Prys van ru-olie daal na nuwe rekord gister

Die prys van ru-olie het gister tot 'n historiese rekord van $140 per vat gestyg maar het vandag in die Verre Ooste gedaal te midde van onsekerheid oor 'n belofte van Saoedi-Arabië om produksie op te stoot, sê handelaars.

 

In oggendverhandeling gister in New York het die hooftermynkontrak, ligte soet ru-olie vir lewering in Julie, 14 sent gedaal tot 134,47 dollar per vat. Dit het voorheen 'n rekordvlak van $139,89 behaal.

Londen se Brent-Noordsee-ru-olie vir lewering in Augustus het 11 sent gedaal tot $134,60, nadat dit gister op $134,71 gesluit het. Die kontrak het vroeër 'n rekord van $139,32 behaal.

Spekulasie op die mark is geweldig net voor Saoedi-Arabië se buitengewone spitsberaad vir olieproduserende en –verbruikende lande wat Sondag in Jedda gehou sal word om die hoë oliepryse te bespreek.

печиАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae