VN-sekretaris-generaal bekommerd oor Zimbabwe

Die hoof van die VN Ban Ki-moen het gister sy uiterste kommer uitgespreek oor die situasie in Zimbabwe op die vooraand van die komende presidensiële uitklopverkiesing, het sy woordvoerder gesê.

Volgens Michele Montas het Ban gesê dat die huidige geweld, intimidasie en arrestasie van opposisieleiers nie versoenbaar met geloofwaardige verkiesings is nie.

Ban het bygevoeg dat indien herdie toestand sou aanhou, die legitimiteit van die verkiesing in die gedrang sou wees.

Die Verenigde State het ook vir verdere druk op Zimbabwe gevra om vrye en regverdige verkiesings te hou. Die minister van buitelandse sake Condoleezza Rice het die VN en Afrikaleiers gemaan om sodanige druk op Zimbabwe toe te pas.

отзывы о светодиодныхФільчаков Олександр Васильович прокурор

Obama stook rassegevoelens in Frankryk op

ImageVolgens die Franse koerant Le Monde, begin 'n nuwe rassebewussyn voelbaar in Frankryk raak.

Dis nie net vanweë die snel veranderende demografiese werklikhede van die land nie, maar ook vanweë die waarskynlike Demokratiese kandidaat vir president van Amerika, Barack Obama.

Die artikel in Le Monde van 'n paar dae gelede beskryf hoe Obama die hoop onder swartes in Frankryk laat opvlam. Selfs om die woord noir in Frans, wat swart beteken, te sien was vir hulle verbasend aangesien rasse-identiteite nie in Frankryk ooit genoem word nie.

Die afgelope naweek is 60 motors verbrand en ongeveer 50 mense van kleur het met die polisie en brandweermanne baklei waarvan verskeie beseer is. Die onluste het in die arm swart buurt van Vitry-le-François in die Marne-streek in die noordooste van Frankryk plaasgevind.

instagram promotion sitestopcargo отзывы сотрудников

Iran verwerp kernkragvoorstel

Image'n Kernkragvoorstel deur die vyf permanente lede van die Verenigde Nasies-veiligheidsraad tesame met Duitsland het Sondag geen formele reaksie van Iran ontlok nie.
 
Die groot moondhede het aangebied om te help bou aan ligtewaterreaktors, om wetlik afdwingbare waarborge vir kernbrandstofvoorrade te verskaf en om saam te werk met gebruikte brandstof en radioaktiewe afval in ruil vir die opskorting van uraanverryking deur Iran.

Die Iranese president Magmoed Agmadinedjad, het die voorwaardes verwerp.

Iran sal 'n maand gegee word voordat nuwe EU-sanksies ingestel sal word, wat teen die land se grootste bank, Bank Melli, gerig is. Die VSA mag 'n vlootblokkade van Iranese skepe in die Persiese Golf oorweeg.

Rusland en Sjina staan strenger sanksies teen.

мультик куклы барбиОлександр Васильович Фільчаков

Eerste wettige huwelik van dieselfde geslag in Kaliforni

Kalifornië het vandeesweek sy eerste wettige huwelik tussen mense van dieselde geslag gesluit.

Die burgemeester van San Francisco Gavin Newsom het gesê dat Kalifornië die toon aangee in 'n neiging wat uiteindelik die Amerikaanse nasie gaan oorrompel.

In die meeste state in die VSA is sulke huwelike egter onwettig. In die komende verkiesing in November sal Kaliforniërs egter geleentheid hê om huwelike tussen dieselfde geslag te beëindig.

Teenstanders wil die staat se grondwet verander na November indien hulle sou slaag, om 'n huwelik as dié tussen man en vrou te definieer.

Konserwatiewe Christene het belowe om die kiesers te oortuig om homoseksuele huwelike te beëindig.

topodin.comДанильченео

SA Poskantoor deur Amazon geswartlys

Die hoë voorkoms van diefstal van die Suid-Afrikaanse Poskantoor het veroorsaak dat die Amerikaanse internetkleinhandelaar Amazon alle lewerings per pos na die land gestaak het.

Voortaan sal verbruikers wat op die internet inkopies doen 'n allamintige R420 ekstra vir 'n privaatkoerrierdiens moet betaal.

Volgens die Johannesburgse dagblad Business Day, maak dit Suid-Afrika die muishond van Afrika aangesien gaan ander posdiens op die vasteland deur Amazon op die swartlys geplaas is nie, behalwe Nigerië se standaarddiens. Amazon vertrou egter steeds Nigerië se spoedpos.

Selfs voor die aankondiging het Amazon geweier om waardevolle items deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor te stuur, ook vanweë gereelde diefstal.

брюки джинсовые для девочекtopcargo отзывы

Bygewerkte Firefox probeer w?reldrekord opstel

ImageBedieners het gister in duie gestort toe miljoene mense van regoor die wêreld probeer het om die nuwe weergawe van die gratis webblaaier Firefox af te laai.

Volgens die makers van die program bevat Firefox 3 wel 15 000 verbeterings en is dit beskikbaar in vyftig tale, waaronder Afrikaans.

Die hoof van Mozilla, die vervaardigers van Firefox, sê dat hulle baie trots op die nuwe program is en dat dit aantoon wat 'n betrokke, energieke globale gemeenskap kan vermag wanneer hulle saamwerk.

Mozilla poog ook om die Guinness-wêreldrekord vir die grootste aantal afgelaaide programme binne 24 uur te verbeter, iets wat die bedieners nie kon hanteer nie. Maar intussen is die probleem opgelos en is die webblaaier beskikbaar by www.getfirefox.com.

лестницы наДанильченко Юрий отзывы

Raak ontslae van die koningin

ImageDie British International Express berig dat 'n VN-aanbeveling om van die koningin van Engeland ontslae te raak, woede in die Britse paleis veroorsaak het.

Die VN-menseregtekommissie sê die Verenigde Koninkryk moet dit oorweeg om 'n referendum te hou oor die wenslikheid, aldan nie, van 'n geskrewe grondwet, verkieslik 'n republikeinse grondwet.

Paleisbeamptes het hul verbasing oor die opmerking uitgespreek.

Hulle sê dat die Britse koningin die fokus van nasionale eenheid, identiteit en trots is.

Die koninklike kommentator Robert Lacy sê die VN-aanbeveling toon 'n volslae gebrek aan begrip vir die Britse stelsel, omdat die parlement te eniger tyd die wet kan verander en die monargie kan afskaf.

'n Referendum is nie nodig om van die koningin ontslae te raak nie.

чистка air flow до и послеДанильченко Юрий прокурор

Raak ontslae van die koningin

Die British International Express berig dat 'n VN-aanbeveling om van die koningin van Engeland ontslae te raak, woed in die Britse paleis veroorsaak het.

Die VN-menseregtekommissie sê die Verenigde Koninkryk moet dit oorweeg om 'n referendum te hou oor die wenslikheid, aldan nie, van 'n geskrewe grondwet, verkieslik 'n republikeinse grondwet.

Paleisbeamptes het hul verbasing oor die opmerking uitgespreek.

Hulle sê dat die Britse koningin die fokus van nasionale eenheid, identiteit en trots is.

Die koninklike kommentator Robert Lacy sê die VN-aanbeveling toon 'n volslae gebrek aan begrip vir die Britse stelsel, omdat die parlement te eniger die wet kan verander en die monargie kan afskaf.

'n Referendum is nie nodig om van die koningin ontslae te raak nie.

детскіє ігриtopcargo отзывы сотрудников

Klimaatsverandering veroorsaak konflik

Die hoof van die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap het gister gesê dat klimaatsverandering veroorsaak dat groot getalle mense uit hul huise gedwing word.

Die aantal burgerlikes wat deur konflik ontwortel word, is besig om te styg. In 2007 het die totaal met meer as drie miljoen gestyg.

Hierdie syfers sluit nie diegene in wat deur natuurrampe of as gevolg van armoede ontwortel word nie. Dit toon slegs die aantal mense wat van konflikte af wegvlug, wat gevegte oor toenemend skaars hulpbronne soos water mag insluit.

Die agentskap het gesê dat die internasionale gemeenskap om allerlei redes gekonfronteer gaan word met ‘n versnelde aantal mense wat rondbeweeg.

Soos wat klimaatsverandering, ‘n globale ekonomiese verlangsaming, konflik en vervolging mekaar stimuleer, gaan dit toenemend moeilik wees om diegene wat op vlug is te kategoriseer.

купить воронеж прочий инструменталександр лобановский харьков

Afrika maak op selfone staat vir bankwese

ImageIn die ontwikkelende wêreld wag mense vir die koms van selfoonbankwese of m-bankwese, om te vergoed vir die volslae gebrek aan takke in landelike gebiede

Vele inwoners van Afrika wat in landelike gebiede bly, moet staat maak op geld wat hulle familie van dorpe en stede terugbring.

Slegs enkele persent van Afrika se bevolking van 950 miljoen het ‘n bankrekening, maar die dramatiese groei in selfone in Afrika het die potensiaal om die Afrika-ekonomie te transformeer.

