Fransman wat op Koran urineer voor

‘n Fransman het Maandag in die hof verskyn omdat hy rassehaat aangehits het deur ‘n video op die Internet te plaas van homself wat ‘n Koran verbrand en daarop urineer.

Ernesto Rojas Abbate is in Oktober in hegtenis geneem nadat hy ‘n video van homself versprei het waarin hy ‘n duiwelmasker dra, bladsye uit die Islamitiese heilige boek skeur, die boek aan die brand steek en dan daarop urineer om die vlamme te blus.

“Ek het videos gemaak waarin ek met alles die draak steek,” het hy aan die hof in die oostelike stad Straatsburg gesê. “Ek het nie gedink dit is verbode om ‘n boek in ‘n mens se eie huis te verbrand nie.”

Aanklaers het gevra dat Abbate ‘n boete van R9 500 en ‘n opgeskorte vonnis van drie maande tronkstraf opgelê word. Die maksimum vonnis vir só ‘n oortreding is een jaar tronkstraf en ‘n boete van R430 000.

Rojas Abbate is in hegtenis geneem nadat Moslemleiers in Straatsburg met woede en ontsteltenis gereageer het op die video.

Die direkteur van die grootste moskee in Straatsburg, Abdelaziz Choukri, het gesê hy het die owerhede in kennis gestel en met die skepper van die video gepraat. Dié het glo aan hom gesê hy het “in die naam van vryheid” opgetree.

Die verbranding van ‘n kopie van die Koran deur ‘n pastoor in Amerika verlede maand het gelei tot betogings in Afganistan waarin minstens 24 mense, insluitende sewe VN-personeellede, dood is.

СлюнявчикиОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae