Grootskaalse veiligheidsmaatre?ls by die Olimpiese Spele

'n Veiligheidskombers is dwarsoor Beijing gegooi. Die stad van 17 miljoen mense maak gereed vir die aanvang van die Olimpiese spele eerskomende Vrydag.

Chinese leiers het belowe dat die Olimpiese Spele veilig gaan wees.

Maandag het Moslem-separatistegroepe in die Xinjiang-streek van westelike China 'n dodelike aanval op Chinese veiligheidsmagte geloods.

Selfs voor die aanval het Chinese amptenare Beijing in 'n reusefort omskep.

Grond-tot-lugmissiele is selfs langs die Olimpiese stadions opgerig.

Terrorismedeskundiges meen die uitgebreide voorbereidings is van die omvattendste by enige Spele.

Die spook van terrorisme hang oor die Olimpiese spele sedert die 1972-spele in München, toe 11 Israeli's deur 'n Palestynse groep doodgemaak is.

affixОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae