Die petrolprys gaan na verwagting met meer as 40 sent per liter in Februarie styg.
Ekonome sê daar word verwag dat diesel sowat 17 sent meer per liter sal kos en paraffien met 24 sent per liter gaan styg.
Die rand het die afgelope tyd teen die Amerikaanse dollar gedaal weens negatiewe opvattings oor Suid-Afrika, terwyl die prys van Brent ru-olie tot sowat 115 dollar per vat gestyg het.
Volgens RSG se Ekonomiese redaksie sal die styging die besteebare inkomste van verbruikers verder onder druk plaas.
Die verwagte brandstofprysverhoging sal na verwagting effens druk op die inflasiekoers plaas. Die Departement van Energie sal die nuwe brandstofprys Vrydag amptelik aankondig.
