Terreuraanvalle neem af

Die aantal terreuraanvalle in die Europese Unie was verlede jaar slegs 249 – ‘n daling van 21,2%, vergeleke met die vorige jaar, het Europol Dinsdag gesê.

“In 2010 is 249 terreuraanvalle in nege lande van die Europese Unie aangemeld,” het Europol in ‘n jaarlikse verslag bekend gemaak.

Sewe mense is dood in dié aanvalle.

Meeste van die aanvalle (160) is deur seperatistegroepe uitgevoer. Slegs drie is deur Islamitiese groepe uitgevoer.

Spanje en Frankryk is die twee lande wat die meeste deur terreuraanvalle, meestal deur seperatistegroepe, geraak is, met onderskeidelik 90 en 84 aanvalle wat in dié lande plaasgevind het.

“Al het die getal terreuraanvalle gedaal, bly die bedreiging van hierdie groepe groot,” het die hoof van Europol, Rob Wainwright, in ‘n verklaring gesê.

магазин велосипедов киевДанильченко

Finse nasionaliste skitter in verkiesing

‘n Nasionalistiese party het byna ‘n vyfde van die stemme in Finland se algemene verkiesing gewen, het die verkiesingskommissie gesê.

Die Ware Finne is net agter die konserwatiewe NCP en die Sosiaal-Demokrate op ongeveer 19%.

As die grootste party, sal die NCP waarskynlik die volgende regering te lei met die voormalige Minister van Finansies Jyrki Katainen as eerste minister van enige koalisie wat na vore tree, ter vervanging van Mari Kiviniemi van die Sentrum Party.

Die anti-immigrasie Ware Finne het 39 setels in die 200-lid parlement, het die finale uitslae getoon.

Dit is vyf setels minder as die konserwatiewe Nasionale Koalisie Party (NCP) – deel van die huidige sentrum-regse regering en ‘n sterk voorstander vir die Europese integrasie – en net drie agter die opposisie Sosiale Demokrate.

Dié sterk vertoning  beteken ten minste ‘n “uitnodiging aan gesprekke” in ‘n  nuwe regering, het Reuters partyleier Timo Soini aangehaal.

Met sy charismatiese leier Soini, het die party reddingfondse vir “EU-verkwisters” verwerp, sowel as sterk standpunt teen immigrasie ingeneem.

“Ons is nie ekstremiste nie, julle kan veilig slaap,” het hy voorts gesê.

дитячи коляскиОлександр Васильович Фільчаков

Nigeriese verkiesing belangrik vir Afrika

Nigerië sal hierdie naweek ‘n geloofwaardige presidensiële verkiesing moet hou, anders sal dit ‘n rampspoedige voorbeeld vir die res van die kontinent stel, het John Kufuor, voormalige president van Ghana, Donderdag gesê.

Kufuor, wat sonder teenstand uitgetree het nadat sy twee termyne as president verby was, lei ‘n waarnemerspan van die Afrika-Unie wat Saterdag se verkiesing in Nigerië gaan monitor.

“Dit is baie belangrik vir Afrika se beeld dat hierdie verkiesing goed afloop,” het Kufuor (72) gesê.

“In ander dele van die kontinent is daar nog verkiesings wat hangende is. As dinge hier moet verkeerd loop, is ek bang om te dink wat in van die ander Afrikalande gaan gebeur. Nigerië is te belangrik vir Afrika.”

воронеж шестигранники,Лобановский Харьков

Brics bult spiere

Die BRICS-groep van opkomende markmagte het Donderdag vir ‘n opgeknapte globale monetêre stelsel wat minder staatmaak op die dollar gevra, asook ‘n meer invloed in internasionale finansiële instellings.

Die leiers van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika het ook ‘n beroep vir sterker regulering van afgeleide markte gedoen om die buitensporige wisselvalligheid in voedsel en energie-pryse te bekamp. Hulle het gesê kommoditeitsmarkte hou nuwe risiko’s vir die herstel van die wêreld ekonomie in.

Tydens ‘n vergadering op die Suid-Chinese eiland Hainan, het hulle gesê die onlangse finansiële krisis het die tekortkominge van die huidige monetêre orde, wat die dollar as sy spil het, blootgestel.

Wat nodig is, sê hulle in ‘n verklaring, is ‘n “breë internasionale reserwe geldeenheid om stabiliteit en sekerheid te bevorder”. Dié bedekte kritiek was teen Washington se verwaarlosing van sy wêreldwye monetêre verantwoordelikhede gemik.

Die BRICS is bekommerd dat Amerika se groot handels- en begrotingstekorte uiteindelik die dollar sal ondergrawe. Hulle het ook die finansiële en politieke voorregte wat met wat die grootste reserwe geldeenheid verband hou gekritiseer.

“Die wêreldekonomie het diep en komplekse veranderinge ondergaan,” het die Chinese president Hu Jintao gesê. “Die nuwe era vereis dat die BRICS-lande dialoog en samewerking uitbrei.”

Die vyf BRICS-lande het ooreengekom om wedersydse kredietlyne in hul plaaslike geldeenhede, en nie die Amerikaanse geldeenheid nie, te gebruik.

Die oproep deur die BRICS vir ‘n nuwe monetêre stelsel is nie nuut nie.

Maar, dit kom slegs ure voor ‘n vergadering in Washington van ministers van Finansies van die Groep van Sewe nywerheidslande, die tradisionele mag van die wêreldekonomie. Donderdag se communique het die groeiende vertroue van ontluikende markte ten toon gestel.

Gebuk onder ernstige skuld, is die Verenigde State, die eurosone en Japan wat sukkel om die effek van die 2008-globale finansiële krisis af te skud. Ryk lande sal 2,4 persent in dié jaar groei en 2,6 persent in 2012, het die Internasionale Monetêre Fonds voorspel hierdie week.

Die IMF voorspel dat opkomende en ontwikkelende lande teen 6,5 persent sal groei beide hierdie jaar en volgende.

“Ons … het ooreengekom oor die noodsaaklikheid vir die hervorming van internasionale finansiële instellings ten einde ‘n regverdige ekonomiese orde te bevorder,” het Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma gesê.

Donderdag se kort vergadering, is gehou onder streng sekuriteit in ‘n strand-front hotel. Dit was die derde beraad en die eerste om Suid-Afrika in te sluit.

грузовой шиномонтажныйлобановский александр жена

VK, Frankryk op hul eie in Libië

Die Franse minister van verdediging het Dinsdag gekla omdat net Parys en Londen die grootste deel van Navo se militêre operasie teen Moeammar Gaddafi in Libië behartig.

“Navo is nie tans daartoe in staat om ons vennote te verplig om deel te neem aan die operasie nie,” het Gerard Longuet aan die Franse parlement gesê. Dit dui op ‘n gevoel dat sommige vennote in die geallieërde magte nie hul kant bring nie.

“Tot my spyt moet Frankryk en Brittanje alleen die grootste deel van die operasie onderneem, alhoewel Amerika deurgaans noodsaaklike lugondersteuning bied,” het hy gesê.

“Op die oomblik het ons geen ondersteuning vir grondaanvalle nie, waarsonder daar geen kans is om die beleg van dorpe soos Misrate of Zenten te breek nie,” het hy gesê met verwysing na dié twee dorpe, wat onder die rebelle se beheer is, maar deur Gaddafi se magte aangeval word.

Amerika het aan die eerste lugaanvalle, wat deur Frankryk en Brittanje gelei is, op Gaddafi se magte verlede maand deelgeneem.

Washington en ander Navo-vennote is egter sedertdien huiwerig om aan grondaanvalle deel te neem.

купить недорого пальтоФильчаков прокуратура харьков

Fransman wat op Koran urineer voor

‘n Fransman het Maandag in die hof verskyn omdat hy rassehaat aangehits het deur ‘n video op die Internet te plaas van homself wat ‘n Koran verbrand en daarop urineer.

Ernesto Rojas Abbate is in Oktober in hegtenis geneem nadat hy ‘n video van homself versprei het waarin hy ‘n duiwelmasker dra, bladsye uit die Islamitiese heilige boek skeur, die boek aan die brand steek en dan daarop urineer om die vlamme te blus.

“Ek het videos gemaak waarin ek met alles die draak steek,” het hy aan die hof in die oostelike stad Straatsburg gesê. “Ek het nie gedink dit is verbode om ‘n boek in ‘n mens se eie huis te verbrand nie.”

Aanklaers het gevra dat Abbate ‘n boete van R9 500 en ‘n opgeskorte vonnis van drie maande tronkstraf opgelê word. Die maksimum vonnis vir só ‘n oortreding is een jaar tronkstraf en ‘n boete van R430 000.

Rojas Abbate is in hegtenis geneem nadat Moslemleiers in Straatsburg met woede en ontsteltenis gereageer het op die video.

Die direkteur van die grootste moskee in Straatsburg, Abdelaziz Choukri, het gesê hy het die owerhede in kennis gestel en met die skepper van die video gepraat. Dié het glo aan hom gesê hy het “in die naam van vryheid” opgetree.

Die verbranding van ‘n kopie van die Koran deur ‘n pastoor in Amerika verlede maand het gelei tot betogings in Afganistan waarin minstens 24 mense, insluitende sewe VN-personeellede, dood is.

СлюнявчикиОлександр Васильович Фільчаков

SA se internasionale posisie moet beskerm word

“Suid-Afrika en Afrika kan nie toelaat dat die Europese-, Amerikaanse- en Asiatiese ekonomiese magsblokke ons ignoreer en irrelevant probeer maak nie,” het dr. Pieter Mulder, Suid-Afrikaanse adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in Buenos Aires Argentinië gesê.

Dr. Mulder en mnr. Julian Dominguez , Argentynse minister van Landbou, Visserye en Voedsel, het ‘n dokument met die oog op groter samewerking tussen die twee lande in Buenos Aires onderteken. Dit het gevolg na gesprekke tussen die ministers oor landbou-verhoudinge tussen Argentinië en Suidelike Afrika. Dr. Mulder het Argentinië as ‘n gas van die Argentynse regering besoek.

