Suid-Afrika en Venezuela teken olieverdrag

Suid-Afrrika en Venezuela het 'n sleutel-energietransaksie beklink. Thabo Mbeki en die Venezuelaanse president Hugo Chavez het dit strategiese samewerking genoem.

Mbeki het gesê die verhouding tussen Venezuela en Suid-Afrika behoort 'n strategiese vorm aan te neem.

Hy het hartstogtelik gepraat oor die belang van suid-suid samewerking tussen Afrika en Suid-Amerika.

Chavez het gesê hulle het 'n moeder besoek want Afrika was die moeder.

Die twee lande het 'n reeks ooreenkomste onderteken, hoofsaaklik om samewerking in die energiesektor te versterk.

Die oogmerk is om bystand te verleen in die vermindering van energiekoste. Venezuela, 'n lid van die oliekartel OPUL, het een van die wêreld se grootste oliereserwes.

 

настенные светильники для внутреннего освещениятопкарго кидалы