Sy besoek volg op die konflik tussen Georgië en Rusland.
Politieke bakleiery in die Oekraïne het rondom bande met Rusland toegeneem.
Die Oekraïne het aansoek gedoen om by NAVO en die Europese Unie aan te sluit, maar die land se politieke leiers is erg verdeeld oor die saak.
Sommiges vrees dat die Oekraïne die volgende konflikgebied vir spanninge tussen Rusland en die VSA kan word.
Cheney sal waarskynlik pro-Westerse leiers in die land aanmoedig om hulle geskille by te lê en die wankelende regeringskoalisie in stand te hou.