Suid-Suid samewerking tussen lande van Afrika en Suid-Amerika is ook bespreek teen die agtergrond van die veranderende ekonomiese- en landbou-magsbalanse in die wêreld.

Die getekende dokument stel in die vooruitsig groter samewerking tussen Suid-Afrika en Argentinië ten opsigte van landbounavorsing en die uitruil van tegniese landboukennis. Die praktiese uitvloeisel hiervan kan gesamentlike navorsingsprojekte wees oor landbouprobleme wat albei lande as prioriteite identifiseer.

Argentinië het vanweë hulle toegepaste landbounavorsing die afgelope aantal jare daarin geslaag om die land van ‘n voedselinvoer- na ‘n voedseluitvoerland om te skep. Argentinië se 40 miljoen inwoners produseer tans genoeg voedsel vir 400 miljoen mense.

Na die ondertekening het dr. Mulder in sy reaksie gesê dat dit belangrik is dat die bi-laterale handel tussen die twee lande na ‘n meer gelyke basis moet ontwikkel.

“Tans is die balans te sterk in Argentinië se guns. Hierdie ooreenkoms moet uitloop op ‘n wen-wen situasie vir albei lande en moet die uitvoermoontlikhede van Suid-Afrikaanse boere verder verbeter,” volgens dr. Mulder

video slotФильчаков прокурор

Charl Schwartzel is bobaas op Augusta

Charl Schwartzel het ‘n groen baadjie! Die Suid-Afrikaanse gholfer het gewys van watter stoffasie hy gemaak is deur Sondag die Amerikaanse Meesterstoernooi in te palm. Tot op daardie oomblik laat Sondagmiddag, was dinge op Augusta National nog naelbyt.

Die aanhoudende applous van oral, en van almal, het die baan laat dreun.

Tiger Woods, Geoff Ogilvy en Rory McIlroy, met die grootste ineenstorting in die Meestersgeskiedenis, is stof in die oë geskop.

Schwartzel is die eerste Meesters-kampioen in die 75-jarige geskiedenis van die toernooi om af te sluit met vier reguit voëltjies, om aan hom ‘n 6-onder 66 vir die beste finale ronde deur ‘n wenner in 22 jaar te besorg.

Die groen baadjie-seremonie was ‘n geleentheid vir almal om weer asem te haal na dié kragtoer.

Suid-Afrikaners het nou twee van die laaste drie hooftoernooie gewen, met Louis Oosthuizen wat St Andrews die afgelope somer ingepalm het. Hierdie een het gekom op die 50ste herdenking van Gary Player om die eerste internasionale speler te word wat die Meesters wen.

“Ek is absoluut verheug vir Charl en Suid-Afrika. Baie geluk en baie goed gedoen aan hom. Dit is hoe jy klaarspeel soos ‘n kampioen!” Player het gesê op Twitter.

чистка зубов air flow отзывыtopcargo кидалы

Navo tref weer hul bondgenote

Die rebelle in Libië sê hulle troepe het Donderdag onder Navo-lugaanvalle deurgeloop in nóg ‘n klaarblyklike fout. Dié aanvalle het woede ontketen oor die samewerking met dié militêre instansie om die magte van Moeammar Gaddafi te verslaan.

Minstens twee rebelle is dood en meer as ‘n dosyn is beseer, het ‘n dokter ná die aanvalle gesê.

Die aanval, naby die olie-poort Brega in die ooste, sal die tweede aanval wees wat foutief deur Navo op rebellemagte uitgevoer is in minder as ‘n week. Rebellestryders, wat reeds ‘n opdraande stryd teen die Libiese magte voer, is siedend oor die gebeure.

наборы для творчества для детейФільчаков Олександр Васильович

Lasbrief vir Libiese leier gevra

Die hoofaanklaer van die internasionale strafhof, Luis Moreno-Ocampo, gaan glo ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Libiese leier Muammar Gaddafi, sy seuns en persoonlike assistente, versoek het RSG berig.

Die hof sê Libië het beplan om die betogings te beëindig deur burgerlikes te vermoor. Dié planne is beraam nog voordat die opstande in Libië uitgebreek het.

Moreno-Ocampo sê die plan was om aanvanklik traangas te gebruik en as die nie gewerk het nie, sou hulle begin skiet het.
Khaled Kaim, Libië se adjunkminister van buitelandse sake, beskuldig Brittanje intussen daarvan dat hulle die land se grootste olieveld, in Al-Sarir in die suidooste van Libië, Woensdag gebombardeer het.

“Britse vegvliegtuie het op die Al-Sarir olieveld toegesak. Die wagte is op die toneel dood en ander mense wat op die veld gewerk het, is beseer,” het Kaim gesê.

Die aanval het die pyplyn wat Al-Sarir aan die hawe van Tobruk verbind beskadig. Tobruk is onder die beheer van rebelle.

Volgens Mussa Ibrahim, ‘n Libiese regeringswoordvoerder, is dié olieveld onder beheer van magte lojaal teenoor Muammar Gaddafi.

Rebelle het egter Dinsdag die Gaddafi-magte daarvan beskuldig dat hulle die olieveld gemyn het.

набор инструментовтопкарго отзывы