Klimaatsverandering veroorsaak konflik

Die hoof van die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap het gister gesê dat klimaatsverandering veroorsaak dat groot getalle mense uit hul huise gedwing word.

Die aantal burgerlikes wat deur konflik ontwortel word, is besig om te styg. In 2007 het die totaal met meer as drie miljoen gestyg.

Hierdie syfers sluit nie diegene in wat deur natuurrampe of as gevolg van armoede ontwortel word nie. Dit toon slegs die aantal mense wat van konflikte af wegvlug, wat gevegte oor toenemend skaars hulpbronne soos water mag insluit.

Die agentskap het gesê dat die internasionale gemeenskap om allerlei redes gekonfronteer gaan word met ‘n versnelde aantal mense wat rondbeweeg.

Soos wat klimaatsverandering, ‘n globale ekonomiese verlangsaming, konflik en vervolging mekaar stimuleer, gaan dit toenemend moeilik wees om diegene wat op vlug is te kategoriseer.

купить воронеж прочий инструменталександр лобановский харьков