Obama vergeet sy speletjieveldtog

Pres. Barack Obama van die VSA het aan gegra­dueerdes gesê die era van die iPod en die Xbox is nie altyd tot voordeel van die be­vordering van goeie onderrig nie.

Dit kom as ‘n verrassing aangesien die president in 2008 dmv videospeletjies sy verkiesingsveldtog gevoer het.

Obama het dié stelling gemaak in ’n toespraak voor meer as ’n duisend gegradueerdes en hul familie en vriende op die voetbalveld van die Universiteit van Hampton, ’n histories swart universiteit in die suidooste van die Amerikaanse deelstaat Virginië.

Obama het gesê gegradueerdes bereik deesdae rypheid in uiters moeilike tye vir Amerika.

Volgens hom trotseer hulle werkskaarste, twee oorloë en ’n vlytige media  wat nie altyd die waarheid verkondig nie.

Daarbenewens vermaak gewilde elek­troniese toestelle miljoene Amerikaners met ongesonde afleiding. Die president het geen melding van sy speletjiegedrewe verkiesingsveldtog gemaak nie.

“iPods en iPads, Xboxes en PlaySta­tions – ek weet nie hoe enige van dié goed werk nie – veroorsaak dat inligting ont­aard in verstrooidheid, afleiding en ’n vorm van vermaak is eerder as instrumente van bemagtiging en as bevrydingsmiddels,” het Obama gesê.

“Dit alles plaas nie net druk op julle nie, maar ook groter druk op ons land en demokrasie.”

Obama, geklee in ’n deftige toga vir die geleentheid, het benadruk hoe belangrik dit is vir goeie onderrig om aan te pas by “’n tydperk van asemrowende veran­dering”.

Die eerste swart Amerikaanse president het die studente daaraan herinner dat hulle voor groter teenstand as ander groepe te staan kom en gewoonlik deur hul wit medestudente geklop word.

Obama het die gegradueerdes by Hampton aangespoor om die rolmodelle en mentors van jong mense te wees sodat hulle opvoeding en persoonlike verantwoordelikheid as belangrik kan ag.

Hy het gesê opvoeding kan mense help om verby die talle stemme wat “op geselsforums… en geselsradio om aandag meeding” te luister en die waarheid te vind.как купить справкуданильченко юрій броніславович компромат

Oorwinning wag op Vlaminge

Oor net meer as ‘n maand, op 13 Junie, gaan die Belge ‘n vervroegde verkiesing hou nadat die Vlaamse Christen-demokraat-geleide regering tot ‘n val gekom het.

Een ding weet die Belge reeds. Die land gaan na die verkiesing nie meer dieselfde premier hê nie. Yves Leterme van die CD & V staan terug, en sal nie sy party se verkiesingsaanslag lei nie. Hiervoor word die party se voorsitter, Marrianne Thyssen.

Intussen dui meningspeilings aan dat die Vlaamse nasionalistiese party, die Nieuw-Vlaamse Alliantie (NVA) op ‘n “monsterscore” afstuur.

Wat ‘n onafhanklike (republikeinse) Vlaandere betref, is die NVA en die Vlaamse Belang (voorheen Vlaamse Blok) beleidsgewys bykans identies. Wat ander sake betref, is die NVA se beleid bykans identies met dié van die CD & V.

Die regering het geval toe die koalisievennote nie oor die verdeling van die tweetalige Brussel-Halle-Vilvoorde ooreen kon kom nie.

Populêr, eenvoudig gestel, wou Franstalige liberale koalisievennote nie kopgee om effektiewe Franstalige “kolonisasie” van Vlaamse gebied teen te werk nie.

Leterme self is minder geneig om die skuld alles op die Franstaliges te plaas. Hy beskryf juis die komende verkiesing as juridies wetlik, maar ongrondwetlik. Dié sommetjie maak hy as gevolg van Vlaamse hardekoppe wat ‘n meerderheidswil wil afdwing oor sake waar die grondwet ‘n soort federale konsensus vereis.

Die NVA en die Vlaamse Belang het beide uit dieselfde party, die Volksunie, wat self sedert die 50’ger jare die kreeftegang gegaan het.справка по болезни в вузДанильченко Юрий отзывы

Shell blameer omgewingskade op rebelle

Die Nederlandse oliemaatskappy Shell PLC het verlede jaar sowat 14 000 ton ruolie in die waternetwerk van die Niger-delta gestort, het dié maatskappy gesê.

Shell blameer diewe en rebellegroepe vir die skade aan die omgewing.

Die hoeveelheid olie is sowat dubbel dié wat in 2008 in hierdie delta gestort is en vier keer meer as wat in 2007 gestort is.

Shell word gereeld deur rebelle in die streek aangeval, wat pyplyne teiken en werkers gyselaar neem.

bridal head accessoriesалександр лобановский супермаркет класс

VSA ontbloot glo ‘staatsgeheim’

Die Verenigde State het Maandag vir die eerste keer sedert 1962 bekend gemaak wat die grootte van sy kernarsenaal werklik is. Dié stap word deur amptenare beskryf as ‘n ongekende onthulling van ‘n “staatsgeheim” en ‘n poging om ander lande om aan te moedig om hul kernvermoëns bloot te lê.

Die Pentagon het aangekondig dat die VSA tans 5 113 atoomkoppe in voorraad hou, ‘n 84% vermindering van ‘n hoogtepunt van 31 255 koppe in 1967.

“Vir diegene wat twyfel dat die Verenigde State sy deel sal doen vir ontwapening, dit is ons inventaris, dit is ons belofte, en dit stuur ‘n duidelike, onmiskenbare sein,” het die Amerikaanse minister van buitelandse sake Hillary Clinton voor die VN se konferensie oor die Kernsperverdrag gesê.

Haar kommentaar kom as ‘n direkte reaksie teen opmerkings wat vroeër deur Iranse president Mahmoud Ahmadinejad, gemaak is.  Hy het gesê die VSA het nie sy nie-proliferasie verpligtinge nagekom nie en maak gebruik van kernwapens om ander lande te bedreig.

“Vanoggend, het Iran se president dieselfde ou, valse en soms wilde beskuldigings teen die Verenigde State en ander partye op hierdie konferensie gebring,” het Clinton gesê. “Dit is nie verbasend nie … Iran sal doen wat hulle kan om aandag weg van sy eie geskiedenis te probeer lei en verantwoordelikheid te ontduik.”

купить тамбов шланги высокого давленияОлександр Фільчаков прокурор

Taliban dreig om VSA-stede aan te val

Die Pakistanse Taliban-leier, Hakimoellah Magsoed, het maande nadat daar berig is dat hy dood is, in ‘n video wat in April gemaak is verskyn waarin hy wraakaanvalle teen Amerika sweer, het ‘n Amerikaanse moniteringsgroep Maandag bekendgemaak.

Magsoed het gedreig dat hulle binne ‘n maand teen Amerika wraak gaan neem vir die moord op Islamitiese militante leiers, volgens ‘n uittreksel van die video wat glo op 4 April gemaak is. Daar is oorspronklik berig dat hy in Januarie gedood is.

“Die tyd is naby vir ons om die groot Amerikaanse stede aan te val,” het Magsoed gesê.

Hy kan op die video gesien word, waar hy met twee gewapende gemaskerde mans aan weerskante van hom verskyn.

игры дляы девочекданильченко юрій броніславович компромат

Brown se kanse al skraler

Die Britse premier, Gordon Brown, het misluk in sy poging om kiesers te sjarmeer en dit lyk weliswaar of sy dae in Downing Street getel is.

Die aanloop tot die verkiesing is oorheers deur die eerste voorverkiesingsdebat wat nog op TV uitgesaai is. Dit was vooraf duidelik dat die stugge Brown gaan sukkel teen sy charismatiese, jonger teenstanders David Cameron en Nick Clegg.

Min mense kon egter voorspel dat Brown se knorrige persoonlikheid so dramaties ontbloot sou word as toe hy betrap is dat hy ’n bejaarde weduwee beledig het nadat sy hom oor immigrasie gekonfronteer het.

Cameron, leier van die Konserwatiewe Party, het gehoop op ’n stewiger voorsprong, maar dit lyk of hy nietemin die gunsteling is.

Cameron was die voorloper in die debatte, maar sy vertoning het baie kiesers teleurgestel.

Hulle is van mening dat hy te gladweg antwoord en ook te selfversekerd. Die Tories se boodskap van verandering ná die uitgaweskandaal van wetgewers en die kwaai resessie is deur Clegg van die Liberaal-Demokrate uitgebuit om sy kanse te verbeter.

Die Tories mag dalk voorloop in die meningspeilings, maar nie met die dubbelsyfers wat hulle verlede jaar vir maande gesmaak het nie.

Hulle sal in die laaste paar dae hard moet werk, terwyl gerugte van ’n nuwe regering sonder ’n volstrekte meerderheid die ronde doen.

Die konserwatiewe leier se agtergrond – hy is glo ’n afstammeling van koning William IV – het gelei tot beskuldigings dat hy te bevoorreg is om die gewone Brit se probleme te begryp.

Clegg het die afgelope paar weke meteoriese opgang gemaak en sy party beklee tans die tweede plek in meningspeilings.

Die 43-jarige Clegg is verlede week in ’n peiling glad aangegee as die gewildste Britse leier sedert Sir Winston Churchill.

win real money no deposit casinosФильчаков прокурор харькова

Olielek ‘vyf keer groter’

‘n Beampte van BP het Donderdag  met die Amerikaanse regering saamgestem dat die olielek in die Golf van Mexiko daagliks sowat 5000 vate ru-olie in die oseaan kan laat syfer – baie meer as wat voorheen geraam is.

“Ek sou sê die skaal is 1 tot 5000 vate ‘n dag,” het Doug Suttles van BP gesê.

Die Amerikaanse Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie (NOAA) het vroeër gesê daar syfer daagliks meer as 200 000 gellings olie in die Golf van die oorblyfsels van die Deepwater Horizon-olieplatform wat verlede week in ‘n ontploffing en brand vernietig is.

паркет купить ценапрокурор Фильчаков

4 moontlike oorsake vir Poolse lugramp beskou

Staatsaanklaers in Pole sê hulle kyk na vier moontlike oorsake van ‘n vliegramp wat vroeër vandeesmaand die lewens van pres. Lech Kaczynski en 95 ander mense geëis het.

Staatsaanklaers het Donderdag in ‘n verklaring gesê hulle ondersoek die moontlikhede dat die Tupolev 154 weens ‘n tegniese fout, ‘n fout deur die bemanningslede, grondpersoneel of weens aksies van derde partye in Smolensk, Rusland neergestort het.

Tot dusver is 70 getuies ondervra en die vliegtuig se vlugdata-opnemers word ondersoek. Daar is geen tekens van tegniese probleme of ‘n ontploffing sigbaar nie.

play games online without downloadingФильчаков прокурор отзывы

Brown sink Arbeiders se kanse

Die Britse premier, Gordon Brown, se onsimpatieke houding teenoor gewone mense het op ‘n opspraakwekkende wyse aan die lig gekom.

Brown het nie besef dat ‘n mikrofoontjie van Sky News wat op sy lapel vasgesteek was, nog steeds aan was ná ‘n ontmoeting met ‘n gewone burger nie.

Sy blaps kan beteken dat die Arbeidersparty die verkiesing verloor.

Brown is deur Gillian Duffy van Rochdale, ‘n armoedige deel, ‘n vraag gevra tydens sy toer van dié woonbuurt.

Duffy was onderweg om ’n brood te gaan koop, toe sy Brown uitgevra het oor die probleem wat Oos-Europese immigrante in Brittanje veroorsaak.

Brown het ontwykend geantwoord, en haar daarna vir ‘n “baie aangename” ontmoeting bedank. Met die mikrofoontjie steeds aan, het hy agterna in sy motor geklim en knorrig uitgevaar teen die “bekrompe” vrou.

Die gespek was ’n ramp, het hy gesê, en wou weet wie die vrou na hom gebring het.

Sy negatiewe kommentaar oor die benepe landsburger in die motor, is later op TV en radio uitgesaai.

’n Ontstelde Brown sy kop op sy hande laat sak toe hy tydens ‘n uitsending daarmee gekonfronteer word. Hy het daarna aanhoudend om verskoning gevra.

Duffy het egter intussen laat weet dat sy nie vir Brown sal stem nie.

детская посуда киевлобановский александр игоревич харьков