Arbeidsonrus, goedkoop krag voed kragkrisis

Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, sê daar is ‘n gebrek aan reserwekrag en Eskom sukkel om in die elektrisiteitsvraag te voorsien.  Daar is tans net 49 dae se steenkoolvoorraad oor.

Werkers by Exxaro, die land se naasgrootste steenkoolprodusent, staak ook tans. ‘n Koeberg-eenheid is reeds weke lank buite werking weens ‘n tegniese probleem en kragdrade van die Cahora Bassa-projek is in vloede beskadig.

Produksie is as gevolg hiervan met 22% verminder. 

Die groot Hillside I-kontrak van 1993 tussen BHP, die ANC en president Mandela wat Eskom se surpluskrag goedkoop beskikbaar gestel het, lê egter aan die wortel van Suid-Afrika se kragkrisis. Daarna het Mozal 1, Hillside II, Mozal II en Hilside III gevolg om die land verder op sy knieë te dwing.

Suid-Afrika is ‘n ontwikkellende land met ‘n groeiende industrie, mynbou, bevolking en dus elektrisiteitsaanvraag.

Die rand kan skerp daal weens die moontlikheid van hernude kragonderbrekings in Suid-Afrika.

Peter Attard Montalto, ‘n Nomura-ekonoom in Londen, verwag dat die geldeenheid tot R9,95 teenoor die dollar kan val as die gebeure van 2008 ‘n maatstaf is, het Sake24 berig.

Suid-Afrika sal bes moontlik na beurtkrag moet terugkeer soos in 2008, toe huishoudings en nywerhede in donkerte gehul was.

Die rand het met 15% getuimel in die eerste kwartaal van 2008 nadat ‘n tekort aan steenkool en onderhoud aan kragaanlegte tot beurtkrag gelei het.

Ons geldeenheid het Maandag teen 13:30 naby R9,17 verhandel. Die rand het tot dusver vanjaar met 8% teenoor die dollar gedaal, die swakste vertoning uit 25 geldeenhede in die ontluikende markte.

Nie alleen die arbeidsonrus nie, maar die grootste tekort op die lopende rekening in vier jaar, ‘n groter wordende begrotingstekort en die moontlikheid dat Suid-Afrika se kredietgradering weer hersien kan word, plaas die geldeenheid onder druk.

Arbeidsonrus brei uit na steenkoolmyne

Werkers het by Anglo American se Kleinkopje-steenkoolmyn begin staak terwyl die arbeidsonrus in die sektor uitbrei.

Dit volg na onwettige stakings by vyf myne wat aan die mynreus Exxaro behoort. Beleggers is bekommerd dat dit ‘n herhaling is van betogings wat die ekonomie verlede jaar geskud het.

‘n Woordvoerder van Anglo American, Moeketsi Mofokeng, sê die maatskappy is in gesprek met die NUM om die geskil op te los. ‘n Langdurige onderbreking by Anglo en Exxaro se myne kan die reeds wankelende kragverskaffing in die land verder knou.

Die rand het tot R8.18 teenoor die dollar teruggesak terwyl die nuus oor die stakings beleggers verder ontstel het.

Die rand het ook tot sy laagste vlak in vier jaar teen die dollar gedaal nadat data getoon het dat daar ‘n groter as verwagte tekort in die lopende rekening is, wat druk uitoefen op Suid-Afrika om meer beleggings te trek.

Die tekort op die lopende rekening het verlede jaar tot ‘n rekord R197 miljard opgeskiet.

ANC verwelkom begroting

Pravin Gordhan, die minister van finansies, se begrotingstoespraak het Woensdag goed by die regering se ontwikkelingsplanne ingeskakel, het die ANC gesê.

“Ek is baie bly dat ons nou begin om syfers te sien wat toegeken word aan ‘n program wat oor ‘n periode van tyd ontwikkel het,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Gordhan het gesê sy 2013-begroting is deel van die implementering van die nasionale ontwikkelingsplan.

Mantashe het gesê die bestedingsyfers vir onderwys, behuising en gesondheid skakel goed in by die regerende party se planne om die ekonomie te laat groei.

Hy het bygevoeg dat dit verblydend is dat die regering nie op verbruik spandeer nie, maar eerder op beleggings vir die toekoms.

