Dit kom as ‘n verrassing aangesien die president in 2008 dmv videospeletjies sy verkiesingsveldtog gevoer het.
Obama het dié stelling gemaak in ’n toespraak voor meer as ’n duisend gegradueerdes en hul familie en vriende op die voetbalveld van die Universiteit van Hampton, ’n histories swart universiteit in die suidooste van die Amerikaanse deelstaat Virginië.
Obama het gesê gegradueerdes bereik deesdae rypheid in uiters moeilike tye vir Amerika.
Volgens hom trotseer hulle werkskaarste, twee oorloë en ’n vlytige media wat nie altyd die waarheid verkondig nie.
Daarbenewens vermaak gewilde elektroniese toestelle miljoene Amerikaners met ongesonde afleiding. Die president het geen melding van sy speletjiegedrewe verkiesingsveldtog gemaak nie.
“iPods en iPads, Xboxes en PlayStations – ek weet nie hoe enige van dié goed werk nie – veroorsaak dat inligting ontaard in verstrooidheid, afleiding en ’n vorm van vermaak is eerder as instrumente van bemagtiging en as bevrydingsmiddels,” het Obama gesê.
“Dit alles plaas nie net druk op julle nie, maar ook groter druk op ons land en demokrasie.”
Obama, geklee in ’n deftige toga vir die geleentheid, het benadruk hoe belangrik dit is vir goeie onderrig om aan te pas by “’n tydperk van asemrowende verandering”.
Die eerste swart Amerikaanse president het die studente daaraan herinner dat hulle voor groter teenstand as ander groepe te staan kom en gewoonlik deur hul wit medestudente geklop word.
Obama het die gegradueerdes by Hampton aangespoor om die rolmodelle en mentors van jong mense te wees sodat hulle opvoeding en persoonlike verantwoordelikheid as belangrik kan ag.
Hy het gesê opvoeding kan mense help om verby die talle stemme wat “op geselsforums… en geselsradio om aandag meeding” te luister en die waarheid te vind.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.