vrees wat reeds tydens die kinderjare ingeprent word, maak dit ontmoontlik vir die meeste gelowiges om ooit die rasionele standpunt in te neem. Deels om daardie rede, asook die hoop dat daar iets beter as hierdie lewe moet wees, is baie, ook die uwe,  gelowig. Geloof het dikwels bittermin met liefde vir God te make en baie meer met vrees.

Sulke eksistensiële vrese is meer waarskynlik by mense wat reeds in ‘n omgewing leef waar ‘n eksistensiële krisis beleef word, soos tans met die Afrikaner die geval is. Wanneer ons voorgeslagte ook sulke krisisse beleef  het, soos die Bosoorlog, die 1976-onluste, die twee Vryheidsoorloë, Bloukrans, Bloedrivier, Dingaanskraal, die Oos-Grensoorloë en nog vele ander konflikte, kan godsdiens die kulturele verstekpunt raak om krississe op die geestelike vlak te hanteer. Binne ‘n groter gebalanseerde benadering is dit nie verkeerd nie. Die vrees vir die goddelikheid, vrees vir eie mortaliteit ens. kom by meeste gelowiges voor, en dis normaal, maar by sommiges raak dit oorheersend. By diegene waar die gesonde dosis vrees deur ‘n oormaat daarvan vervang word, word hul geloof, opsigself, daardeur omvorm. Hulle raak obsessief oor die letter van die Woord en wil alles om hulle daarby maak inpas. Soos met enige obsessie verloor hulle kontak met die werklikheid. In ekstreme gevalle word ‘n hele land deur so ‘n bestel oorgeneem, dus ‘n teokrasie. Iran is ‘n voorbeeld van so ‘n rampspoedige implementering van godsdienstige obsessie.

Geloof opsigself is nie die probleem nie. Dít, tesame met gesonde verstand, kan selfs die oplossing wees. Bloedrivier is ‘n uitstekende voorbeeld van hoe gesonde verstand en geloof ons tot redding gebring het. Die probleem is wanneer gelowiges se absolutisme oorheersend raak, waanneer daar geen buigsaamheid rondom enige konsepte meer bestaan nie. Laasgenoemde is die obsessie waarna in die vorige paragraaf verwys is. Die godsdienstige absolutisme begin dan elke aspek van hul  gedagtewêreld oorneem, tot die punt dat selfs die politiek daarvolgens in die vorm van ‘n teokrasie bestuur moet word. Dikwels hou dit ook verband met persoonlikheidstipes. Hierdie persoonlikheidstipe gedy veral in regse politiek, en soos reeds met die Argentynse ervaring bewys is, kan dit tot ‘n volk se ondergang lei as hulle die oorhand verkry. Afrikaners het deur hul geskiedenis ‘n oormaat aan hierdie tipes. Immers stam ons tot groot maat uit sulke mense, die Hollanders wat vir dekades lank teen die Spanjaarde geveg het, die Hugenote, ens. Die voordeel van hierdie persoonlikheidstipes is dat hulle meer geredelik teen ‘n onderdrukkende regime sal rebelleer. Die nadeel is dat hulle onder ekstreme druk moet verkeer voordat hulle as ‘n eenheid saamwerk, dikwels te laat. Hulle onenigheid met hul volksgenote kan handeling in die wiele ry met ‘n gevolglike oorwinning vir die vyand.

Hul harkoppigheid, soos met die Argentynse Afrikanersetlaars, en dus hulle onvermoë om aanpassings terwille van eenheid te maak, ruïneer die kanse op oorlewing as ‘n kultuur. Hulle is soos die Amerikaanse spreekwoordelike floo floo bird, wat gepas deur WA de Klerk as die “vlie-vlie-voël” vertaal is. Die vlie-vlie-voël wat alewig agteruit vlieg is ‘n metafoor vir die een wat so ingekeer op sy eie idees is, dat hy geensins kan uitreik na diesulkes wat anders as hy dink nie. Aan die einde het die vlie-vlie-voël se agteruitvlieëry so erg geraak dat hy met sy kop deur sy agterent gevlieg het. Dit is ‘n gedagtegang wat tot selfvernietiging lei. Is dit waarmee die Afrikaner- teokratiese beweging besig is?  Is mense soos Christo Landman se fundamentalisme en hardkoppigheid besig om Afrikanereenheid en dus kultuuroorlewing in die wiele te ry? Dink die teokratiese beweging werklik dat Afrikaners bereid sal wees om in ‘n godsdienstige diktatuur te leef? Sê daarvan wat jy wil, maar niemand kan ontken dat Afrikaners sekere menseregtelike vryhede in die NSA gesmaak het wat hulle nie onder die NP-bewind gehad het nie. Of, is Christo Landman en die res van die teokratiese beweging deel van die ekstremistiese Israelvisietipes wat glo dat mense nie regte het nie, maar net verantwoordelikhede teenoor God? Glo my, Afrikaners sal eerder in die haglike NSA bly, of na Australië emigreer, voordat hulle by sulke sektariese malligheid sal inkoop.

Die teokratiese beweging moet nou aan Afrikaners verklaar of hulle te onbuigsaam is om met Afrikaners van verskillende geloofs- en filosofiese sieninge saam te werk. Wil hulle ons volk in ‘n Calvinistiese weegawe van Iran indwing? Indien dit die geval is, is hulle deel van die probleem en nie deel van die oplossing nie. Sulke verkramptheid sal ons volk se ondergang kos. In ons krisis is onbuigsaamheid ‘n vorm van selfmoord. Uiteindelik sal ons nes die Afrikaners in Argentinië in die volksvreemde massa verdwyn, maar ek glo dat dit vir die teokratiese fundamentaliste ‘n beter opsie is, as om buigsaam teenoor volksgenote  te wees.

интернет магазины игрушек украинаДанильченко Харьков

Wat het van Kenmekaar-byeenkoms geword?

Praag, op navraag is ek meegedeel dat die Kenmekaar-byeenkoms van Afrikanerorganisies wat vir Saterdag 7 Augustus in Pretoria beplan is, onbepaald uitgestel is.

 

Die doel van die konferensie was glo om gedagtes te wissel oor die beplande verkiesing vir ‘n eie Afrikanerowerheid volgende jaar.

Ek wou die vergadering bywoon as verteenwoordiger van Vrydenk Afrikaner Sekretariaat (VAS) maar kon geen inligting daaroor op die VVK-webblad kry nie. Daar was vroeer inligting oor waar en hoe, maar dit is blykbaar verwyder.

Ek het navraag by sekere instansies probeer doen, maar geen antwoord gekry nie, maar toe by iemand wat eintlik ook net een van die organisasies verteenwoordig, gehoor dat die byeenkoms uitgestel is. Volgens die inligting het sekere organisasies – glo veral uit die Vystaat en Kaapland – aangedui dat hulle nie bereid is om so ‘n byeenkoms by te woon nie tensy die vestiging van ‘n toekomstige volkstaat as ‘n teokrasie die enigste kwessie is wat bespreek sal word. M.a.w hulle is nie bereid om met organisasies te gesels wat nie ‘n teokratiese volkstaat voorstaan nie.

Kan diegene wat met die kwessie gemoeid was – ek glo Christo Landman was een van hulle – asseblief vir ons bevestig dat bogenoemde standpunt die rede vir die uitstel is?

строить банюФильчаков

Oppas vir Google!

Google was onlangs in die nuus oor hulle sogenaamde “Streetview”-diens, waar all strate en geboue (private huise inkluis) gefotografeer word.

Dit kan dan besigtig word op webwerwe soos www.vpike.com.

Veral in SA is dit ‘n omstrede kwessie, omdat kriminele die inligting kan misbruik om misdaadbeplanning mee te doen.

Wat nou op die lappe gekom het is egter veel meer kommerwekkend. Die sogenaamde “Google Streetcars”, oftewel motors met gemonteerde kameras wat op en af in ons strate ry om die fotos te neem, is stilletjies met WiFi netwerkafluisterapparaat toegerus.

Terwyl die Google Streetcar stadig in die strate op en af ry, word inligting terselfdertyd ingesamel op mense se private draadlose netwerkstelsels. Die toerusting lees die naam (SSID) van die draadlose netwerk, sowel as MAC adresse van die ‘router’ en rekenaars daaraan gekoppel. Die Google spioenasie-apparaat probeer om op netwerke in te kom, en is gewoonlik suksesvol as die router se enkripsie en brandmure afgeskakel is.

Waar die router se sekuriteitvlakke laag was (geen enkripsie) het Google dan inligting gegaps en geberg, bv eposse wat mense gestuur het, kommentaar wat gelewer was op Facebook, blogs en webwerwe.

In Australie, Hong Kong, die VSA en verskeie lande in Europa is daar tans ‘n hengse storm aan die broei oor wat presies Google met die inligting wil aanvang. Hong Kong het Google vir etlike maande verbied om rond te ry, en het hulle nou gedwing om die onwettig-bekomde inligting uit te vee.

Soortgelyke inisiatiewe is van stapel geloop wereldwyd. Eers het Google dit ontken, maar het later beken en jammer gesê nadat hulle op heterdaad betrap is.

Google se verskoning is tweeledig. Ten eerste hulle probeer wifi routers identifiseer sodat dit as ‘waypoints’ gebruik kan word om selfone en mobiele rekenaars se koordinate mee te bepaal; en ten tweede hulle het kastig “per ongeluk” die programmatuur ingesluit in hul afluister-apparate wat dan mense se persoonlike inligting versamel.

As IT-deskundige het ek al op verskeie geleendhede skynbaar nietige, onbenullige dinge opgemerk wat Google aanvang, wat opsigself nikkseggend is, maar in die groter perspektief uiters kommerwekkend kan wees. Google maak dit bv baie moeilik om eposse wat met Gmail gestuur en ontvang is, uit te wis.

Hulle bied ‘n massale Gmail kapasiteit aan – 7 tot 10Gb per epos rekening, heeltemaal gratis.

Hoewel mens kan inlog op jou web-gebaseerde Gmail rekening en epos uitwis, maak hulle dit baie moeilik om te doen. Self gebruik ek Outlook om my Gmail-rekeninge te hanteer, maw epos te stuur en af te laai via Gmail. Jy kan Gmail stel om nie epos wat gestuur is of ontvang is, te berg nie maar om dit eerder dadelik uit te wis. Gaan loer egter ‘n rukkie later en jy sal sien al die posse sit steeds daar, en moet met moeite uitgewis word. Gmail steek selfs die “deleted items” leer weg en jy moet soek daarvoor as jy hom wil leegmaak.

Begin jy om epos uit te wis, kom ‘n Gmail boodskap op dat dit nie nodig is om jou eposse uit te wis nie, omdat jy so baie stoorspasie het! Ekself het derduisende posse in my inbox en sent items, maar kan slegs 100 eposse op ‘n slag uitwis – met groot moeite en tydsame gesukkel.

Vra jouself af – wat wil Google met jou epos maak? Die antwoord is dat hulle “bots” (klein inligting-versamelingprogammetjies) stuur deur jou epos, om te lees en data te versamel deur sekere sleutelwoorde te identifiseer.

Databasisse word dan geskep op gebruikers, die onderwerpe in hul eposse, epos adresse word gekollekteer en gebêre.

Netwerk-verbande word dan geskep tussen mense wat met mekaar korrespondeer, wat dan deur forensiese analiseprogramme gejaag word om sosiale verbintenisse te ontbloot. Dis alles goed en wel, maar kan ons Google glo dat hulle slegs die inligting gebruik en aanwend om demografiese profiele te skep vir uitsluitlik bemarkingsdoeleindes? Wat as Google die inligting beskikbaar maak aan regerings wat om hul beurt dit wil aanwend om politieke teenstanders lam te lê? Kan Google hiermee vertrou word?

Google se korporatiewe slagspreuk is “Do No Evil”. Hulle geskiedenis met betrekking tot bv Kommunistiese Sjina, waar hulle heel gretig saamgewerk het om Sjinese internet gebruikers te weerhou om polities sensitiewe webwerwe te besoek is skandalig en wys hoe maklik hulle die knie buig voor diktatoriale, totalitêre regimes.

Oor die jare het Google baie nikseggende dinge aangevang wat privaatheid-behepte mense die harnas ingejaag het. As mens egter al hierdie oenskynlik toevallige dinge in ag neem, vorm daar ‘n groter prentjie wat lelike implikasies inhou. Google se jongste eskapades om op private huis- en kantoornetwerke te spioeneer is maar nog ‘n rede om baie lig te loop vir hierdie Internet reus.

 

poker moneyлобановский александр игоревич харьков

‘n Ope uitnodiging tot gesprek aan FW de Klerk

Dit was nog altyd vir my onverstaanbaar hoekom u aan ons Afrikanervolk gedoen het wat u gedoen het en wil hiermee u uitnooi om in gesprek te tree en aan ons te verduidelik sodat ons as volk ook kan verstaan.

Ons onbegrip lê by onvermoë om te verstaan wat het ons verkeerd gedoen of nie gedoen nie wat u genoop het om ons uit te lewer aan die swartmense in Afrika?

Hoe voel u in retrospek daaroor?

Hoe voel u oor ons land se wanordelike verval?

Hoe voel u oor ons mense wat so uitgemoor word?

Hoe voel u oor ons kinders wat in substandaardskole opgevoed word?

Hoe voel u oor ons voorvaders se arbeid en geskiedenis wat vernietig word en is?

Hoe voel u oor oor n kwart van ons Afrikaners wat nou gereduseer is tot ‘n plakkerskampbestaan?

U is op die allerminste, dit aan ons verskuldig as u ‘n eerbare man is soos ons gedink het u is – per slot van rekening betaal ons Afrikanervolk nog u  maandelikse pensioen aan u elke maand.

yeella.comФильчаков прокурор

ANC wil rugby-inkomste beheer

Ek wonder aan wie behoort die nuwe stadion in Kaapstad waar daar nou rugby gespeel gaan word. Is dit nie ‘n manier van die ANC om ten volle beheer oor die inkomste te verkry nie en sodoende ook rugby stelselmatig in te skakel en te beheer deur ‘n toekomstige kommunistiese regime nie? Les bes, moet die ANC se stadionne betaal word. Dit is tog immers wat nou met die Blou bulle en Leeus gebeur!

Ek sal graag wil hoor wat sê Herman daarvan.

купить липецк техно вектор 7 3d 2-х камерныетопкарго отзыв

ANC kelder kernkrag vir onafhanklike Kaap

In die Spaanse hawestad Santander, lê ‘n superswaar 400MW staaltenk van 300 miljoen Rand, spesifiek klaar gemaak vir Kaapstad se eerste korrelkernreaktor.

Minister Marthinus van Schalkwyk het nog die groenlig vir bogenoemde gegee.

Die 400MW reaktortenk was vir Koeberg bestem, as ‘n eerste van vier tot agt identiese kragmodules, vir ‘n totaal van 1600MW tot 3200MW.

Die getoetste heliumturbine vir Kaapstad was ook reeds bestel. Die kragaanleg sou geen tussenstoom gebruik nie, en uiters energie-efffektief wees.

Die modulêre kernkragreaktore sou Kaapstad en Tuinhuis se energie-afhanklikheid van Transvaal via Tswhane verbreek het.

Kaapstad en provinsie sou dus ekonomies onafhanklik en polities kompeterend parallel tot Pretoria kon funksioneer.

Toe dit ANC dit besef, het hulle sonder seromonie die wêreld se mees suksesvolle kernkragprojek summier gekelder.

Die DA wat die Kaapolonie regeer, het tot dusver nog geen openbare protes aangeteken nie.

игры для детеи 6 летлобановский политик

Die linie van my volk

My belangstelling in Afrikaner-volkskunde het so 20 jaar gelede ontstaan. Toe, nes vandag, was daar baie menings oor wie en wat ‘n Afrikaner nou eintlik is. Ek merk toe dat al die verskeidenheid van definisies en beskrywings een ding in gemeen het: ‘n politieke vertrekpunt. Die liberale Afrikaanse wou die volk definieer op grond van taal, die konserwatiewe Afrikaner wou die volk definieer op grond van ras. 

Volkskunde is die wetenskaplike studie van ons volk se etniese eienskappe en sluit in die ondersoek na volksherkoms, volksgeskiedenis, volkstaal, volkskultuur, ensomeer. In volkskunde word daar onderskei tussen dit wat ‘n volksproduk is en dit wat ‘n beskawingsproduk is. Met ander woorde, die maak van rieme is tradisioneel en ‘n volksproduk, maar leerlooiery is ‘n beskawingsproduk. Volksgeloof is spookstories, beskawingsgeloof is kerklike geloof.

Wanneer jy jou eie volk bestudeer, is die grootste probleem jou subjektiwiteit. Die groot voordeel is dat jy “binne kennis” het, jy weet hoe jou mense dink en voel. Daar is ook ‘n tydsbeperking van toepassing. Die volk is deurgaans in ‘n proses van verandering, wat vandag “tipies” is, is more verouderd. Die beskrywing van ‘n etniese groep is dus gewoonlik van hoe daardie groep ‘n geslag (sê maar 25 jaar) gelede was. Die mees onlangse beskrywing waarvan ek bewus is, is omstreeks 30 jaar gelede gedoen, dus beskryf dit hoe die volk 50 tot 60 jaar gelede was.

Daar is volkseienskappe wat streng gesproke beskawingsprodukte is maar wat wel ‘n invloed het op ons eiesoortigheid. Byvoorbeeld ons kleredrag is vandag nie meer so formeel soos 50 jaar gelede nie en is ook, moontlik weens klimaat, sigbaar anders as wat populêr in Europa is.

Ek merk op dat daar veranderings in ons volk plaasgevind het sedert ek in die vroeë 1960’s op hoërskool was. Dit wat toe ‘n gegewe was, is nie meer so nie. Daar is veral drie terreine waar ek sulke veranderings opmerk.

Wanneer daar met Engelse (of ander Europeërs) ondertrou is, sê maar voor die Anglo-Boereoorlog, het die egpaar of verafrikaans of verengels. Toe ek op skool was, was dit nog so. Daar was ‘n groot onderskeid tussen kinders in Afrikaanse en Engelse skole, ons het nie sosiale kontak met mekaar gehad nie en het gesukkel met mekaar se tale.

Die diensplig stelsel het dit verander. Jong mans is saamgegooi in dieselfde omstandighede en moes met mekaar klaarkom en saamwerk. Vriendskappe het ontstaan en daar is met mekaar se sussies ondertrou. Op ‘n stadium het ek gemeen dat ‘n derde blanke groep, Suid-Afrikaanse Blankes – wat nog Engels nog Afrikaans is – ontstaan het. Tog loop ek deesdae heelwat Engelssprekendes raak wat hulleself as Afrikaners beskou. Iemand het eenkeer gesê: We came with different ships, but now we are in the same boat.

Een van die unieke eienskappe van ons volk is familiale verweefdheid. Verlangs is ons almal familie van mekaar. ‘n Tweede eienskap van ons volk is lotsgebondenheid: ons het ‘n gemeenskaplike verlede, hede en toekoms. Vandag vind ons talle Afrikaners wat hulle bande met die volk verbreek, Engelssprekendes (veral die meer welgesteldes in die groot stede) wat nog steeds op ons volk neersien, maar dan ook Afrikaans- en Engelssprekendes wat hulle met ons volk identifiseer.

Ons stamouers het almal tot een stand, die middelklas behoort. Iewers in die loop van die 20 ste eeu het ons ook sosiale stande gekry: ‘n laer klas, ‘n middelklas en ‘n hoër klas. Toe ek op skool was, was persone soos die dominee, die prokureur en die posmeester hoog geag en het hulle groot invloed gehad in die Afrikanergemeenskap. Kultuurorganisasies se leiers het die elite geword.

Dit het ook nou verander. Toe ons hierdie kultuur- en gemeenskapsleiers nodig gehad het om ons te waarsku teen die Nasionale Party se verraad, het hulle ons in die steek gelaat. Die hoër klas word nie meer gerespekteer nie. Die siening dat dominee of professor beter weet, is besig om te verdwyn. Oral hoor mens dat die volk niks wil weet van politieke- en kultuurorganisasies nie.

Terselfdertyd is ons arm volksgenote ‘n groot kopseer. Hulle is nie net volksgenote nie, hulle is ook verlangs familie. Ons kan nie koud staan oor hulle lotgevalle nie, maar ons is ook magteloos en kan weinig vir hulle doen. Selfs al sou ons more selfbeskikking in ‘n volkstaat kry, gaan dit nie onmiddelik die probleem oplos nie. Talle is swak geskoold en sal volwasse onderrig en opleiding moet kry. Ander se moed is gebreek en hulle selfrespek sal herbou moet word. Terselfdertyd sal ons in ons eie volk ‘n ongeskoolde werksmag moet kweek van mense wat bereid is om huisbediendes en tuinwerkers te wees. Daar sal ‘n denksprong by werkgewers en werknemers moet kom wat sulke werk eerbaar maak en waarin sulke werkers selfrespek kan hê.

In 1902 was 99% van alle Afrikaners waarskynlik lidmate van die susterkerke. Toe ek op skool was, was pinksterkerke reeds goed gevestig. Ry vandag deur ons dorpe en voorstede en jy sien kerke wat nie voorheen bestaan het nie. Waar die lidmaatsrekords van kerke vroeër ‘n goeie aanduiding was van die volk se kerklike meelewing, is dit vandag nutteloos. Mense bedank nie formeel uit een kerk en sluit dan formeel by ‘n ander aan nie, hulle stem met hulle voete. Daar is ook baie mense wat hulleself as Christene beskryf, maar uitdruklik sê dat hulle nie aan ‘n kerkgenootskap behoort of wil behoort nie.

Neem ons die Angus Buchan-verskynsel in ag, lyk dit of Afrikaners se geestelike behoeftes nie voldoende in hulle kerke en deur hulle dominee’s en pastore bevredig word nie. Kerklike tug het nie meer effek nie en mense het groot vryheid om te glo en doen soos hulle goedvind. Deur middel van die internet en boeke kom mense ook met idees in aanraking wat hulle aantrek. Lees ons verder die kommentare van Praag-lesers, hoor jy godsdienstige sienings wat vir jou vreemd is. Hoe beskryf mens die godsdienstige situasie onder ons volk?

Ek sou raai dat die meeste Afrikaners steeds protestants is en die beginsel van sola scriptura onderskryf. Ek kry ook die indruk dat daar ‘n beduidende groep is wat wel ander literatuur hoog aanslaan en dit opbouend vind. Dit is duidelik dat tradisionele opvattings besig is om vervang te word met nuwe opvattings. Ons vind ook dat geestelike leiers vandag faal in hulle taak en dat daar ‘n groot behoefte bestaan aan korrekte leiding wat ware behoeftes aanspreek.

Ons sal eers oor 25 jaar ‘n meer betroubare beskrywing kan gee van hoe ons vandag is. Wat ons wel weet, is dat dit wat ons vandag dink, besluit en doen gaan bepaal hoe ons in die toekoms gaan wees. Daar rus op vandag se volwassenes ‘n verantwoordelikheid ten opsigte van die kinders en ongebore nageslagte. Iewers in die toekoms gaan ons beoordeel word op grond van die hede. Gaan ons in ons volksaard groei en sterker word of gaan ons agteruitgaan en ons eiesoortige volksidentiteit verloor?

Hier sal elke een van ons standpunt moet inneem en dienooreenkomstig moet optree.

Ons Teudiese (Germaanse in die taalkunde) voorouers het ‘n strydkreet gehad:

Kyk! Ek sien die linie* van my volk!

Kyk! Ek staan tussen hulle!

* “linie” is al die geslagte – van die vroegste tye tot in die verre toekoms.

баня хамам фотоАлександр Фильчаков прокурор

Mandela, lekker verjaar maar onthou jou nalatenskap

‘n Mooi gewone dag waarop mense werk toe gegaan het om hulle brood te verdien in Kerkstraat, Pretoria, toe jou ANC-bom se oorverdowende knal n sekonde deur stilte en toe die gekerm en gegil van dié wat nog leef opgevolg is.

Die nalatenskap van ‘n eerstewêreldland wat jy deur verraad en leuens bekom het en binne ‘n skrale 16 jaar op sy knieë gebring en vernietig is.

Toegelaat het deur jou stilswye dat derduisende blankes vermoor, verkrag en vertrap geword het.

Jou eie swart mense tienvoudig verarm is.

Lekker verjaar, mnr Mandela, maar geen dank vir jou nalatenskap nie.

курна для хамама ценаФільчаков прокурор

Stilte voor die storm

Vanoggend moet ek my voertuig neem vir sy beplande diens. Dit is koud vanmore; ek ry haastig sodat ek betyds my weg terug kan vind werk toe. Ek is net so ‘n blok of twee van waar ek werk. So ek loop sommer terug. Na die afgee van my voertuig, durf ek my stappie terug deur die geniepsige koue aan. Dit is steeds pikdonker, my pad terug loop onderdeur ‘n brug wat sowat 30 meter lank is.

By die ingang van die brug verhinder die verblindende rook my om te sien wat daar wegkruip. Rondom gestrooi lê daar baie vullis. Dit stink, iets wat mens nie sal verwag in dié buurt nie. Dit is die enigste paadjie wat ek nou kan stap, dus vat ek maar die kans en begin stap onderdeur die brug. Soos ek deurstap, verbaas ek my hoe die boemelaars daar toegeneem het. Maande terug was daar sowat vyf, nou lê daar ongeveer dertig. Toegevou onder plastiek en papier. ‘n Brandende vuur gloei liggies deur die gate van ‘n drom. Dit ruik skerp, hulle brand plastiek vir hulle bron van hitte; daar is mos nie hout in die stad om te brand nie, dink ek. Ek stap versigtig deur, hoor hoe ‘n man en vrou met mekaar praat, hulle hou mekaar vas. Hulle beleef die groot depressie soos ons dit nog nie ken nie.

