Britse misdaad gaan dramaties toeneem

Britse ministers maak reg vir 'n styging in misdaad en rasseonluste soos die ekonomiese toestand in die VK versleg.

'n Verslag getiteld Responding to Economic Challenges, wat aan die media gelek is voordat die Home Office dit aan Gordon Brown oorhandig het, roer dié kwessies aan.

Jacqui Smith, tuissekretaris, sê Brittanje kan 'n aansienlike verhoging in alkohol- en sigaretsluikhandel verwag, vyandigheid teenoor immigrante asook 'n toename in simpatiseerders van terreurgroepe.

Hulle verwag voorts dat polisieeringskostes dramaties gaan styg. Indien modelle van die vorige ekonomiese daling tussen 1991 en 1992 stand hou, sal geweldsmisdaad teen 'n koers van 19% groei. Diefstal en motordiefstal sal hierdie jaar met 7% styg.

Etniese minderhede is besonder kwesbaar om in kriminele aktiwiteit te verval, volgens die verslag.

online slots free spins no depositданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae