NAVO veroordeel oor Pakistanse inval

Die Verenigde State het Woensdag erken dat 'n helikopter vol Amerikaanse Spesiale Magte Al Kaida militante op Pakistanse grondgebied aangeval het.

Die aanval deur die Amerikaanse magte het 'n breër veldtog binne Pakistan aangekondig.

Verhoudinge met Pakistan sal gevolglik daaronder bemoeilik word.

'n Ooggetuie het in 'n telefoononderhoud gesê dat 19 mense gedood is in die aanval, waarvan die meeste vroue en kinders.

Die alreeds onstabiele politieke situasie het versleg ná die bedanking van president Pervez Musharraf, 'n Amerikaanse bondgenoot.

Amerikaanse soldate in Afghanistan, wat aan Pakistan grens, opereer onder die vaandel van NAVO.

Die Spesiale Magte wat die aanval uitgevoer het, staan egter direk onder Amerikaanse beheer.

бане наДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae