Britse misdaad gaan dramaties toeneem

Britse ministers maak reg vir 'n styging in misdaad en rasseonluste soos die ekonomiese toestand in die VK versleg.

'n Verslag getiteld Responding to Economic Challenges, wat aan die media gelek is voordat die Home Office dit aan Gordon Brown oorhandig het, roer dié kwessies aan.

Jacqui Smith, tuissekretaris, sê Brittanje kan 'n aansienlike verhoging in alkohol- en sigaretsluikhandel verwag, vyandigheid teenoor immigrante asook 'n toename in simpatiseerders van terreurgroepe.

Hulle verwag voorts dat polisieeringskostes dramaties gaan styg. Indien modelle van die vorige ekonomiese daling tussen 1991 en 1992 stand hou, sal geweldsmisdaad teen 'n koers van 19% groei. Diefstal en motordiefstal sal hierdie jaar met 7% styg.

Etniese minderhede is besonder kwesbaar om in kriminele aktiwiteit te verval, volgens die verslag.

online slots free spins no depositданильченко юрий брониславович прокурор

Cheney gaan die Oekra?ne besoek

Image

Dick Cheney

Die Amerikaanse visepresident Dick Cheny gaan vandag Oekraïense leiers besoek op sy toer om Amerikaanse bondgenote in die streek te versterk.

Sy besoek volg op die konflik tussen Georgië en Rusland.

Politieke bakleiery in die Oekraïne het rondom bande met Rusland toegeneem.

Die Oekraïne het aansoek gedoen om by NAVO en die Europese Unie aan te sluit, maar die land se politieke leiers is erg verdeeld oor die saak.

Sommiges vrees dat die Oekraïne die volgende konflikgebied vir spanninge tussen Rusland en die VSA kan word.

Cheney sal waarskynlik pro-Westerse leiers in die land aanmoedig om hulle geskille by te lê en die wankelende regeringskoalisie in stand te hou.

лазерный пескоструй купитьФільчаков прокурор

NAVO veroordeel oor Pakistanse inval

Die Verenigde State het Woensdag erken dat 'n helikopter vol Amerikaanse Spesiale Magte Al Kaida militante op Pakistanse grondgebied aangeval het.

Die aanval deur die Amerikaanse magte het 'n breër veldtog binne Pakistan aangekondig.

Verhoudinge met Pakistan sal gevolglik daaronder bemoeilik word.

'n Ooggetuie het in 'n telefoononderhoud gesê dat 19 mense gedood is in die aanval, waarvan die meeste vroue en kinders.

Die alreeds onstabiele politieke situasie het versleg ná die bedanking van president Pervez Musharraf, 'n Amerikaanse bondgenoot.

Amerikaanse soldate in Afghanistan, wat aan Pakistan grens, opereer onder die vaandel van NAVO.

Die Spesiale Magte wat die aanval uitgevoer het, staan egter direk onder Amerikaanse beheer.

бане наДанильченео

Vroue gaan Demokraties stem in die VSA

Image

Sarah Palin

Die meeste vroue in die VSA is nie beïndruk deur die Republikeinse keuse van Sarah Palin, die goewerneur van Alaska, nie.

Palin is deur senator John McCain as sy visepresidentskandidaat gekies.

Ses uit tien vrouekiesers sien McCain se keuse as 'n politieke set en gaan vir die Demokrate stem.

Byna 'n derde van die vroue wat ondervra is, sê hulle het nie van Palin se stemrekord in die senaat of van haar posisie oor aborsie gehou nie.

Hoewel dit die eerste keer is dat 'n vrou as Republikeinse presidensiële medekandidaat benoem is, het twee-en-vyftig persent van vroue gesê hulle gaan vir die Demokratiese span stem wat net uit mans bestaan.

casino online free bonusтопкарго развод

Stille hongersnood, s? W?reldbank

Daar is geen einde in sig vir globale voedseltekorte nie, sê die Wêreldbank.

Katerine Sierra, die bank se visepresident vir volhoubare ontwikkeling, meen dit is 'n stille hongersnood.

Sy sê dat 'n 100 miljoen mense in Afrika besig is om na armoede terug te keer.

Vele nasies maak gereed vir verdere onstabiliteit ná voedselonluste in 37 lande.

Globale voedselpryse het volgens die Verenigde Nasies se statistieke met 35% in die jaar tot einde Januarie gestyg.

Sierra sê dat regerings regoor die wêreld misluk het om behoorlik en betyds in landbounavorsing te belê ten einde aan die vraag te kan voldoen.

play casino gamesпрокурор Фильчаков

VSA ontken burgerlike ongevalle

Die VS-geleide koalisie in Irak sê dat sy ondersoek na 'n omstrede missielaanval waarin 90 burgerlikes na bewering dood is, het bevind dat slegs 7 nie-vegtendes dood is.