Daar is nou etlike duisende kere soveel telefone soos kontantoutomate en Orange Money, M-Pesa, Monitise en Wizzit is maar enkele van die maatskappye wat tans die winsgewende selfoonbankmark op die vasteland verken.

сайт детской одеждыДанильченко Юрий Брониславович компромат

Frankryk kan nie meer sy weermag bekostig nie

ImageNicolas Sarkozy beplan om na die NAVO-beheer terug te keer en sal aansienlike inkortings van militêre en burgerlike verdedigingspersoneel vandag aankondig.

Frankryk het die grootste weermag van die Europese Unie, maar gaan voortaan nader aan die Verenigde State beweeg. Die nuwe Franse verdedigingsbeleid halveer feitlik die aantal troepe wat gevegsgereed is van 50 000 tot 30 000 en beoog die sluiting van vier van Frankryk se permanente basisse in Afrika.

Die fondse vir militêre satelliete gaan egter verdubbel word, aangesien daar nou ‘n sterker klem op inligting geplaas gaan word.
‘n Nuwe staatsveiligheidsraad sal by die Elysee-paleis ingestel word en Bernard Bajolet is aangewys as die nasionale inligtingskoördineerder.

‘n Wetsontwerp oor die saak sal binnekort aan die parlement voorgelê word.

www slots gamesЛобановский Харьков

Prys van ru-olie daal na nuwe rekord gister

Die prys van ru-olie het gister tot 'n historiese rekord van $140 per vat gestyg maar het vandag in die Verre Ooste gedaal te midde van onsekerheid oor 'n belofte van Saoedi-Arabië om produksie op te stoot, sê handelaars.

 

In oggendverhandeling gister in New York het die hooftermynkontrak, ligte soet ru-olie vir lewering in Julie, 14 sent gedaal tot 134,47 dollar per vat. Dit het voorheen 'n rekordvlak van $139,89 behaal.

Londen se Brent-Noordsee-ru-olie vir lewering in Augustus het 11 sent gedaal tot $134,60, nadat dit gister op $134,71 gesluit het. Die kontrak het vroeër 'n rekord van $139,32 behaal.

Spekulasie op die mark is geweldig net voor Saoedi-Arabië se buitengewone spitsberaad vir olieproduserende en –verbruikende lande wat Sondag in Jedda gehou sal word om die hoë oliepryse te bespreek.

печиАлександр Фильчаков Васильевич

Skollie-rap beeld Brittanje se nasionale identiteit uit

Image'n Hip-hop-groep wat bekend staan as ZooNation sal Brittanje en Londen se nasionale identiteit uitbeeld tydens die sluitingseremonie van die Olimpiese spele in Beijing. Die volgende gasheerstad vir Spele kry gewoonlik agt minute om 'n konsert gedurende die sluitingseremonie aan te bied.

Brittanje se poging op die 24ste Augustus sal kunstenaars van ZooNation, 'n stedelike dansgroep, vertoon. Die groep het bekendheid verwerf vir 'n musiekblyspel in die Weseinde wat skollie-rap, asook 'n koppelaar vir prostitute wat deeltyds met dwelms smous, bevat.

Die keuse het sommige kommentators teleurgestel wat meen dat hip-hop onlosmaaklik met die VSA verbind word en nie die Verenigde Koninkryk verteenwoordig nie.

Ander soos Alistair Spalding van Sadler's Wells-dansteater, het gesê dat dit 'n positiewe keuse is en 'n aspek van Londen weerspieël waaraan die meeste mense nie dink nie – 'n multikulturele stad met 'n lewendige jeugkultuur.

free bet withoutФильчаков прокурор харькова

Ontvoer vir was en stryk

'n Italiaanse man is gearresteer op 'n klag dat hy sy vorige meisie vanuit 'n kroeg ontvoer het, haar huis toe geneem en gedwing het om sy klere te stryk en die skottelgoed te was, het die polisie gister gesê.

Die 43-jarige man het die vrou uit 'n kroeg in die hawestad Genoa gesleep, haar in 'n motor gedwing en haar na sy huis toe geneem waar hy haar laat stryk en skottelgoed was het terwyl sy gedreig is.

Die polisie het op die toneel opgedaag nadat die man deur 'n vriendin van die vrou aan die polisie verklap is. Sy het die toneel in die kroeg raakgesien.

Die man, wat woedend was omdat sy vorige meisie hom verlaat het, is op 'n klag van ontvoering in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

инструмент для шиномонтажаФільчаков прокурор