Soos ek stap, voel ek hartseer. Ek wens ek kon iets doen, maar daar is so baie, dit is moeilik. My gedagtes dwaal verder soos ek stap. Ek vra myself af: waarom help die regering nie sulke mense nie, ons was bevoorreg toe die apartheidsjare hier was. Die werkloosheid en armoede het die nuwe mense mos oor ons gebring. Ek onthou as kind kon ‘n plaaswerker of onsself na enige hospitaal toe gaan en mens is soos in vandag se privaathospitale bedien, nooit weggewys nie. Ons was arm, dus het ons baie op die regering se subsidies staatgemaak, vir skole, dokters, ens. My pa het selfs vir die staat gewerk, maar die regering was goed vir almal, wit en swart. Dit was veilig in die strate, mense het kos gehad; die anargie wat ons vandag sien, was ongekend.

As mens begin dink, begin mens wonder, as mens begin wonder begin mens jou omstandighede ondersoek. Ek wonder toe: vandag betaal ons ten duurste vir alles, individueel. Niks bruikbaar vir ons is meer op die regering se onkoste nie. Ons betaal mos uit ons sakke direk medies, sekuriteit, vervoer, paaie, basiese dienste, die lys kan aangaan. Nou is die groot vraag; Wat kry ek terug vir die groot porsie van my salaris, wat ek hard voor werk, en net so elke maand aan die regering oorhandig?

Is ons besig om ‘n parasitiese Stalin-regering te onderhou waarby ons volk geensins baat nie? Dít wat hierdie regering vir die blanke teruggee, kan ons miskien met ‘n breukdeel van ons belastinggeld self onderhou. Die regering gebruik ons hard verdiende geld vir partytjies, luukse motors en flambojante lewenstyle. Ons finansier ‘n stelsel wat teen ons eie kinders diskrimineer.

Ek lees graag van ‘n kontroversiële ekonoom in Amerika, Peter Shiff. Hy is vele male uitgejou oor sy doemprofeet-voorspellings oor Amerika se finansiële toestand. Ongelukkig vir Amerika is sy analise haarfyn akkuraat sover gewees. Hulle het hom uitgelag toe hy beweer het dat Amerika ‘n finansiële krisis binnegaan; hy was reg tot op die jaar. Hulle lag hom weer uit omdat hy voorspel dat daar ‘n totale ineenstorting van die Amerikaanse dollar wag. Hulle vermy alle gevaartekens. Net soos hier, verf die liberale ‘n pragtige prentjie op die vrot eier se dop.

Sy voorstelling bring my by die volgende punt: hy reken die belastingbetaler werk om die regering te onderhou. Is dit nie presies wat hier besig is om te gebeur nie, werk ons nie soos slawe om hierdie geldhonger regering te onderhou nie? Hy verneem die rede vir Amerika se bankrotskap is die feit dat hulle geld leen met die verwagting dat die belastingbetaler dit terug moet betaal. Sien ons dit vandag in ons land ook?

Ek haal Peter Shiff graag aan: “I think the workers benefited dramatically from the transition from an agrarian economy to an industrial economy. We eliminated women labor in the country, child labor, because of capitalism. You know the reason – you know, my grandmother didn’t have to work because my grandfather didn’t have to pay any taxes. She was free to take care of eight kids, because that’s what she wanted to do. But today, very few women have the choice to be stay-at-home moms. They are now back in the workforce. Capitalism lifted them out of the workforce but big government bureaucracy, high taxes and the social welfare state – that’s the reason now that so few women, and men for that matter, can choose not to work. They have to work to support the government.”

Hy sê nie ons moet nie belasting betaal nie. Sy punt is onder andere: vir elke sent belasting wat jy of ek betaal, behoort jy ‘n ooreenkomstige diens terug te kry. Iets waaroor jy besluit;  dit is tog jou geld wat jy vir ‘n ander mens gee om te bestuur. Ons is gekondisioneer om onder die dekmantel van “regering” te aanvaar dat geld van die werkende mens afgeneem word en geen sigbare diens of verantwoordelikheid hoef te toon nie. Die onlangse verslag van R1,5 miljard wat van ons geneem is en gebruik is vir hulle eie geriewe is ‘n mooi voorbeeld van mnr. Shiff se stellings.

Alles kom ongelukkig teen ‘n duur prys. Shiff sê as mens die ware toestand van ‘n land se ekonomie wil uitvind, klop aan by die middelklasbelastingbetaler, hoor hoe hy voel. Ek weet nie van u nie, maar op dié stadium voel ek bedruk. Ek persoonlik dink die prys wat ons gaan betaal vir die regering se onderhoud, gaan besonder duur wees. Dit het tyd geword dat ons nie-liberale Afrikaners ‘n regering skep wat vir ons werk en nie andersom nie. Dit het tyd geword dat ons nie-liberale oues van dae, die professore, doktors, regters en hooggeleerdes en gerespekteerde manne opstaan vir hulself en hulle kinders se toekoms.