Burgers moenie bekommerd wees dat die begrotingstekort verby die 40% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) is nie. Gordhan het in sy begrotingsrede gesê dat die begrotingstekort tot 4,6% van die BBP sal verbreed.

“As jy in infrastruktuur belê, neem die tekort toe. Jy mors nie daardie geld nie. Jy sit dit in om die kapasiteit van die ekonomie te laat toeneem en om die enjin van die ekonomie te vergroot vir die toekoms,” het hy gesê.

Oor die regering se poging om korrupsie te beveg, het Mantashe gesê: “Julle sal resultate sien wanneer julle dit wil sien. Die probleem met ons in Suid-Afrika is dat ons soms nie vooruitgang raaksien nie. Ons is altyd op die uitkyk vir die negatiewe.”

Terwyl motoriste hulle reeds staal vir ‘n skerp verhoging in die brandstofprys wat in Maart verwag word, het minister Pravin Gordhan in sy begrotingsrede aangekondig dat petrolprysheffings ook verhoog sal word.

Die algemene brandstofheffing sal van 3 April af met 15c per liter styg, terwyl die Padongelukfondsheffing met 8c per liter sal styg.

Die nuus sou selfs slegter gewees het: Die staat sou die brandstofheffing met 22,5c verhoog, maar ‘n heffing van 7,5c wat in 2010 ingestel is om te help betaal aan die nuwe brandstofpypleiding tussen Durban en Gauteng, sal van 2 April af nie meer van krag wees nie.

Die staat se inkomste uit brandstof word jaarliks in April aangepas, terwyl die kleinhandelprys van petrol en die groothandelprys van diesel op ‘n maandelikse basis verander na gelang van internasionale marktendense.

Soos verwag sal onderwys die grootste deel van hierdie jaar se begroting kry.

Byna een kwart van die totale 2013/14-begroting van R1,15 biljoen sal op onderwys spandeer word.

Altesaam R232,5 miljard is opsy gesit vir die departemente van basiese onderwys, hoër onderwys en opleiding en kuns en kultuur.

Die besteding vir die 2013/14 finansiële jaar word as volg verdeel:

– R164 miljard vir basiese onderwys;

– R28,7 miljard tersiêre onderwys;

– R20,1 miljard vir beroeps-en voortgesette onderwys

– R10,6 miljard vir onderwysadministrasie; en

– R9,1 miljard vir ontspanning en kultuur.

Die toename in besteding op onderwys sal 5% hoër wees as verlede jaar.

Kenners het vroeër voorspel dat Gordhan moontlik die hoogste marginale koers na 42% sou verhoog, maar dié koers bly op 40% vir mense met ‘n belasbare inkomste van meer as R638 601 per jaar.

Kategorieë vir persoonlike inkomstebelasting en kortings is egter gedeeltelik aangepas om onder andere inflasie in ag te neem.

Die primêre korting is van R11 440 na R12 080 verhoog. Die drempel wanneer ‘n persoon aanspreeklik is vir inkomstebelasting word dus verhoog van R63 556 tot R67 111 vir individue onder 65 jaar.

‘n Drempel van R104 611 geld vir mense tussen 65 en 74, terwyl die drempel vir belastingbetalers ouer as 74 nou R117 111 is.

Belasting op toegevoegde waarde (BTW) sal nie verhoog word nie, en maatskappybelasting bly op 28%.

Petrolskok kom

‘n Ekonoom sê gebruikers kan ‘n groot skok te wagte wees wanneer petrol volgende maand na verwagting met 80 sent per liter kan styg.

Lulu Krugel, ‘n ekonoom by KPMG, sê die internasionale olieprys neem toe, terwyl die rand verswak. Sy meen ‘n toename in brandstofpryse is dan onvermydelik.

“… Ons kyk moontlik na ‘n verhoging van 87 in petrol… Diesel sal rondom 60 tot 65 sent wees. Dinge lyk glad nie goed nie.”

Krugel sê verlede maand se petrolverhoging is deur dieselfde faktore veroorsaak; ‘n toename in die internasionale olieprys en ‘n swakker rand.

Фильчаков прокурор отзывы

Absabaas haar bonus kwyt na swak vertoning

Maria Ramos, hoof van Absa, sal haar kontantbonus moet verbeur nadat die groep se winsvertoning aansienlik swakker was as wat verwag is, berig Sake24.

