Stille hongersnood, s? W?reldbank

Daar is geen einde in sig vir globale voedseltekorte nie, sê die Wêreldbank.

Katerine Sierra, die bank se visepresident vir volhoubare ontwikkeling, meen dit is 'n stille hongersnood.

Sy sê dat 'n 100 miljoen mense in Afrika besig is om na armoede terug te keer.

Vele nasies maak gereed vir verdere onstabiliteit ná voedselonluste in 37 lande.

Globale voedselpryse het volgens die Verenigde Nasies se statistieke met 35% in die jaar tot einde Januarie gestyg.

Sierra sê dat regerings regoor die wêreld misluk het om behoorlik en betyds in landbounavorsing te belê ten einde aan die vraag te kan voldoen.

play casino gamesпрокурор Фильчаков