Ons het ons volkskap met bloed gekoop. Gaan ons geslag hierdie Afrikaner-Boerevolk tot niet maak omdat ons nie kon opstaan nie? Die tyd om ons volk opnuut te herbou, het daadwerklik aangebreek.

tops online comФільчаков Олександр Васильович прокурор

Die Afrikaner het ‘n kultuurprobleem

Ek het ‘n B.Soc.Sc-graad in bedryfsielkunde en sosiologie aan Kovsies verwerf. Inaggenome die voortdurende ongewapende stryd van die Afrikaners wil ek net graag my mening lug en dalk vir u ‘n sinvolle opinie gee.

My Portugese oupa was die seun van ‘n Portugese vise-admiraal. Ons het al die ervarings wat julle nou deurmaak beleef alhoewel ons dit in ‘n baie korter tyd deurgemaak het. My oupa was die stadsklerk van Moçâmedes/ Namibe voor die oorgawe. Aan my ma se kant was my oupa ‘n Wallieser wat jonk dood is aan longkanker (waarskynlik weens slawearbeid in die Walliese steenkoolmyne). My oupagrootjie aan my ma se kant was ‘n Vrystaatse kommandolid wat vermoedelik eers oorgegee het nadat sy twee kinders dood is in Britse sorg (in die konsentrasiekamp).

Ek het maar tweede jaar staatsleer gevolg, maar my doesente het ingesluit dr Natie Luyt, dr Andre Duvenhage en Roy Jankelsohn.

Die grooste struikelblok in u stryd is die Afrikanerkultuur.

Uit ‘n sielkundige en sosiologiese oogpunt het die “Afrikanerkultuur” verskeie swakpunte. Die kultuur is gegrond op autokratiese sosiale en familielewe, ‘n redelik streng geloofsopvoeding en konstante druk om tot die groep se normes en waardes te konformeer.

Slegs ‘n besef van die doetreffende metodes om binne die politieke stryd die doel te bereik sal die korrekte en effektiewe optrede tot gevolg hê. Geen groep gaan sy belange beskerm en doelstellings bereik sonder effektiewe massabewuswording en -protes nie.

Die Afrikanerkultuur verskil van die Boerekultuur in dié sin dat konformering en groepsidentiteit die bydrae van die individu versmoor. Die antieke Grieke het geglo in uitgesproke debat; die moderne Afrikaners vind sulke debat onwenslik. Die Afrikaner sal sy denkwyse en kultuur moet aanpas by die konsep van ‘n bevrydingstryd. Sonder die bewuswording van die rol van kultuur en die verskeie optredes en funksies wat ‘n bevrydingstryd vereis, sal massamobilisering nie plaasvind nie. Afrikaners het nie die kultuur waaroor die Franse, Iere en ander Europese volke beskik nie. Die Afrikanerkultuur is ongelukkig baie leiersgerig en amper Messiaans.

Sonder die vestiging van ‘n besef en kultuur van individuele verantwoordelikheid en vermoë sal vordering nie na wense wees nie. Verantwoordelikheid itv die rol van die individu en die belangrikheid van protes en aksie.

‘n Groot geleentheid bestaan vir die Afrikaner wat betref samewerking met ander Europese groepe binne Suid-Afrika en oorsee. Die Afrikaners moet hul aandag fokus nie net op die binnelandse stryd nie, maar ook op die vestiging van bande met Europa. Inligting en propoganda wat steun in die buiteland werf, kan deuslaggewend wees net soos dit was tydens die Tweede Vryheidsoorlog en die Ierse onafhanklikheidstryd.

vampire school gameФильчаков прокурор харькова

Vaarwel, Afrikaner

Dan Roodt se artikel Vir ‘n nuwe kultuurpolitiek verg indringende ondersoek en kommentaar.

Alhoewel ek meeste van sy ontledings volmondig ondersteun, kry ek tog die idee dat hy nie die gietvorm van Afrikanernasionalisme wil agterlaat nie.Wat is die sin van nasionalisme in ‘n land wat jy nooit weer kan regeer nie? Om nog verder te gaan, wat is die sin van nasionalisme( of nasiebou) in ‘n land wat niemand meer suksesvol kan regeer nie?

Die laaste 200 jaar is ons voorgeslagte deur twee eras:

a) Die Boere-era wat met die Groot Trek begin en met die 1914-rebellie geëindig het.

b) Die Afrikaner-era wat die enigste roete na selfrespek in ‘n Britse kolonie nl. die Unie van Suid Afrika was. Die hoofdoel van die Afrikaner-era was om die Nederlandssprekende Kaapse koloniste (Cape Dutch) weer in die hoofstoom te betrek. (Onthou Hertzog is in die naam van Afrikanernasionalisme die wildernis ingedryf). Dit was die era van die Nasionale Party, die Broederbond, die N.G. Kerk en Naspers.

Ja, ons het met staatsmanne soos Hertzog en Verwoerd begin, maar kyk waarmee het ons geëindig: Pik Botha, F.W.de Klerk, Eugene de Kock en Roelf Meyer.

