Die uitvoerende hoof van die instituut, Phil Wilson, sê dat data van 2006 aantoon dat ongeveer die helfte van die een miljoen Amerikaners wat met MIV of Vigs saamleef swart is.
Hoewel swartmense slegs een uit elke agt Amerikaners verteenwoordig, is een uit elke twee mense wat met MIV in die Verenigde State saamleef swart, verklaar die verslag.
Vigs bly ook die leidende sterfte-oorsaak onder swart vroue tussen die ouderdomme van 25 en 34 en die naasgrootste doodsoorsaak by swart mans tussen 35 en 44.
Swart Amerikaners staan bokant Ethiopië en net onder die Ivoorkus wat MIV-bevolking betref.
Sowel Ethiopië en die Ivoorkus bevind hulself onder die 15 lande wat hulpfondse van die president se noodplan vir vigsleniging ontvang.
