Zimbabwe verkoop lustig ‘bloeddiamante’

Britse koerante berig dat Zimbabwe steeds lustig “konflikdiamante” verkoop, in weerwil van die sogenaamde “Kimberley-proses” wat sekere minimum politieke vereistes vir diamanthandel bepaal.

‘n Aksiegroep het die pas afgelope vergadering van die Kimberley-proses in Tel Aviv as “die wederkeer van die bloeddiamant” beskryf, met verwysing na die Hollywood-prent “Blood diamond”.

Lede van die Kimberley-prosessertifiseringskema het vergader om te besluit of Zimbabwe aan die minimumvereistes voldoen het om weer met internasionale diamanthandel te begin, wat die land se sukkelende ekonomie ‘n  hupstoot van ongeveer $1 miljard per jaar behoort te gee.

Zimbabwe hou val dat die land aan die reguleerder se eise vir “skoon handel” voldoen, met ‘n onlangse positiewe verslag deur ‘n moniteerder. Maar burgerregtegroepe het afgevaardigdes na die vergadering versoek om Zimbabwe se skorsing te handhaaf weens menseregteskendings in die diamantveldgebiede, waaronder massamoorde op onwettige delwers. Volgens die menseregtegroepe maak soldate in Marange steeds gebruik van gedwonge arbeid, marteling en teistering.

Sulke oproepe het verhewig sedert die inhengtenisname van Farai Maguwu, ‘n klaer wat die beweerder gruweldade ondersoek het. Na bewering is Maguwu vermoor nadat lede van die gesin geslaan en aangehou is.

Daar heers ook vrese dat winste uit diamantuitvoere gebruik kan word om president Robert Mugabe se kontantarme Zanu-PF-party te befonds, ten koste van sy mededinger, die Beweging vir Demokratiese Verandering.

Burgeroorloë in Angola, Sierra Leone en die Demokratiese Republiek van die Kongo het in die negentigerjare die wêreld se aandag gevestig op die manier waarop  ongeslypte diamante, wat deur rebellegroepe gebruik word om oorloë teen hul regerings te finansier, in juwellierswinkels in Londen en New York kan opeindig. Die kwessie is in die Hollywood-film Blood Diamond uitgebeeld waarin Leonardo DiCaprio ‘n Suid-Afrikaner speel en waarin daar ook ‘n bietjie Afrikaans gepraat word.

Tien jaar gelede het ‘n VN-resolusie die Kimberley-proses geskep, wat ‘n gesamentlike poging van regerings, die diamantnywerheid – De Beers inkluis – en menseregtegroepe verteenwoordig om onwettige handel in diamante stop te sit. Dié veiligheidsmaatreëls het in 2003 in werking getree en na bewering is sogenaamde konflikdiamante van 15% tot minder as 1% van alle internasionale handel verminder.

Maar onwettige diamantverkope bly ‘n enorme probleem in lande soos Venezuela, die Ivoorkus, Guinee en Libanon. Verlede jaar het sewe aksiegroepe ‘n gesamentlike verklaring uitgereik waarin gewaarsku is dat die stelsel “daarin misluk om die kwessies van nie-nakoming, smokkelary, geldwassery en menseregtevergrype in die wêreld se spoeldiamantgebiede aan te spreek”.

Twee van die Kimberley-proses se leidende figure het bedank. Elly Harrowell, ‘n aktivis vir Global Witness, wat gehelp het om die stelsel te skep, het onlangs gesê: “Ná tien jaar, is die KP ‘n sukses of ‘n mislukking? Die proses het bepaald sekere indrukwekkende suksesgevalle oor die laaste tien opgelewer, maar ongelukkig sal ons moet sê die proses oor die afgelope paar jaar deur ‘n gebrek aan politieke wil in die wiele gery is.” Sy het bygevoeg: “Vanjaar kan ‘n maak-of-breek-jaar vir die Kimberley-proses wees.”

