praag.co.za

Oorwinning wag op Vlaminge

Oor net meer as ‘n maand, op 13 Junie, gaan die Belge ‘n vervroegde verkiesing hou nadat die Vlaamse Christen-demokraat-geleide regering tot ‘n val gekom het.

Een ding weet die Belge reeds. Die land gaan na die verkiesing nie meer dieselfde premier hê nie. Yves Leterme van die CD & V staan terug, en sal nie sy party se verkiesingsaanslag lei nie. Hiervoor word die party se voorsitter, Marrianne Thyssen.

Intussen dui meningspeilings aan dat die Vlaamse nasionalistiese party, die Nieuw-Vlaamse Alliantie (NVA) op ‘n “monsterscore” afstuur.

Wat ‘n onafhanklike (republikeinse) Vlaandere betref, is die NVA en die Vlaamse Belang (voorheen Vlaamse Blok) beleidsgewys bykans identies. Wat ander sake betref, is die NVA se beleid bykans identies met dié van die CD & V.

Die regering het geval toe die koalisievennote nie oor die verdeling van die tweetalige Brussel-Halle-Vilvoorde ooreen kon kom nie.

Populêr, eenvoudig gestel, wou Franstalige liberale koalisievennote nie kopgee om effektiewe Franstalige “kolonisasie” van Vlaamse gebied teen te werk nie.

Leterme self is minder geneig om die skuld alles op die Franstaliges te plaas. Hy beskryf juis die komende verkiesing as juridies wetlik, maar ongrondwetlik. Dié sommetjie maak hy as gevolg van Vlaamse hardekoppe wat ‘n meerderheidswil wil afdwing oor sake waar die grondwet ‘n soort federale konsensus vereis.

Die NVA en die Vlaamse Belang het beide uit dieselfde party, die Volksunie, wat self sedert die 50’ger jare die kreeftegang gegaan het.справка по болезни в вузДанильченко Юрий отзывы

Comments

Leave a Reply