Daarteenoor was die Boere-era ‘n heroïese tyd wat met mense soos De Wet en De la Rey geëindig het. Hierdie era is slegs beëindig deur Britse volksmoord en om die Cape Dutch te akkomodeer.

Die Boere het ‘n ander kultuurgeskiedenis en lewensfilosofie as die Cape Dutch gehad. Die Cape Dutch het Afrikaans ontwikkel om met slawe en bediendes in die kombuis te kommunikeer, terwyl die Boere Afrikaans ontwikkel het om met mekaar vinniger te kan kommunikeer in gevaarlike situasies in hul strewe na vryheid.

Die Groot Trek het Calvinisme en die Reformasie die wildernis ingedra deur Hendrik Potgieter, maar ook die Verligting deur Piet Retief. Die Cape Dutch daarteen het getroue onderdane van koningin Victoria geword en deur hul kerk, die N.G.Kerk, die Voortrekkers ten sterkste veroordeel. Die N.G. Kerk wou hierdie groep “agterlike boere” nie eers van ‘n leraar voorsien nie.

Dit kom dus as geen verassing dat die Cape Dutch vandag verkies om deur ‘n Brits koloniale party, die DA, regeer te word nie.

Praag het onlangs ‘n veelseggende kommentaar op ‘n artikel deur Dawie van Die Burger “Hoeveel onse in jou pond?” gepubliseer. Daarin stel Dawie dit onbedoeld dat “onse Afrikaanse mense” en regse Afrikaners lankal nie meer een volk is nie.

Regse “Afrikaners” mors geweldig energie en tyd om met “onse Afrikaanse mense”, die hedendaagse Cape Dutch, in debat te tree, en die frustrasie van Dan Roodt is verstaanbaar.

Die begrip “Afrikaner” het sinoniem met rugstekery en verraad geword, vandaar dat geen Afrikanerleier meer vertrou word nie.Die rede is voor die hand liggend: dr. D.F. Malan het mense bymekaar gebring wat kultuurhistories nie by mekaar hoort nie. Hierdie mense is m.b.v. Naspers in ‘n kraal gehou deur vrees, eers swart gevaar, toe rooi gevaar en nou wit gevaar.

Terwyl Suid-Afrika toenemend ‘n falende staat word (ek hoor gister ons werkloosheid is nou die hoogste in Afrika suid van die Sahara), is dit nie tyd dat ons as “Boere” ‘n ontsnaproete soek i.p.v om met “onse Afrikaanse mense” in ‘n steriele debat betrokke te raak oor Afrikaner/Afrikaanse/Suid-Afrikaner of oor taalbeleid op Stellenbosch nie.

Praag het ‘n prysenwaardige rol gespeel om die saak van die Boere internasionaal te stel; ons Boere wil egter vir Dan Roodt as ‘n Boer verwelkom. Kom deel saam met ons die mistiek van Boer-wees, jy hoef nie ‘n plaas te besit daarvoor nie.

светодиодные лампы москватопкарго отзыв

Jan-Jan Joubert se nuwe laagtepunt

Enigiets om die sirkulasiesyfers van n tanende Rapport op te skuif. Dié gedagte kom onwillekeuring na vore met Joubert se artikel vandag in Rapport waarin hy verwys na n JC van der Walt se boek “Zululand True Stories”.

Tegelykertyd onbreek die manmoedigheid. Pleks van man te staan vir sy artikel verontskuldig hy homself deur  te sê dat die “boekeredakteur” (redaktrise Jan-Jan?)  Anastasia de Vries hom gevra het om die boek te resenseer.

Verder beweer Joubert dat Boere swart kinders gevang het as slawe – wat die vraag laat ontstaan, om wat mee te doen, en wat het van die slawe daarna geword dat dit die geskiedenisboeke 350 jaar ontduik het?

Die Britse heersers in die Kaapse Kolonie het wel swartes uitgevoer en as slawe dwarsoor die bekende wêreld van die hand gesit. Die bronne van hierdie “geskiedenis” se oorsprong kan hoogs waarskynlik spruit uit Zoeloeverhale waar die storievertellers nie kon onderskei tussen Brit en Boer nie – daar beide blank was.

Dus is dit vermoedelik voorbarig van Joubert om hierdie stories tot geskiedkundige feite te verklaar waarop hy dan sommer as “outoriteit” in gekiedenis aannames maak dat die Afrikaner nou moet verstaan en  voorstel dat die Afrikaner hom nie vir sy voorouers se vergrype hoef te skaam nie.

Hierdie tipe van vergryp is eie aan die Britte; dis ‘n geskiedkundige feit at Boerevroue en – kinders soos diere in draadkampe aangehou is.

Joubert as geskiedkundige “outoriteit” laat egter na om te noem hoe die Boervroue verkrag is deur die Britte en hulle swart helpers. Dis ook ‘n bewese feit aangaande die Zoeloes is dat hulle blanke kinders aan hulle voete gegryp het en hulle skedeltjies teen die wawiele vergruis het – n wreedheid wat 350 jaar later nog nie verander het nie.

By voorbaat sal die inhoud soos geresenseer deur Jan-Jan Joubert my oortuig dat die boek van JC van der Walt nie die moeite werd is om te lees nie.

обработкаАлександр Фильчаков Васильевич