Absa se wins vir die afgelope jaar het met 13% gedaal weens ‘n styging in slegte verbandskuld.

Die groep se netto inkomste het tot R8,39 miljard geval, vergeleke met R9,67 miljard die vorige jaar. Verdienste per aandeel het tot R12,27 gedaal – laer as ontleders se verwagting van R12,57.

Die groep het in ‘n verklaring gesê meer verbandlenings en finansiering vir handelseiendom moes afgeskryf word. Dit was die hoofrede vir die swakker winsvertoning, volgens Absa. Sy dividend het onveranderd gebly op 684c.

Volgens Ramos is die resultate “teleurstellend” en is die groep se wins swakker as Absa se eie mikpunt. Ramos verwag dat Absa se kredietverliese “aansienlik” gaan verbeter vanjaar.

Ramos se bonus het in die vorige boekjaar R14 miljoen beloop. Haar totale pakket was amper R21 miljoen in 2011.

лобановский александр отзывы

ANC gaan rekeninge van FNB skuif

Die ANC wil sy rekeninge by FNB sluit en na Postbank skuif, het die Sunday Times berig.

Die besluit is in Desember tydens die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung geneem, omdat die party meer “bekostigbare” bankkostes wil betaal.

Die party het gesê dit moet op voorwaarde geskied dat die staatsbeheerde bank sy banklisensie in ‘n handelsbanklisensie omskep.

“Ons is besig om ons aansoek af te handel en indien dit suksesvol is, sal Postbank ‘n handelsbank word,” het

Shaheen Adam, waarnemende besturende direkteur van die bank, gesê.

Meer as een miljoen ANC-lede deponeer hul jaarlikse ledefooi in die party se bankrekening by FNB.

Die ANC en sy geaffilieerdes het verlede maand FNB se jeug-advertensieveldtog gekritiseer en sê dit was ‘n aanval op die regering.

Александр Фильчаков прокурор

Petrolprys weer op

Die petrolprys gaan na verwagting met meer as 40 sent per liter in Februarie styg.

Ekonome sê daar word verwag dat diesel sowat 17 sent meer per liter sal kos en paraffien met 24 sent per liter gaan styg.

Die rand het die afgelope tyd teen die Amerikaanse dollar gedaal weens negatiewe opvattings oor Suid-Afrika, terwyl die prys van Brent ru-olie tot sowat 115 dollar per vat gestyg het.

Volgens RSG se Ekonomiese redaksie sal die styging die besteebare inkomste van verbruikers verder onder druk plaas.

Die verwagte brandstofprysverhoging sal na verwagting effens druk op die inflasiekoers plaas. Die Departement van Energie sal die nuwe brandstofprys Vrydag amptelik aankondig.

лобановский класс харьков

ANC dreig Anglo met mynregte

Anglo American en Susan Shabangu, minister van minerale bronne, het mekaar getakel omdat die mynreus beplan om duisende platinum-mynwerkers af te dank.

Amplats, Anglo se platinumfiliaal, aangekondig het dat hy van 14 000 van sy 59 000 werkers in Rustenburg ontslae gaan raak.

“Anglo het die land teleurgestel deur by te dra tot ons werkloosheidsprobleem. Ons beskou dit as ‘n maatskappy wat eensydig en met minagting optree,” het Shabangu Dinsdag by ‘n mediakonferensie gesê.

Amplats produseer 40% van die wêreld se platinum. Die ANC het in ‘n verklaring gesê Anglo se besluit is “sinies” en “gevaarlik”. Die regering dreig nou om die toekenning van mynlisensies te hersien wat kan beteken dat die maatskappy sy regte van 2010 kan verloor.

Shabangu het gesê Amplats het haar nie behoorlik geraadpleeg oor die afdankings nie en dit noop ‘n ondersoek na dié stap.

Werkers by Anglo American Platinum in Rustenburg in Noordwes het geweier om ondergronds te gaan na afleggings ingevolge die herstruktureringsproses aangekondig is.

‘n Verteenwoordiger van die werkers, Gaddhafi Mdoda, sê die stakers gaan vandag met die mynbestuur probeer vergader. Amplats het gister aangekondig dat hy ook beplan om vier skagte te sluit, en een van sy myne te verkoop.

Die National Union of Mineworkers het vroeër gesê hy sal alles in sy vermoë doen om te help om duisende werkgeleenthede by Amplats te red.

Die NUM se hoofsekretaris, Frans Baleni, sê daar is ‘n alternatief om werkgeleenthede by die wêreld se grootste platinumprodusent te red.

Hy sê hulle sal moet kyk na maniere om die skagte te red deur dit aan klein operateurs sonder reuse korporatiewe kostes aan te bied. Hy sê die kwessie om skagte meer winsgewend te maak, sal ook bekyk moet word.

Die rand het aansienlik teenoor die vernaamste geldeenhede geval met buitelanders wat van hulle Suid-Afrikaanse bates ontslae geraak het, terwyl die werksverliese wat deur Anglo American Platinum aangekondig is, die moontlikheid laat toeneem van nog stakings.

Die rand het gister laatmiddag teen agt-rand-80 teenoor die dollar verhandel. Die geldeenheid is in ‘n mandjie van 20 opkomende markte, die swakste presteerder.

Amplats se nuus is nog ‘n terugslag vir die land nadat die kredietagentskap – Fitch – Suid-Afrika se kredietgradering verlede week afgegradeer het en maatskaplike en politieke spanning as redes aangevoer het.

Данильченко Юрий отзывы

SEB lei tot korrupsie, sê Cronin

Jeremy Cronin, adjunkhoof­sekretaris van die SAKP, het gesê swart ekonomiese bemagtiging (SEB) lei tot korrupsie. Cronin het hom in Desember op die ANC-kongres nie vir die party se nasionale uitvoerende komitee verkiesbaar gestel nie.

Cronin het gesê daar was geen sprake van SEB voor 1994 nie. “Deel van die skuld vir korrupsie moet voor die deur van die ANC of minstens deels voor die deur van die ANC gelê word.”

Cronin, adjunkminister van openbare werke, het Sondag tydens die Joe Slovo-gedenklesing in Soweto gesê die beleidsbesluit is eers ná 1994 geneem om die invloed van die SAKP te troef en om sekere individue persoonlik te verryk.

“Die SEB-besluit het vir sommiges in die ANC en die regering twee voordele gehad: Dit het tot persoonlike verryking gelei en dit het as ‘n teenmiddel teen die SAKP- en Cosatu-alliansievennote binne die beweging gedien.”

Cronin het al voorheen omstrede uitsprake oor SEB gemaak. Volgens Cronin is die nasionalisering van myne bloot ‘n manier om SEB-maatskappye uit hul skuldprobleme te red.

In 2010 het hy gesê die teikens vir swart eienaarskap in die mynbedryf belemmer ekonomiese groei en dit moet laat vaar word. Ware bemagtiging behels belegging in nuwe ontwikkelings en SEB-transaksies skep nie werk of infrastruktuur nie, volgens Cronin.

“Ons moet ons ekonomie op ‘n ander, meer gelyke ontwikkelingsweg plaas, een wat die kritiese en deeg­like hersiening van SEB-beleid insluit.”

Om korrupsie in Suid-Afrika hok te slaan, is ‘n hersiening van SEB nodig, het hy gesê. “Dit sluit in dat openbare amptenare verbied moet word om by die private sektor betrokke te wees.

“Hulle moenie sakebelange hê nie. Die staat se verkrygingsprosedures moet ook opgeskerp word.

“Die verklarings van belange deur werknemers van die staat en senior openbare amptenare moet opgeskerp en verbeter word.”

 

Фильчаков прокурор отзывы

Fiskale ooreenkoms gaan VSA ‘vernietig’

Nadat Republikeine hul eise vir bykomende bestedingsinkortings laat vaar het om die “fiskale afgrond” te vermy, het die Huis van Verteenwoordigers ‘n ooreenkoms met die Demokrate bereik. Hulle het met 257 teen 167 ten gunste van die wetsontwerp gestem.

Vroeër het die Huis se Republikeine hul teenkanting teen die maatreëls uitgespreek.

Kritici van die wetsontwerp sê dat die ooreenkoms nie werklike bekommernisse aanspreek nie. “Baie van die skuld, 16 triljoen dollar is waardeloos, dit moet nie eens betaal word nie. En ons bespreek watter soort van inkortings ons moet maak,” het Lawrence Freeman, redakteur van die Intelligence Review Magazine, aan RT gesê.

Capital Hill moet moet fokus om die risiko van hiperinflasie in 2013 te vermy, sê Freeman.