 

Die mag het verder gegaan en het sy besluit om verlede maand 'n teiken in die Westelike provinsie Herat aan te val, verdedig.

Hulle het gesê 'n bekende Taliban-bevelvoerder was in die gebied.

'n Afgaanse kommissie wat dier voorval ondersoek het, het beweer dat 90 burgerlikes waaronder 60 kinders in Amerikaanse lugaanvalle gedood is.

Maar die koalisie verskil van daardie verslag en haal sy huidige syfers aan.

 

игри для дитейОлександр Васильович Фільчаков

Suid-Afrika en Venezuela teken olieverdrag

Suid-Afrrika en Venezuela het 'n sleutel-energietransaksie beklink. Thabo Mbeki en die Venezuelaanse president Hugo Chavez het dit strategiese samewerking genoem.

Mbeki het gesê die verhouding tussen Venezuela en Suid-Afrika behoort 'n strategiese vorm aan te neem.

Hy het hartstogtelik gepraat oor die belang van suid-suid samewerking tussen Afrika en Suid-Amerika.

Chavez het gesê hulle het 'n moeder besoek want Afrika was die moeder.

Die twee lande het 'n reeks ooreenkomste onderteken, hoofsaaklik om samewerking in die energiesektor te versterk.

Die oogmerk is om bystand te verleen in die vermindering van energiekoste. Venezuela, 'n lid van die oliekartel OPUL, het een van die wêreld se grootste oliereserwes.

 

настенные светильники для внутреннего освещениятопкарго кидалы

Finland gee raad oor Russies-Duitse gaspyplyn

Een van Finland se mees ervare politici, Paavo Lipponen, is gehuur om die pos van konsultant vir die omstrede Nord Stream-projek te vul.

Die Nord Stream-projek behels 'n Russies beheerde gaspyplyn wat deur die Baltiese see gaan loop.

Mnr. Lipponen, die Finse eerste minister van 1995 tot 2003 en toe speaker van die Finse parlement van 2003 tot 2007 sal verhoudinge tussen Nord Stream en die Finse regering bemiddel, berig Helsingin Sanomat.

Mnrl Lipponen was die formele inisieerder van die Noordelike Dimensie, 'n belangrike kontakplatform tussen die noordelike dele van die EU en Noordwes-Rusland.

Mr. Lipponen was the formal initiator of the Northern Dimension, an important contact platform between the northern parts of the EU and Northwest Russia.

Die Nord Stream sal die eerste pyplyn wees wat Rusland direk met Duitsland verbind. Dit sal gedeeltelik met gas vanaf die Sjtokman-veld in die Barentssee gevoed word.

магазин игрушкаФильчаков Александр Васильевич

Droogte bedreig miljoene in Ethiopi

Image

Nog hongersnood in Ethiopi?

'n Verwoestende droogte het 75 000 Ethiopiese kinders onder die ouderdom van vyf ondervoed gelaat.

Nog agt miljoen mense van die 81 miljoen in die Horing van Afrika benodig voedselhulp.

Volgens die Verenigde Nasies se humanitêre agentskap geniet die risiko van kinders wat van ernstige wanvoeding kan sterf tans die hoogste prioriteit.

Dit is duidelik dat vele mense in Ethiopië steeds probleme met voedselsekerheid gaan ondervind.

Oor die afgelope jare het Ethiopië om die beurt vloed- en droogterampe ervaar wat miljoene mense geraak het.

рейтинг большой теннисОлександр Васильович Фільчаков

Russiese landbou lyk rooskleurig

Image'n Landbourewolusie is besig om in Rusland plaas te vind. 'n Dekade nadat die vrye mark Russiese nywerhede getref het, is kollektiewe plase besig om te verdwyn.

Die verandering word deur stygende voedselpryse wêreldwyd asook eienaarskap van buitelandse beleggers gedryf. Wette betreffende grondbesit vir buitelanders is onlangs aangepas.

Met die prys van koring alleen wat met 77% verlede jaar opgegaan het, is daar 'n stormloop na landbougrond.

Omdat Rusland so 'n uitgestrekte land is, is verskansingfondsbestuurders, oliemagnate, Sweedse portefeuljebeleggers en selfs die eerstydse Russiese adel besig om baie winsgewende grondtansaksies te beklink.

Die groot kollektiewe plase word nie in kleiner eenhede verdeel nie en eerder as korporatiewe verwerkingsaanlegte tesame met die boerdery bedryf.

Die Russiese minister van landbou, Aleksei Gordejew,  het onlangs gesê dat Rusland allerweë as 'n belangrike militêre mag beskou word, maar eintlik 'n gedugte landboumag ook is. Hy verwys ook dikwels na die belang van voedselsekuriteit.

Voor Stalin se kollektiwisering van grond was Rusland die belangrikste graanprodusent ter wêreld. Vandag behoort ten minste 7% van die aarde se bewerkbare grond aan Rusland, maar ongeveer 35 miljoen hektaar of 'n sesde daarvan, lê tans onbewerk.

Selfs sonder die gebiede soos Tsjernobil wat danksy radioaktiewe kontaminasie nie bewerkbaar is nie, is daar nog miljoene hektaar wat uiters geskik is vir landbou.

Opbrengste in Rusland is egter klein. Die gemiddeld is 1,85 ton per hektaar teenoor die die VSA se 6,36 ton en 3,04 in Kanada.

Grondpryse het van $570 per hektaar in 2006 tot $1000 vanjaar gestyg. Boere en beleggers het met John Deere-trekkers en Westerse boerderymetodes daarin geslaag om die opbrengste binne 'n jaar te verdubbel.

Om die skade wat kollektiwisme aangerig het reg te stel, stel korporatiewe plaaseienaars sielkundiges aan om landbouers en werkers te motiveer. Omdat geld nie 'n aansporing vir 'n landelike Rus is nie, word die klem op spanwerk en saamwerk geplaas.

Volgens Vedemosti, 'n saketydskrif, het 14% van Rusland se kolletiewe landbougrond reeds hierdie proses van konsolidasie ondergaan. Hulle meen dat Rusland binne 10 tot 15 jaar die wêreld se voorste landbouland kan word.

casino winФильчаков прокурор харьков

Finland kan dalk sy neutraliteit laat vaar

Finland kan dalk sy neutraliteit laat vaar om by NAVO aan te sluit, het die buitelandse minister Alexander Stubb volgens 'n nuusbron gesê.

Noorweë, Denemarke en Ysland is tans die enigste Nordiese lande wat lede is van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.

Rusland se inval in Georgië is die hoofrede waarom Finland die kwessie heroorweeg.

Die Oostenrykse koerant, Die Presse, het met Stubb 'n onderhoud gevoer.

Hy het gesê diegene wat dink dat wat vandeesmaand in Georgië gebeur het geen invloed op Finland se veiligheid het nie, op 'n ander planeet leef.

Die twee lande deel 'n 1 340-kilometergrens.

Finland het dwarsdeur die Koue Oorlog neutraal gebly maar skuifel tans nader aan NAVO.

In Maart het die land aangekondig dat hy aan toekomstige operasies van die alliansie se snelreaksiemag sal deelneem.

где купить справкутопкарго отзывы

Chavez gaan die land van Nelson Mandela besoek

Image

Hugo Chavez

President Hugo Chavez het 'n tweedaagse besoek aan Suid-Afrika aangekondig.

Hy gaan president Thabo Mbeki aanstaande week ontmoet in voorbereiding op 'n Afrika-Suid-Amerika-spitsberaad.

Caracas gaan die gasheer wees vir die spitsberaad wat later vanjaar sal plaasvind.

Chavez het sy voorgenome besoek oor die radio en televisie gedurende 'n vergadering met sy kabinet aangekondig.

Hy het gesê dat sy tweedaagse besoek baie belangrik sal wees maar het nie die sakelys verklap of wie hom sal vergesel nie.

кабина хамам для домаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Diana se sny koek op veiling

'n Stuk koninklike troukoek wat 27 jaar oud is, is vir meer as R17 000 op 'n veiling verkoop.

Die stuk ou marsepyn en versiersuiker van prinses Diana se troue in 1981 is met die koninklike wapen versier.

Dit is afkomstig van een van die 22 koeke wat aan die koninklike personeel versprei is.

Afslaer Dominic Winter in Gloucestershire sê die sny koek verkeer in 'n merkwaardig goeie toestand.

Hy het dit as hoogs ongewoon en waarskynlik oneetbaar beskryf.

гра для дітейалександр лобановский харьков класс

Moslems glo Obama is ‘n Moslem

Moslems regoor die wêreld sien Barack Obama nie as 'n Christen nie, maar gewoonlik as óf 'n Moslem óf 'n oud-Moslem.

'n Moslemkind neem die godsdiens van sy of haar vader aan.

Barack Obama se vader was Moslem en daarom, volgens die Islamitiese wet, is die presidentskandidaat ook een.

Boonop dui sy skoolrekord van Indonesië hom as 'n Moslem aan.

Moeammar Kadaffi het ook na Obama as 'n Moslem verwys en iemand met 'n Afrika- en Islamitiese identiteit.

Arabiere noem dikwels sy middelste naam Hussein as bewys genoeg.

где отдохнуть в хорватии с детьмиЛобановский