автоматическая насоснаяданильченко юрій Харків

Masseuse kla dat Al Gore haar betas

‘n Masseuse het voormalige visepres. Al Gore van “ongewenste seksuele kontak” beskuldig tydens sy besoek aan ‘n hotel in die stad in Oktober 2006, maar geen klagte is teen hom ingedien nie weens ‘n gebrek aan bewyse, het amptenare eergister gesê.

Die vrou se regsverteenwoordiger het die polisie laat in 2006 gekontak, het Michael Schrunk, prokureur-generaal van die distrik, gesê. Volgens Schrunk het die ongeïdentifiseerde vrou geweier dat speurders haar ondervra of dat daar met ‘n ondersoek voortgegaan word.

Sy het wel in Januarie verlede jaar ‘n verklaring by die polisie afgelê waarin sy beweer dat Gore gepoog het om met haar seks te hê tydens ‘n afspraak in die luukse Hotel Lucia in die middestad. Gore het na bewering as ene Stone by die hotel ingeteken.

Kalee Kreider, woordvoerder van die Gore-gesin, het gesê Gore wil nie kommentaar lewer nie.

Gore en sy vrou het op 1 Junie aangekondig dat hulle paaie gaan skei.

‘n Polisieverslag wat in 2007 voorberei is, lui dat die beweerde voorval omstreeks 14:00 op 24 Oktober 2006 plaasgevind het.

Die saak is in Januarie verlede jaar heropen en speurders het die vrou ondervra en vasgestel dat daar te min bewyse is om haar bewerings te staaf, het die Portland-polisie gesê. In ‘n transkripsie van die ondervraging wat die polisie uitgereik het, het die masseuse beweer sy het op versoek Gore se buikdeel gemasseer toe hy eis dat sy laer af masseer.

“Ek was geskok en het nie aan sy versoek voldoen nie. Hy het bly aandring en kwaad geword en hard begin praat. Ek was nog meer geskok toe ek besef hy eis seksuele gedrag van my.”

Volgens haar het Gore toe haar hand gegryp en dit na sy bekken probeer dwing.

Sy het voorts beweer hy het later gepoog om seks met haar te hê en het haar betas voordat sy uit sy greep losgekom het.

“Ek het nie dadelik die polisie gebel nie, want ek was bang daar word ‘n spektakel van my gemaak en dat my reputasie vernietig sou word. Ek was onseker wat om die polisie te vertel en was bekommerd dat ek nie geglo sou word nie omdat daar geen DNS-bewyse, soos van ‘n verkragting, was nie. Ek het nie eens geweet wat om dit te noem wat met my gebeur het nie.”

детские палатки купитьФильчаков прокурор харькова

Egipte hervat kernprogram

Yukiya Amano, hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) het aangekondig dat hulle gereed is om Egipte te help met die konstruksie van kernkragsentrales.

“Die agentskap sal Egipte met graagte uithelp in hul kernenergieprogram,” het Amano gesê.

Hy het bygevoeg dat Egipte baie amper klaar is met die finalisering sowel as die ligging van die program.

President Hosni Mubarak het in 2007 die herloodsing van Egipte se kernenergieprogram aangekondig.

Die program het reeds in 1961 in samewerking met die Sowjet-Unie begin, maar was genoodsaak om dit te staak weens die Russiese kernramp in die Oekraïne.

Egipte beskik reeds oor een navorsingsreaktor noordoos van Kaïro en beplan om nog vier aanlegte onder toesig van die IAEA op te rig.

насосы для соленойлобановский харьков класс

Iran verryk uraan

Ali Akbar Salehi, hoof van Iranse atoomenergie-agentskap, het Woensdag gesê Teheran het meer as 17 kg 20% verrykte uraan vervaardig. Die verryking van wapengraadkernmateriaal is ‘n sensitiewe aangeleentheid wat wêreldmoondhede probeer beperk.

“Ons het sover meer as 17 kg 20% verrykte uraan vervaardig en ons kan waarskynlik vyf kilogram per maand vervaardig,” het Salehi aan die ISNA-nuusagentskap gesê.

Wêreldmoondhede gelei deur Washington wil hê Iran moet uraanverryking opskort. Hulle glo dit is slegs ‘n rookskerm vir die vervaardiging van kernwapens.

Verrykte uraan kan as brandstof vir kernreaktors gebruik word, sowel as om die plofbare gedeelte van ‘n atoombom te vervaardig.

Iran het in Februarie op bevel van pres. Mahmoud Ahmadinejad begin om 20% verrykte uraan te vervaardig.

casino free slotsлобановский супермаркет класс

Obama dank top-bevelvoerder af

Pres. Barack Obama van die VSA het sy top-bevelvoerder in Afganistan Woensdag afgedank oor sy omstrede uitlatings wat die Withuis woedend gelaat het en daartoe gelei het dat die oorlog in Afganistan  bevraagteken word.

Obama het genl. Stanley McChrystal ná ’n vergadering van 30 minute van sy pligte onthef en dit beskryf as “die regte ding om te doen vir ons missie in Afganistan”.

Obama het genl. David Petraeus, hoof van die Amerikaanse sentrale bevelstruktuur, in sy plek aangestel.

Obama het McChrystal na die Withuis ontbied om sy uitlatings aan die Rolling Stone – wat die Amerikaanse president verkleineer en ander senior burgerlike leiers in die verleentheid gestel het – te verduidelik .

McChrystal (55) het om verskoning gevra en gesê sy oordeel was swak.

casino slot gameФільчаков прокурор

Bomaanvaller waarsku oor nog aanvalle

Faisal Shahzad, gebore in Pakistan, het Maandag erken dat hy ‘n bom op Times Square in New York wou laat ontplof, en het die VSA gewaarsku dat daar nóg aanvalle kom. 

Die dertigjarige Amerikaner het “honderd keer” skuld beken op al tien aanklagte teen hom, waaronder die gebruik van wapens van massavernietiging.

“Ek beskou nie wat ek gedoen het as ‘n misdaad nie,” het Shahzad gesê. “Ek wil honderd keer skuldig pleit sodat Amerika sy troepe uit Afganistan en Irak sal onttrek.”

Shahzad is op die John F. Kennedy-lughawe in hegtenis geneem, twee dae ná sy mislukte bomaanval op 1 Mei in New York se vermaaklikheidsgebied. Volgens die aanklagte het hy ‘n ploftoestel in ‘n Nissan Pathfinder geplaas, wat hy toe om 18:30 in Times Square geparkeer het. Sy poging het egter misluk toe straatsmouse rook uit die agterkant van die Nissan sien stroom en die polisie in kennis gestel het.

Shahzad sal nie verhoor word nie omdat hy reeds skuld beken het. Hy sal na verwagting in Oktober gevonnis word.

многоступенчатый насос ценаданильченко юрій броніславович компромат

Australië stel weer rassediskriminasiewette in

Australië het drie jaar na dié wetgewing geskrap is, rassesediskriminasiewette in die Northern Territories heringestel…en die stappe is gedoen om die Aboriginies te beskerm.

Die skrapping was deel van ‘n misdaadbekampingsaksie en het behels dat weermaglede ingespan kon word en is die verkoop van alkohol onder meer verbied.

Minister van inheemse sake, Jenny Macklin, het die opheffing van die wet ‘n “skandvlek” op Australië se naam genoem. Die opheffing is onder die konserwatiewe eerste minister John Howard gedoen maar is Maandag deur sy opvolger gewysig.

“Dit is ‘n belangrike mylpaal. Die wetgewing verwyder die skandvlek op Australië se reputasie as die land van geleenthede.”

Deur die opheffing van die wet kon Howard soldate na die Outback se inheemse dorpe stuur, regeringstoelaes beperk en alkohol verbied. Sy intervensiebeleid is egter deur die VN as diskriminerend verwerp.