“Jy weet dat hierdie maand, in Januarie, gaan Bernanke, die voorsitter van die Federale Reserweraad, stappe neem wat sal lei tot hiperinflasie. En beide partye ondersteun dit,” het Freeman verduidelik.

Dus is “die belastingvraag ‘n pseudo-kwessie” het die ontleder gesê. “Die vraag is watter soort krediet jy gaan beskikbaar stel vir belegging in infrastruktuur, in werk en energie en in die herbou van New York en New Jersey. Die regering het die vermoë om krediet vir openbare kredietprojekte te genereer. “

Daarsonder sê Freeman, sal miljoene Amerikaners in armoede bly leef.

Die deskundige waarsku verder dat “hierdie hiperinflasie-beleid van Bernanke ondersteun word deur beide Republikeinse en Demokrate, en sal die Amerikaanse ekonomie vernietig soos ons nou sien in Europa, in Griekeland en Spanje.”

топкарго развод

Pinky sny ‘n lyn

Telkom-aandele het met byna 4% gedaal na nuus dat die maatskappy se vyfde hoof uitvoerende beampte in sewe jaar, Nombulelo “Pinky” Moholi, gaan bedank.

Die aandele het effens herstel deur die middag, met ‘n 3% verlies op sy opening prys, maar reaksie op Moholi se bedanking is een van kommer oor die toekoms van Telkom.

Moholi was die eerste swart vrou aan die hoof van ‘n genoteerde telekommunikasie-maatskappy by die Johannesburgse Aandelebeurs nadat sy in die posisie aangestel is in April verlede jaar. Sy het waarnemende hoof Jeffrey Hedberg vervang, wat in 2011 besluit het om nie sy kontrak te hernu nie.

Sy het voorheen gewerk vir Telkom as hoof van verkope en bemarkingsbeampte, en daarna ‘n paar jaar by Nedbank, voordat sy na Telkom teruggekeer het as besturende direkteur en uiteindelik aangestel is as uitvoerende hoof.

Aandele in Telkom het byna 40% tot dusver vanjaar gedaal, ‘n duidelike aanduiding van ‘n gebrek aan beleggersvertroue. Die situasie sal waarskynlik nie verbeter nie in die lig van gerugte van voortgesette regering inmenging.

Telkom se R449 miljoen boete by die Mededingingstribunaal, ‘n mislukte poging om uit te brei in Nigerië, en ‘n onsuksesvolle bod vir 20% van die semistaatsinstelling Korea Telecom. Voeg daarby die swak prestasie van die semistaatsinstelling.

Telkom moet ‘n “waardige opvolger” vir “Pinky” Moholi, uitvoerende hoof van die maatskappy, vind, het Solidariteit gesê.

“Moholi is een van die paar Telkom- uitvoerende hoofde wat oor die afgelope jaar bedank het…” het Marius Croucamp, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Hy het bygevoeg dat Moholi se bedanking “tot verdere onstabiliteit in die maatskappy [sal] lei.”

“Solidariteit is bekommerd oor wie die leisels by Moholi gaan oorneem, aangesien haar opvolger weer stabiliteit in die maatskappy moet vestig.”

Фильчаков прокурор

Maatskaplike toelaes styg

Oor die volgende drie jaar sal nog ‘n miljoen Suid-Afrikaners op maatskaplike toelaes begin staatmaak vir ‘n inkomste, het Pravin Gordhan, die minister van finansies, gesê.

Gordhan het in sy mediumtermyn-begrotingsoorsig in die parlement gesê die aantal mense wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, sal teen 2015/16 styg tot 17,3 miljoen. Tans ontvang 16,1 miljoen mense maatskaplike toelaes.

Toelaes vir kinderonderhoud sal volgens die minister se verslag die grootste styging toon en 12,2 miljoen ouers sal oor drie jaar op die staat se hulp aangewese wees om hulle kinders te ondersteun.

Die aantal pensioenarisse en oorlogsveterane, wat nou 2,8 miljoen mense is, sal tot net oor die 3 miljoen styg.

In dieselfde tydperk sal die aantal gestremdes wat van toelaes afhanklik is, tot 1,1 miljoen daal.

Gordhan het voor sy parlementsrede die media toegespreek en negatiewe kritiek veroordeel. Hy het gesê te veel mense, veral uit die buiteland, lewer kommentaar wat buite orde is en dra geen kennis oor ons situasie nie.

Gordhan sê Suid-Afrikaners en die internasionale beleggingsgemeenskap moet besef daar is nie ‘n “ramp op pad om ons te tref nie”.

“Ons het uitdagings maar daar is geen rede vir die oormatige pessimisme en negatiwiteit wat ons sien en hoor nie. Ons het al heelwat erger as dit oorleef.”

Фильчаков прокурор отзывы

China slaan kontrak vir lokomotiewe los

Die regering het ‘n kontrak aan ‘n Chinese konsortium CSR Zhuzhou Electric Locomotive (CSR), toegeken om 95 elektriese lokomotiewe te bou.

Die lokomotiewe sal deur Transnet se vragvervoer ingespan word, het Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, verklaar.

CSR sal saam met Matsetse Basadi, ‘n Suid-Afrikaanse sakeonderneming, die bou van die lokomotiewe onderneem. CSR besit 70% en Matsetse Basadi die res.

Die lokomotiewe sal glo tussen Desember 2013 en September 2014 gelewer word.

Die eerste tien lokomotiewe sal in CSR se fabrieke in China vervaardig word, en die res plaaslik. Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n hoë plaaslike inhoud vereis en plaaslike verskaffers moes 60,5% van die totale waarde van die kontrak hou.

Die lokomotiewe is deel van Transnet se beleid om vragvolume binne sewe jaar van 201 miljoen ton per jaar tot 350 miljoen ton te verhoog. Die maatskappy belê tans R300 miljard in ‘n beleggingsprogram van sewe jaar.

Nog kontrakte vir die vervaardiging van 465 diesel-lokomotiewe en 599 elektriese lokomotiewe sal aanstons bekend gemaak word.

данильченко юрий брониславович прокурор

Rand val, Brics bly

Maandag het die Rand teenoor die dollar verswak tot R9 voordat dit herstel het na R8.93 teen die middaguur.

“Die krag van jou geldeenheid gee jou die rigting waarin kapitaal vloei,” sê Chris Hart, strateeg by Investment Solutions. “En ‘n swakker rand beteken dat kapitaal uit die land vloei.

“En dit kan net die begin wees. Maar my kommer is nie dat dit buitelandse beleggers is nie, maar plaaslike beleggers”, het Hart gesê.

Die staking by Lonmin se Marikana-myn in die Noord Wes wat 46 mense dood gelaat het, asook onbeskermde stakings by meer as 20 myne regoor die land en selfs ‘n beskermde staking in die vervoersektor het harder geslaan as wat aanvanklik verwag is.

Eise mik na die 22%-loonverhoging soos by Lonmin, en selfs hoër. Daarmee gaan mededingendheid ‘n groot terugslag in die volgende paar jaar beleef, sê Hart.

Die veerkragtigheid van die Rand word gereeld aangehaal deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêrebeleidskomitee in sy besluit om die terugkoopkoers te hou of te sny. Maar die geldeenheid het nou sy rieme styfgeloop.

En ‘n swakker rand bevorder inflasie, terwyl loonverhogings waarskynlik sal lei tot werkverliese.

Hart het gesê daar kom ‘n verskuiwing weg van arbeidskoste, wat eerder na die gehalte van arbeid sal kyk. “Met die kostestygings van 30% tot 40%, moet daar produktiwiteit wees wat daarmee saamgaan.”

Die retoriek tussen die Bricslande, die EU en Amerika kan dalk warm raak, omdat die EU steeds kollektief die grootste ekonomie in die wêreld verteenwoordig, en ekonomiese interafhanklikheid ‘n werklikheid is, maar die feit bly dat die ontluikende lande sterker groei sal toon as die sukkelende VSA en Europa wat met ‘n resessie worstel.

Suid-Afrika, soos Brasilië en Indië, is reeds afhanklik van China wat die Weste as grootste handelsvennoot vervang het. Groei in China met verhoogde looneise is stadiger en sal daarom die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief beïnvloed, maar aan lewenskragtigheid sal China minder inboet as die demografiese puinhoop van Europa.

Die groot verhaal van ons eeu wat stadig besig is om te ontvou, sal ongetwyfeld die politieke invloed van die Ooste wees. Dis ‘n ekonomiese gegewe.

лобановский депутат