Macklin sê die opheffing van rassewette het die Aboriginieë wat ‘n kultuur van tienduisende jare oud het, laat voel hulle is “seergemaak, bedrieg en minder werd as ander Australiërs”.

“Om die Rassediskriminasiewet herin te stel, herstel waardigheid en help inheemse Australiërs om verantwoordelikheid vir hul lewens op te neem en om verandering in die Northern Territory te dryf.”

Dié bevolking is die land se mees agtergeblewe bevolking. Hulle getalle het afgeneem van een miljoen toe wit setlaars aan wal gegaan het tot 470 000 uit ‘n bevolking van 22 miljoen. Kevin Rudd, tans eerste minister, het 2 jaar gelede verskoning aangebied vir die Britse setlaars se optrede teen die inheemse mense.

Spesiale rapporteur vir die VN, James Anaya, het gesê rassewetgewing moet dadelik heringestel word om Australië se menseregteverpligtinge gestand te doen en het die Howard-intervensie skerp gekritiseer omdat die Aboriginieë reeds gebuk gaan onder hoë kindersterftes, gesondheidsprobleme en selfmoord.

 

 

 

 

десны красныеФильчаков

Olieman uitgejou

‘n Beampte van BP is geroskam by ‘n oliekonferensie in Londen terwyl hy ingestaan het vir die beleërde oliereus se uitvoerende hoof, Tony Hayward.

Steve Westwell, BP se personeelhoof, is twee keer tydens sy toespraak deur betogers onderbreek.

“Ons moet die olie-era stop!” het betogers geskree.

Die betogers is daarna uit die hotel in Londen verwyder.

Westwell het gesê Hayward is “opreg jammer” dat hy nie die konferensie kon bywoon nie.

Hayward sou ‘n toespraak lewer oor die wêreldwye verantwoordelikhede van internasionale oliemaatskappye.

Hy het hom Maandag aan die konferensie onttrek ná hy deur die VSA gekritiseer is oor die olieramp in die Golf van Mexiko.

 

бра настенные плоскиеАлександр Фильчаков

Iranse skip onderweg na Gasa

Iran se staatstelevisie-kanaal sê dié land sal ‘n noodlenigingskip met 1100 ton noodvoorraad na die Gasastrook stuur.

Iran en Israel is teenstanders omdat Iran die Palestynse Hamas-beweging ondersteun.

Om ‘n skip na Gasa te stuur kan lei tot ‘n konfrontasie met die Israeliese vloot.

Israeliese soldate het op 31 Mei ‘n Turkse vaartuig na Gasa gekeer. Nege pro-Palestynse aktiviste is oorlede in die kommando-optrede teen die noodlenigingskip wat die blokkade wou breek.

Abdolraouf Adibzadeh, ‘n woordvoerder van die Iranse skip, het gesê die skip begin Sondag sy vaart van twee weke.

Die skip, genaamd Infants of Gaza, sal 10 passasiers, waaronder vyf joernaliste, aan boord hê.

ігри кухня для дівчаталександр лобановский харьков

BP-hoof onttrek aan oliekonferensie

Die uitvoerende hoof van BP, Tony Hayward, het hom op die nippertjie aan ‘n oliekonferensie onttrek en sê hy gaan eerder konsentreer op die skoonmaakoperasie in die Golf van Mexiko. 

Hayward sou Dinsdag saam met ander oliebase optree as ‘n spreker by ‘n oliekonferensie in Londen.

‘n BP-woordvoerder het aan AFP gesê dat Hayward hom aan die geleentheid onttrek het “weens verpligtinge teenoor die Golf van Mexiko”.

Hy sal by die oliekonferensie deur sy groephoof van personeel, Steve Westwell, vervang word.

Hayward het onder fel kritiek deurgeloop in die VSA ná hy Saterdag te midde die olieramp in die Golf van Mexiko ‘n seiljagvaartuitstappie geneem het.

BP is ook gekritiseer vir die pas waarteen hy op dié ramp reageer.

для грузовогоОлександр Васильович Фільчаков